Wiki Baike:Titelriglyne

Eenvormigheid in die keuse van titels verhoog die kwaliteit van die ensiklopedie. Sien gerus die Engelse Baike: Naming conventions. Hieronder word enkele hoogtepunte en uitsonderings genoem. Hierdie dien slegs as riglyne, maar behoort in meeste gevalle voldoende te wees.

Beginselswysig

  • Die ideale titel is die kortse titel wat die onderwerp presies definieer.
  • Eenduidigheid geniet voorkeur bo eenvoud. Wanneer 'n woord of uitdrukking verskillende betekenisse het, benoem 'n mens die artikel so eksak as moontlik.
  • Gebruik eenvoudige titels. Dit vergemaklik skakeling na die artikel en maak dit makliker om 'n leesbare URL-verwysings na die betrokke artikel buite Wikipedia op die Internet of in gedrukte media te maak. Plante, diere, chemiese elemente ens kry dus gewone Afrikaanse name, nie die wetenskaplike ekwivalent in Latyn of nie.
  • Hou by Afrikaanse spelling soos voorgeskryf in die Afrikaanse woordelys en spelreëls. HAT, WAT en Pharos se Afrikaans-English/Engels-Afrikaanse woordeboeke word ook as gesaghebbend beskou. Waar die bronne verskil word voorkeur gegee in die volgorde wat die bronne hier gelys is.
  • Gebruik Afrikaanse terme waar dit bestaan in voorkeur bo name in vreemde tale.
  • Waar tale 'n nie-Romeinse alfabet gebruik word dit óf volgens die amptelike Afrikaanse transliterasie reëls gespel όf volgens die amptelike inheemse spelsisteem vir die Romeinse alfabet. Die eerste geval is toepaslik tot al die tale wat die Cyrilliese alfabet gebruik en die tweede op byvoorbeeld Japanese plekname (sien bladsye 200 en 553 van AWS). Moet nie sommer die Engelse transliterasie gebruik nie - dit verskil gewoonlik
  • Waar meer as een aanvaarbare Afrikaanse alternatief bestaan word voorkeur aan die meer-Afrikaanse vorm gegee - behalwe met die ou Sjina, waar slegs China sedert 2017 deur die AWS aanvaar word.
  • Sluit aan by wat gebruiklik is in die Afrikaanse taalgebied. Die beginsel is swakker as die ander en geld slegs indien bogenoemde beginsels nie resolusie vir 'n spesifieke geval bied nie.
  • Artikelname is onderworpe aan wikipedia se neutrale standpuntbeginsel - name moet dus nie 'n "vir" of "teen" standpunt suggereer nie.

Hierdie beginsels word verder toegelig deur die onderstaande riglyne.

Enkelvoud en meervoudwysig

Gebruik enkelvoudvorme vir selfstandige naamwoorde, behalwe waar daar altyd na iets in die meervoud verwys word. Skep gerus 'n aanstuur vanaf die meervoudstitel. Gebruik dus Jood (nie Jode nie). Laat lidwoorde (die of 'n) weg., behalwe as dit byv. 'n deel van die titel van 'n boek is.

Afrikaanswysig

Uit die aard van die saak gebruik ons die Afrikaanse naam van iets waar dit enigsins bestaan. Waar dit nie bestaan nie (of u nie bekend is daarmee nie) kan iets anders gebruik word. Aansture vanaf Engelse of ander algemeen gebruikte titels kan moontlik in party gevalle nuttig wees. Gebruik dus Withuis (nie White House nie), maar wel Luftwaffe.

Afkortingswysig

Gebruik eerder die voluitgeskrewe weergawe van 'n naam as 'n afkorting of akroniem, behalwe in gevalle waar die afkorting die enigste algemeen gebruikte vorm is. Gebruik dus SASOL, maar nie RSA eerder as Suid-Afrika nie. Skep aansture vanaf alternatiewe name.

Hoofletters en kleinletterswysig

Gebruik kleinletters vir opeenvolgende woorde, behalwe waar iets noodwendig met 'n hoofletter gespel word. Gebruik dus Republiek van Suid-Afrika en Paul Kruger maar Soedanese literatuur. Moenie vergeet van Afrikaanse reëls vir woordbou nie!

