Suid-Afrikaanse Staatsteater

Teater in Pretoria

(Aangestuur vanaf Staatsteater)

Die Suid-Afrikaanse Staatsteater is ’n groot kunsteater in Pretoria. Dit was voor 1999 bekend as die Staatsteater Pretoria.

Suid-Afrikaanse Staatsteater
Vorige naamStaatsteater Pretoria
Spoornet-staatsteater
Stad of dorpPretoria
LandSuid-Afrika
SitplekkeAltesaam 2 700
Geopen1981
WebtuisteStaatsteater

Geskiedeniswysig

Onder aansporing van die destydse administrateur van Transvaal, mnr. F.H. Odendaal, is daar reeds in die sestigerjare met die beplanning van die teater begin. Aanvanklik is R25 miljoen begroot, en die bedrag sou ook voorsiening maak vir 'n soortgelyke kompleks in Johannesburg. Laasgenoemde is later op die lange baan geskuif. Die uitgrawings vir die Staatsteater is teen die einde van 1969 en die stutmure in 1972 voltooi.

In Januarie 1975 is die kontrak vir die voltooiing van die Staatsteater teen ’n tenderprys van ongeveer R25 miljoen aan ’n Pretoriase onderneming toegeken. Die teater is uiteindelik teen ’n koste van sowat R46 miljoen voltooi en is op 23 Mei 1981 in gebruik geneem.

’n Formele teaterkompleks is gebou op die ou Markplein in Pretoria vir gebruik deur die destydse Transvaalse kunsteraad, Truk. Dit is in 1981 geopen met ’n verskeidenheid vertonings soos N.P. van Wyk Louw se Germanicus, Jochem van Bruggen se Ampie en Arthur Miller se After the Fall.[1] Die eerste woorde op die nuwe verhoog is geuiter deur die veteraanakteur Siegfried Mynhardt.

In 1999 het die uitvoerende kunste in Suid-Afrika ’n samewerkingsooreenkoms van vyf jaar met Spoornet gesluit en die Staatsteater Pretoria se naam is verander na die Spoornet-staatsteater. Ingevolge die ooreenkoms sou Spoornet nie net ’n finansiële bydrae tot die teater lewer nie, maar ook die kunste bevorder, verhoudings tussen Spoornet en die kunsterolspelers kweek en sy kliënte aan die kunste blootstel.[2]

In 2000 het die staat besluit om die Staatsteater te sluit weens finansiële wanbestuur.[3] Dit is op 4 April 2001 heropen.[4]

Gebouewysig

Die kompleks beslaan 72 143 m2. Dit het aanvanklik vier teaters gehad: die Opera, Drama, Arena en Studio. Daar was ook verskeie ander ruimtes soos die Transvalia-kamer, restaurant, kafeteria, ens. waar vertonings aangebied is. Daar is tans ses teaters, met die Momentum en Rendezvous wat bygekom het. Die Staatsteater in Pretoria is die tuiste van die uitvoerende kunste in Gauteng en die grootste teaterkompleks in die Suidelike Halfrond, (1982).

Die gebou beslaan 1,8 ha in die middestad van Pretoria en maak deel uit van die straatblok tussen Van der Walt-, Kerk-, Prinsloo- en Pretoriusstraat. Die imposante moderne teater het een van die hoogste kaptorings ter wêreld en is uniek in die opsig dat die verskillende werkwinkels ’n integrerende deel van die teaterkompleks vorm. Die belangrikste ouditorium in die Staatsteater is die groot operahuis, die Opera, wat 1 326 operagangers kan huisves en wat met ’n orkesruimte vir 110 spelers toegerus is.

In die ouditorium word opera- en balletuitvoerings en simfoniekonserte aangebied op 'n hoofverhoog van 25,6 m x 21,5 m wat deur 5 hysers bedien word. Die kleiner Drama het sitplek vir 682 mense en 'n orkesruimte vir 50 spelers. Hier word toneelaanbiedings en kleiner musiekkonserte aangebied. Die Arena, met sitplek vir 500 mense, word as operarepetisielokaal en ook vir eksperimentele toneelopvoerings gebruik, en in die klein Studio word onder meer lesings en poppeteater-opvoerings aangebied.

Die kompleks beskik ook oor 7 repetisielokale, 88 kleedkamers, ’n deftige restaurant en ’n parkeergarage vir 1 000 motors. Van die kunswerke in die Staatsteater is die 8 m hoë beeId Applous deur Danie de Jager die grootste en die duurste. Die beeld, wat op die voorplein van die gebouekompleks staan, is ook die amptelike kenteken van die Staatsteater.

Verwysingswysig

Bronnewysig

  • Staatsteater, Pretoria. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 1, Desember 1981
  • Stark, Ulrich: Die Staatsteater Pretoria - Pronkwerk vir Suid-Afrika. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 1, Desember 1979
  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409672, volume 26, bl. 140

Eksterne skakelswysig

Koördinate: 25°44′48″S 28°11′40″O / 25.74667°S 28.19444°O / -25.74667; 28.19444

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media