Staatspresident van Suid-Afrika

Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident. Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-generaal van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.

Seremoniële poswysig

Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1961–1984)
Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1984–1994)

Die Republiek van Suid-Afrika is uitgeroep op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-generaal, is beëdig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident 'n ampsserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniële pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen 'n uitvoerende presidentskap, en het pleks daarvan 'n minimalistiese benadering gevolg as 'n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen 'n Republiek gekant was. Soos Goewerneurs-generaal voor hulle was alle staatspresidente afgetrede Nasionale Party-ministers, en daarom blank, Afrikaans en manlik.

Uitvoerende poswysig

Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident 'n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.

Einde van blanke minderheidsregeringwysig

Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, wat in 1994 aanvaar is, staan die staatshoof (en regeringshoof) eenvoudig bekend as die president. Die eerste sodanige president, Nelson Mandela, destyds leier van die ANC, is as die land se president beëdig op 11 Mei 1994.

Lys van Staatspresidente van Suid-Afrika (1961–1994)wysig

Partye

██ Nasionale Party

#Naam
(Geboorte–Dood)
PortretAmpsaanvaardingAmp verlaatGekies
(Parlement)
Party
Staatspresidente as staatshoofde (seremonieël, 1961–1984)
1Charles Robberts Swart
(1894–1982)
31 Mei 196131 Mei 1967Nasionale Party
Theophilus Ebenhaezer Dönges
(1898–1968)
Verkies, maar het nie die amp aanvaar nie weens siekteNasionale Party
Tom Naudé
(1889–1969)
(waarnemend)
1 Junie 196710 April 1968Nasionale Party
2Jim Fouché
(1898–1980)
10 April 19689 April 1975Nasionale Party
Jan de Klerk
(1903–1979)
(waarnemend)
9 April 197519 April 1975Nasionale Party
3Nicolaas Johannes Diederichs
(1903–1978)
19 April 197521 Augustus 1978
(oorlede in amp)
Nasionale Party
Marais Viljoen
(1915–2007)
(waarnemend)
21 Augustus 197810 Oktober 1978Nasionale Party
4John Vorster
(1915–1983)
10 Oktober 19784 Junie 1979
(bedank)
Nasionale Party
5Marais Viljoen
(1915–2007)
19 Junie 1979
waarnemend sedert 4 Junie 1979
3 September 1984Nasionale Party
Staatspresidente as staatshoofde en regeringshoofde (uitvoerend, 1984–1994)
1Pieter Willem Botha
(1916–2006)
14 September 1984
waarnemend sedert 3 September 1984
15 Augustus 1989
(bedank)
1987 (20)Nasionale Party
2Frederik Willem de Klerk
(1936–2021)
20 September 1989
waarnemend sedert 15 Augustus 1989
10 Mei 19941989 (21)Nasionale Party

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media