Spellingwysig

In gevalle waar meer as een aanvaarde spelling bestaan, gebruik die heel algemeenste (soekenjins kan miskien help, maar kan ook misleidend wees). Ander faktore kan moontlik hier 'n rol speel. Daar is 'n voorkeur onder sommige in die gemeenskap vir meer tipies Afrikaanse spellings in gevalle waar daar 'n keuse is. Byvoorbeeld "tsoenami" eerder as "tsunami".

Sorg altyd dat die spelling van die titel regdeur die artikel gebruik word.

Transkripsiewysig

Neem kennis daarvan dat name in ander tale baie keer vaste maniere het om oorgespel te word in Afrikaans. Sien byvoorbeeld Cyrilliese alfabet.

Vreemde karakterswysig

Anders as voorheen by die Engelse Wikipedia, kan ons wel alle UTF-8-karakters in titels gebruik. Hou egter in gedagte dat baie mense nie weet hoe om sulke karakters in te sleutel nie. In name met letters soos ê, æ, œ, þ, ð, ñ, ç, ensovoorts, maak 'n blad met die regtige spelling waar die bydrae staan, maar maak ook 'n aanstuurblad met 'n eenvoudige vorm van die spelling. Dit verbeter die toeganklikheid. Gebruik dus skêr, maar maak 'n aanstuur vanaf sker solank dit nie ander probleme sal skep nie.

In artikels oor Egiptiese, Thai, Arabiese en ander sake/mense wat 'n ander alfabet gebruik, poog om die naam in die oorspronklike taal en skrif te toon in die artikel met 'n transkripsie. (Maar gebruik net die Latynse skrif vir titel van die blad.)

Daar is 'n Sjabloon:subb om subskripte in titels te kan gebruik. Die <sub>-tag werk nie in titels nie. Die subb-sjabloon is nogtans taamlik beperk is sy moontlikhede.

Foute in titelswysig

Foute in titels kan reggestel word deur die bladsy te skuif.

Lystewysig

Vir artikels wat slegs lyste is, gebruik altyd 'n artikelnaam wat begin met "Lys van". Sulke artikels is gewoonlik in Kategorie:Lyste en bevat min teks buite die lys.

Dubbelsinnigheidwysig

Sien ook Baike: Dubbelsinnigheid

In sommige gevalle is daar 'n paar onderwerpe wat dieselfde heet en dus onder dieselfde titel geplaas kan word. In sulke gevalle lei die naam van die onderwerp na 'n dubbelsinnigheidsbladsy, waar daar tussen die verskeie onderwerpe onderskei word en meer presiese skakels gebruik word om na die aparte artikels te lei. Die sjabloon {{dubbelsinnig}} word dan onderaan die dubbelsinnigheidsblad geplaas en die onderwerpe se name gewysig met kwalifiseerders, soos in die voorbeeld hieronder.

  • In die geval van "Heidelberg", is daar verskillende stede met die naam, dus word die dubbelsinnigheidsbladsy by Heidelberg geplaas, met skakels na artikels oor die verskeie stede.
  • In die geval van "Montreal", is die Kanadese stad verreweg die bekendste, dus word die artikel oor hierdie stad by Montreal geplaas, met 'n skakel na Montreal (dubbelsinnig), wat skakels na die ander dorpe, stede en gebiede met hierdie naam bevat.
  • In die geval van "Amsterdam", is die Nederlandse hoofstad verreweg die bekendste. Aangesien daar egter slegs een ander artikel oor 'n stad met 'n soortgelyke naam bestaan, kan die bladsy Amsterdam die artikel oor die Nederlandse stad bevat en bo-aan die dubbelsinnigheid vermeld, met 'n skakel na Amsterdam, Mpumalanga, sonder dat 'n dubbelsinnigheidsblad geskep hoef te word.

Moenie ekstra inligting in hakies gebruik as daar nie dubbelsinnigheid is nie. 'n Aanstuur van 'n titel met die ekstra inligting kan wel goed wees.

Taalnamewysig

  • Bogenoemde reël geld ook vir tale! Ons hier by Afrikaans het besluit om (anders as die Engelse Wikipedia) nie die formaat Engelse taal te gebruik nie, maar eerder Engels. Sien gerus ISO 639 vir 'n lys van taalname.

