Spilmoondhede

Die Spilmoondhede (Duits: Achsenmächte, Italiaans: Potenze dell'Asse, Japannees: 枢軸国 Sūjikukoku) was die lande wat die Geallieerdes teëgestaan het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die drie voorste magte, Nazi-Duitsland, die destydse fascistiese Italië en die Japannese Keiserryk, was militêre bondgenote na die ondertekening van die Driepartyepakt in September 1940 en die Spilmoondhede was amptelik gestig. Aan die piek van hul bestaan het die Spilmoondhede ryke oorheers wat groot dele van Europa, Asië, Afrika en die Stille Oseaan gedek het, maar die Tweede Wêreldoorlog het geëindig in hul nederlaag. Soos ook die geval met die Geallieerdes was, was die lidmaatskap van die Spilmoondhede in konstante verandering en sommige nasies het by die Spilmoondhede aangesluit en hulle weer verlaat tydens die verloop van die oorlog.

Deelnemers aan die Tweede Wêreldoorlog: die Spilmoondhede en hul kolonies is in blou, die Geallieerdes en hul kolonies in groen en die neutrale lande in grys.
Gebiede wat deur die Spilmoondhede beheer was in 1942.

Oorsprongwysig

Die term is vir die eerste keer deur Benito Mussolini in November 1936 gebruik toe hy gepraat het van 'n Rooms-Berlynse spil wat besig was om op te rys uit die vriendskapsverdrag wat deur Italië en Duitsland op 25 Oktober 1936 onderteken is. Mussolini het verklaar dat die twee lande 'n "spil" sou vorm waarom die ander state van Europa sou draai. Italië was oorspronklik 'n teenstander van Duitsland, maar na die Volkebond Italië se oorlog teen Abessinië teengestaan het, het Duitsland Italië ondersteun en is 'n vriendskapsbond tussen dié twee lande geskep. Die bond het in Mei 1939 verander in 'n alliansie wat deur Mussolini die "Verdrag van Staal" genoem is.

Die term "Spilmoondhede" was dan ook die amptelike, gebruiklike term na Duitsland, Italië en Japan die Driepartyepakt op 27 September 1940 onderteken het. Hongarye (20 November 1940), Roemenië (23 November 1940), Slowakye (24 November 1940) en Bulgarye (1 Maart 1941) het later ook by die verdrag aangesluit. Die magtigste militêre lede was Duitsland en Japan. Hierdie twee nasies het in 1936 ook die Anti-Kominternpakt as geallieerdes met mekaar gesluit nog voor die Driepartyepakt bestaan het.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media