Shaleen Surtie-Richards

Suid-Afrikaanse aktrise

Shaleen Surtie-Richards (gebore 7 Mei 1955, Upington, Noord-Kaap - 7 Junie 2021, Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle as Fiela in die 1988-film Fiela se Kind, Nenna in die TV-reeks Egoli: Plek van Goud en meer onlangs as Fran in Villa Rosa op kykNET.

Shaleen Surtie-Richards
Geboorte7 Mei 1955
Upington
Sterfte7 Junie 2021 (op 66)
Kaapstad
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Beroep(e)Aktrise
Aktiewe jare1984-2021
ToekenningsNaledi-toekenning
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Vroeë lewe en loopbaanwysig

Surtie-Richards is op 7 Mei 1955 op Upington in die Noord-Kaap gebore, en het te Upington en Kaapstad skoolgegaan. Haar pa was 'n skoolhoof en haar ma 'n onderwyseres. Toe sy as kind nie 'n rol in 'n musiekblyspel kon kry nie, het haar pa vir haar 'n klavier gekoop en gereël dat sy klavierlesse neem, sy het ook aan ballet deelgeneem en tennis gespeel.

Sy was 'n gekwalifiseerde onderwyseres en het tussen 1974 en 1984 in Upington en Kaapstad skoolgehou. Sy het aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem in hierdie tyd en was ook aktief betrokke by die Departement van Onderwys se Teater-in-onderrig program vanaf 1982 tot 1984. In 1984 het sy met haar professionele loopbaan as aktrise begin.

Sterwewysig

Sy is op Maandag 7 Junie 2021 dood aangetref in 'n gastehuis in Kaapstad.[1]

Filmografiewysig

Rolprentewysig

Televisiewysig

Surtie-Richards het 'n prominente rol in die M-Net televisie-sepie, Egoli: Plek van Goud, gehad. Dit was ook Suid-Afrika se eerste sepie en kykers het meegesleur geraak met die karakters se doen en late in die halfuurlange program wat Maandae tot Vrydae uitgesaai was. Vir 18 jaar het Surtie-Richards die rol van Ester (Nenna) Willemse vertolk.

Sy was ook in 'n paar ander televisieprogramme te sien, onder andere die sepies 7de Laan, Villa Rosa en Generations. In 2000 het sy haar eie geselsprogram aangebied, Shaleen, op die M-Net-kanaal.

Vanaf 2006 tot 2010 was Surtie-Richards ook 'n beoordelaar vir die televisie kompetisiereeks, Supersterre.

In 2013 verskyn sy op Suid-Afrika se Comedy Central-kanaal se The Comedy Central Roast-program, saam met Steve Hofmeyr, aangebied deur Trevor Noah.

  • Egoli: Plek van Goud as Ester (Nenna) Willemse (1992–2000)
  • Supersterre op SAUK2, as 'n beoordelaar
  • Generations as Mattie, eerste seisoen (2001–2004)
  • 7de Laan as Dorothy Daniels, eerste seisoen (2002)
  • Rugby Motors as Aunty Granny (2012)
  • Villa Rosa as Fran
  • Arendsvlei, vertolk die rol van Muriel Foster (2019)

Teaterwysig

Surtie-Richards het op verhoë regoor Suid-Afrika asook in Londen verskyn. Sy het by verskeie kunstefeeste regoor Suid-Afrika opgetree, onder andere Aardklop Kunstefees, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die Nasionale Kunstefees in Grahamstad, Suidoosterfees en die Edinburgh Fringe Fees.  

Sy het rolle vertolk geskryf deur skrywers onder ander William Shakespeare, Willy Russel, Athol Fugard en Pieter-Dirk Uys.

Toekenningswysig

In haar loopbaan het Shaleen meer as 40 toekennings verower.

  • Fleur du Cap-toekenning: Beste aktrise, vir haar rol as Hester in Hallo en Koebaai. (1985)
  • Fleur du Cap-toekenning: Beste aktrise, vir haar spel in Shirley Valentine (2009)
  • Hertzog-toekenning: Gewildste produskie tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, vir Shirley Valentine. (2009)
  • Royalty Soapy-toekennings: Lewenslange bydrae vir haar 30-jaarlange bydrae tot televisie. (2014)
  • Benoeming: Beste aktrise vir haar rol in Villa Rosa. (2014)
  • Naledi Teatertoekenning: Vereer vir 'n leeftyd se bydraes tot die kunste. (2015)
  1. by blessing joker 305

Verwysingswysig

  1. "Shaleen Surtie-Richards dood in gastehuis gekry, Netwerk24.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2021. Besoek op 7 Junie 2021.

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media