Togaars

Togaars is een van die mees obskure takke van die Indo-Europese taalgroep. Dit bestaan uit twee tale, Togaars A (Togaars in engere sin – Turfaniaans, Arsi, of Oos-Togaars) en Togaars B (Koetsjies of Wes-Togaars). Die tale is van omtrent die 6de tot die 8ste eeu gepraat, voor dit uitgesterf het en hulle sprekers deur die uitbreidende Oeigoerstamme geassimileer is.

Togaars
Gepraat in:China 
Gebied:Tarimbekken
Totale sprekers:uitgesterf
Taalfamilie:Indo-Europees
 Togaars
 
Skrifstelsel:Brahmi-skrif 
Amptelike status
Amptelike taal in:geen
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:txb xto, txb
Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies
Togaarse manuskrip vanaf Japannese Wikipedia (moontlik ook uit die Bestand der Stiftung Preußischer Kulturbesitz in Berlyn)
Togaarse manuskrip uit die Bestand der Stiftung Preußischer Kulturbesitz in Berlyn
Houttablet met inskripsies in Togaars. Koetsja, China, 5de-8ste eeu. Tokio Nasionale Museum.
"Togaarse skenkers", met ligte hare en ligte oogkleur, 6de eeu fresko, Qizil, Tarim Bekken. Die fresko's word geassosieer met aantekeninge in Togaars en Sanskrit deur hulle skilders gemaak.

Beide tale is vroeër in die Tarimbekken in Sentraal-Asië, nou die Xinjiang-provinsie van China, gepraat. Die naam is geneem van die Togare (Grieks: Τόχαροι, "Tokharoi") van die Griekse historici (Ptolemy VI, 11, 6). Die word soms met die Yuezhi en die Kushans geïdentifiseer, en die term Tokharistan verwys gewoonlik na 1ste millennium Baktria. 'n Turkse teks verwys na die Turfaniaanse taal (Togaars A) as twqry. Interpretasie is moeilik, maar F. W. K. Müller het dit met die naam van die Baktriese Tokharoi geassosieer.

Ontdekking en skryfstelselwysig

In die begin van die 20ste eeu is in Turkestan (Sentraal-Asië) manuskripte uit de 7e8ste eeu in 'n onbekende taal (in kursief Gupta, 'n variant van die Brahma-alfabet) opgegrawe. Die taal is palmblare, houttablette en Chinese papier, wat deur die baie droë klimaat van die Tarim-bekken bewaar is. Voorbeelde van die taal, insluitend baie muurinskripsies, is by plekke in Kucha en Karasahr ontdek. Dit is taamlik gou ontsyfer via tweetalige tekste. In 1908 al blyk dit om 'n Indo-Europese taal te gaan.

Dit is deur Sieg-Siegling-Levi ontsyfer. Heelwat Boeddhistiese, religieuse en mediese tekste waarvan baie vertaal is uit Sanskrit is ontdek asook kloosterrekeninge en korrespondensie, kommersiële dokumente, karavaanpermitte, magiese tekste en een liefdesgedig. Baie Togare het die Manicheïstiese dualiteit of Boeddhisme aangeneem.

Opvallend is dat binne die Indo-Europese tale, Togaars tot die subgroep van die kentum-tale behoort, terwyl alle andere oostelike Indo-Europese tale satem-tale is.

Kulturele belangwysig

Die bestaan van die Togaarse tale en alfabet is nie eens vermoed totdat toevallige ontdekkings in die begin van die 20ste eeu manuskripfragmente in 'n toe onbekende alfabet aan die lig gebring het nie en daarmee 'n hele nuwe tak by die Indo-Europese taalfamilie gevoeg het. Die een Indo-Europese taal wat oënskynlik die meeste ooreenkoms met Togaars toon is die antieke Hittiete taal, wat in ongeveer 1000 v.C. opgehou praat is.

Togaars het sommige taalkundige teorieë oor die verhoudings tussen Indo-Europese tale omvergewerp en nuwe lewe in die taalkundige studies geblaas. Die Togaarse tale is 'n groot uitsondering op die gewone patroon van Indo-Europese takke aangesien dit die enigste een is wat direk oos van die teoretiese Indo-Europese onstaanpunt in die Pontiese steppe versprei het.

Togaars het waarskynlik na 840 uitgesterf toe die Oeigoers deur die Kirghiz uit Mongolië verban is en hulle na die Tarim Bekken onttrek het. Die teorie word ondersteun deur die ontdekking van vertalings van Togaarse tekste na Oeigoers. Tydens die Oeigoers heerskappy het vermenging tussen die Togare en die Oeigoers plaasgevind en daarmee baie van die moderne bevolking van Xinjiang geskep.

Togaars woordeskat (voorbeeld)
AfrikaansModerne EngelsTogaars ATogaars BAntieke GrieksLatynSanskrit*Proto-Indo-Europees

een
twee
drie
vier
vyf
ses
sewe
agt
nege
tien
honderd
vader
moeder
broer
suster
(perd)≥
koei
(stem)≤

one
two
three
four
five
six
seven
eight
nine
ten
hundred
father
mother
brother
sister
(horse)≥
cow
(voice)≤

sas
wu
tre
śtwar
päñ
äk
pät
okät
ñu
śäk
känt
pācar
mācar
pracar
ar
yuk
ko
vak

e
wi
trai
śtwer
piś
kas
ukt
okt
ñu
śak
kante
pācer
mācer
procer
er
yakwe
keu
vek

heis
duo
treis
tettares
pente
heks
hepta
oktō
ennea
deka
hekaton
pater
mētēr
(phrater)¹
(eor)¹
hippos
bous
(epos)¹

ūnus
duo
trēs
quattuor
quīnque
seks
septem
octō
novem
decem
centum
pater
mater
frāter
soror
equus
bos
vox

eka
dvi
tri
catur
pañca
ṣaṣ
sapta
aṣṭa
nava
daśa
śata
pitṛ
mātṛ
bhrātṛ
svasṛ
aśva
go
vāc

*oinos of *sems
*duwo
*treyes
*qwetwor
*penkwe
*sweks
*septm
*oktou
*newn
*dekm
*kmtom
*pə2ter
*mater
*bhrater
*swesor
*ekwo
*gwou
*wekw

¹ = Verwant, met aangepaste betekenis
² = Geleende verwante woord, nie eie
³ = Engelse betekenis, onverwante woord

Sien ookwysig

  • Taalfamilies en tale
  • Togare

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig


Indo-Europese tale > Kentum-tale > Togaars
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media