Name van lande, stede en dorpewysig

Die reël "gebruik die Afrikaanse naam van iets waar dit enigsins bestaan" (sien bo) geld ook in hierdie gevalle. Raadpleeg gesaghebbende en gerespekteerde naslaanwerke indien daar twyfel bestaan oor die Afrikaanse naam van 'n plek, soos die HAT, WAT en AWS. Soms is die Afrikaanse weergawe slegs ietwat anders (soos die geval is in Reykjavik/Reykjavík), soms verskil 'n letter of twee (Londen/London) of selfs meer (Libanon/Lubnān). Hoe dit ook al sy, gebruik telkens die Afrikaanse weergawe waar dit beskikbaar en gebruiklik is.

Soms is daar egter meer as twee beskikbare Afrikaanse weergawes, soos in die geval van China/Sjina en Ciprus/Siprus. In sulke gevalle lê die voorkeur by die "meer-Afrikaanse" vorm, m.a.w. die vorm wat gewoonlik meer foneties is of algemene Afrikaanse spelwyses volg (Sjina en Siprus in hierdie gevalle).

Mensnamewysig

  • Gebruik die Afrikaanse vorm van die naam as dit gebruiklik is (Hendrik, nie Henry of Henri nie) (En seker nie 'n Engelse Henry vir 'n Franse koning nie). Mense se volle name en van kan gewoonlik gebruik word om dubbelsinnigheid uit die weg te ruim. Skep 'n verklaringsbladsy in gevalle waar dubbelsinnigheid bestaan (byvoorbeeld Bush). Indien daar nie dubbelsinnigheid is nie, gebruik eerder die algemeenste aanspreekvorm. Gebruik dus eerder Nelson Mandela as Nelson Rolihlahla Mandela of net Mandela. Sien gerus die Engelse riglyne oor name.
  • Waar daar meer as een aanvaarde spelling is vir 'n naam, bv. Pous Benedictus en Pous Benediktus, word die meer gebruiklike term gebruik. Vir geskiedkundige eiename waar daar meer as een aanvaarde weergawe is, is dit dus nodig om Afrikaanse naslaanwerk te raadpleeg, terwyl die Afrikaanse pers 'n goeie aanduiding gee van die gebruiklike vorm van moderne name.

Getallewysig

  • Die getalle soos 143 of 1991 dui net jaartalle aan. Vir skakels na jaartalle tussen die jaar 0 en 1000 n.C. kan die afkorting n.C. gebruik word om dit duidelik te maak dat 'n jaartal bedoel word. (Alternatiewelik, kan mens ook sê "... die jaar xxx ...") Gebruik dit gerus dan as deel van die skakelteks, maar nie as deel van die skakel nie. Mens kan dus sê:
In die jaar 45 het interessante dinge gebeur.

Of

In 45 n.C. het interessante dinge gebeur.

(en let daarop dat die skakel wys na 'n artikel met slegs syfers in die naam).

Onderwerpe met meer as een korrekte titelwysig

Alhoewel Wikipedia geen huisreëls het aangaande die inhoud van artikels nie, is dit verkieslik om eenvormigheid na te streef en onderonsies te vermy wanneer titels ter sprake is. Wanneer daar dus twee aanvaarde vorms vir 'n spesifieke titel is, bv. "genetika"/"genetiek" en "revolusie"/"rewolusie", moet die woord waaraan die woordeboek voorkeur gee, gebruik word. Dit is ook behulpsaam om in sulke gevalle uit te vind watter vorm meer gebruiklik is, deur bv. die aanlyn-argiewe van Afrikaanse publikasies (bv. Rapport, Beeld, Die Burger) deur te soek.

Hoe gemaak met foutiewe titels?wysig

Geregistreerde gebruikers kan bladsye skuif na 'n nuwe titel. Dink mooi sodat daar nie nuwe dubbelsinnighede of ander probleme geskep word nie. Gebruik die "Wat skakel hierheen"-funksie vir bladsye met verkeerde titels om spelfoute of ou verwysings in ander artikels te verbeter.

Verwysings na die ou spelling sal nie outomaties opgedateer word nie, maar as mense daarheen gestuur word, sal hulle outomaties aangestuur word na die bladsy met die nuwe naam. As die foutiewe titel 'n spelfout bevat, kan die aanstuurblad wat weens die skuif gemaak word, gekategoriseer word in Kategorie:Titels met spelfoute.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media