Rustenburg

Stad in Suid-Afrika

Rustenburg is 'n stad teen die voet van die Magaliesberge in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika, 112 kilometer noordwes van Johannesburg, met 'n bevolking van sowat 105 000. Dit is een van die snels groeiende dorpe in die land wat ook bekend staan vir sy aangename klimaat. Naby die dorp lê die twee grootste platinummyne en ook die grootste platinum-raffinadery, Precious Metal Refiners (PMR), ter wêreld. PMR lewer sowat sewentig persent van die wêreld se platinumproduksie. Die N4 nasionale pad gaan as 'n snelweg verby die stad.

Rustenburg
Rustenburg is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Rustenburg
Rustenburg
 Rustenburg se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°40′S 27°15′O / 25.667°S 27.250°O / -25.667; 27.250Koördinate: 25°40′S 27°15′O / 25.667°S 27.250°O / -25.667; 27.250
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikBojanala
MunisipaliteitRustenburg
Stigting1850
Regering
 • BurgemeesterMpho Khuno (African National Congress)
Oppervlak
 • Totaal282,42 km2 (109,04 vk. myl)
Hoogte
1 170 m (3 840 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal104 612
 • Digtheid370/km2 (1 000/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense40,4%
 • Indiërs/Asiërs3,3%
 • Bruin mense2,8%
 • Swart mense52,8%
 • Ander0,6%
Taal (2011)
 • Afrikaans41,2%
 • Tswana27,9%
 • Engels11,9%
 • Suid-Sotho4,0%
 • Ander15,0%
Poskode (strate)
0300
Poskode (posbusse)
0300
Skakelkode014
Webwerfrustenburg.gov.za
'n Mark in Rustenburg

Die plaaslike landbou spits hom op sitrusvrugte, tabak, grondboontjies, sonneblomsaad, mielies, koring en veeteelt toe.

Rustenburg met sy Royal Bafokeng-stadion (40 000 sitplekke) was een van die gasheerstede van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.

Die vakansieoord Rustenburgkloof met rondawels, 'n kampeerplek en geriewe vir woonwaens lê sowat sewe kilometer van Rustenburg af. Net noord van Rustenburg is die Pilanesberg Nasionale Park en die bekende Sun City geleë, albei word deur die Pilanesberg Internasionale Lughawe bedien.

Geskiedeniswysig

Rustenburg is in 1850 as 'n administratiewe sentrum vir die omliggende landelike gebied gestig. Volgens ds. Lion Cachet is die dorp so genoem "omdat die Boere hier minder gely het onder die naturelle-aanvalle", 'n plek van rus. Die plaaslike Gereformeerde gemeente is op 11 Februarie 1859 gestig. Sommige van die eerste sittings van die Transvaalse Volksraad, so ver terug as 1852, het op Rustenburg plaasgevind. Die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), Paul Kruger, koop in 1863 Boekenhoutfontein, 'n plaas van vyf vierkante kilometer noordwes van Rustenburg. In 1971 is restourasie aan die plaashuis voltooi wat deur die argitek Johan de Ridder onderneem is. Daarna is die huis tot 'n monument verklaar. Die plaashuis bestaan uit drie geboue met al die oorspronklike meubels van oom Paul.

Die Afrikaanssprekende Tswanaswysig

In Thlabane, 'n dorp buite Rustenburg, het sowat 1 000 Afrikaanssprekende Tswanas hulle teen die middel van die 19de eeu met die ondersteuning van die Transvaalse Volksraad gevestig. Dit was mense wat al lank op plase gewoon en naas die taal ook die gebruike van Afrikaners aangeneem het. Weens 'n gebrek aan infrastruktuur – hulle kon geen Afrikaanse onderwys of kerk bywoon nie – het hierdie gemeenskap later weer Tswana en Engels as huistale gepraat.[2]

Eerste en Tweede Vryheidsoorlogwysig

Tydens die eerste Britse besetting van 1877, is 'n fort opgerig, waarin die garnisoen tydens die Oorlog van 1880–81 beleër is, tog het hulle die aanval afgeslaan.

Gevegte het ook tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die omgewing plaasgevind by Buffelspoort, Moedwil, Kosterrivier en Olifantsnek.

Die Bhyat-gesinwysig

Onder die eerste inwoners van Rustenburg was ook setlaars van Indiese afkoms, waaronder die bekende Bhyat-gesin, wat 'n groot bydrae tot die geskiedenis van Rustenburg gelewer het. Ter ere van die Bhyats is een van die strate van Rustenburg hernoem tot Fatima Bhyatstraat. Fatima Bhyat en haar eggenoot Abubakr Ahmed Bhyat het 'n ysterware-winkel in die dorp besit, wat President Paul Kruger tydens die Vryheidsoorlog van toerusting op kredietbasis voorsien het. Hulle het later goud daarvoor ontvang.

Sportwysig

Die Royal Bafokeng-stadion naby Rustenburg

Die Royal Bafokeng-stadion is in Phokeng naby Rustenburg geleë en word deur die Royal Bafokeng-nasie bestuur. Dit is al tydens groot sporttoernooie soos die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 en die Afrikanasiesbeker 2013 ingespan. Platinum Stars beslis hul tuiswedstryde in die Royal Bafokeng-stadion en ding in die Premier Sokkerliga, Suid-Afrika se hoogste sokkerafdeling, mee. Die stadion is die enigste groot (40 000+) stadion waar die Springbokke 'n 100% wenrekord geniet.

Olympia-park is 'n ander veeldoelige stadion in Rustenburg en tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is drie groepfasewedstryde hier gespeel.

Bekende boorlingewysig

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Rustenburg". Sensus 2011.
  2. Davey, L. & Van Rensburg, M.C.J. (1993): Afrikaans, sy ondergang in Thlabane. In: Tydskrif vir Letterkunde, 31(3): 25–40.

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media