Rami Malek

Amerikaanse akteur

Rami Malek (gebore 12 Mei 1981) is ’n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Master (2012), Short Term 12 (2013), en Need for Speed (2014), en in die televisiereeks Mr. Robot (2015). In 2019 het hy vir sy rol as Freddie Mercury in die 2018-rolprent Bohemian Rhapsody ’n Oscar, Golden Globe, Screen Actors Guild Award en Bafta vir beste akteur gewen.

Rami Malek
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
GeboortenaamRami Said Malek
Geboorte12 Mei 1981 (1981-05-12) (42 jaar oud)
Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur en vervaardiger
Aktiewe jare2004-tans
ToekenningsGolden Globe as beste akteur in ’n drama
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Vroeë lewewysig

Ek is Egipties. Ek het as kind na Egiptiese musiek geluister. Ek was mal oor Umm Kulthum. Ek was mal oor Omar Sharif. Dit is my mense. Ek voel so wonderlik verbind aan die kultuur en die mense wat daar woon. Ek erken ek het ’n ander ondervinding, maar ek is so bekoor deur en verweef in die Egiptiese kultuur. Dit is die materiaal waarvan ek gemaak is.

Rami Malek[1]

Malek is op 12 Mei 1981 in Los Angeles gebore vir Egiptiese immigrantouers, Said Malek en Nelly Abdel-Malek.[2]

Hy het ook al beweer ’n agtste van sy oorsprong is Grieks-Egipties.[3][4] Sy ouers het in 1978 uit Kaïro getrek nadat sy pa, ’n toergids, geïnteresseerd geraak het in sy besoekers uit die Weste.[5] Sy pa het in Amerika versekering begin verkoop[6] en sy ma is ’n rekenmeester.[7]

Malek is in die Kopties-Ortodokse Kerk grootgemaak en het tot op vierjarige ouderdom Egiptiese Arabies by die huis gepraat.[8][9] Hy het ’n identiese tweelingbroer, ’n onderwyser,[10] en ’n ouer suster, ’n dokter.[11]

Nadat hy in 1999 skool voltooi het,[12] het hy teaterdrama aan die Universiteit van Evansville in Indiana studeer en in 2003 ’n BA-graad ontvang.[13][14]

Filmografiewysig

Rolprentewysig

  • 2006: Night at the Museum
  • 2006: Night at the Museum: Battle of the Smithsonian
  • 2011: Larry Crowne
  • 2012: Battleship
  • 2012: The Master
  • 2013: Ain't Them Bodies Saints
  • 2013: Short Term 12
  • 2013: Oldboy
  • 2014: Need for Speed
  • 2014: Da Sweet Blood of Jesus
  • 2014: Night at the Museum: Secret of the Tomb
  • 2016: Buster's Mal Heart
  • 2017: Papillon
  • 2018: Bohemian Rhapsody (rolprent)
  • 2019: The Voyage of Doctor Dolittle

Televisiereeksewysig

  • 2004: Gilmore Girls
  • 2005: Over There
  • 2005: Medium
  • 2005: The War at Home
  • 2010: 24
  • 2010: The Pacific
  • 2012: Alcatraz
  • 2010: The Legend of Korra
  • 2014: Believe
  • 2015: Mr. Robot
  • 2017: Bojack Horseman

Video'swysig

  • 2007: Historical Threads: The Costumes of ’night at the Museum'
  • 2013: Back Beyond
  • 2015: Night at the Museum: Secret of the Tomb - A Day in the Afterlife
  • 2016: Mr. Robot: M4k1ng_0f_Mr_R0b0t.m0v

Verwysingswysig

  1. BAIDAWI, ADAM (30 September 2018). "Rami Malek is the Leading Man the World Needs". Gentlemen's Quarterly (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 4 Desember 2018.
  2. NileFM staff (17 Oktober 2018). "Rami Malek's Mom Didn't Want To Live In America". NileFM (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2019. Besoek op 11 Desember 2018.
  3. "11 Reasons to Love Mr. Robot's Rami Malek | Mr. Robot blog". USA Network (in Engels). 12 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2018. Besoek op 7 Desember 2018.
  4. Willmore, Alison (26 Augustus 2015). "The Hacker Heartthrob From Mr. Robot Who Owned Summer TV". BuzzFeed (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2019. Besoek op 26 Augustus 2015.
  5. Lamont, Tom (14 Oktober 2018). "Rami Malek: 'Being offered the part of Freddie Mercury was a gun-to-the-head moment'". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 4 Desember 2018.
  6. Drumming, Neil (28 Augustus 2015). "Looking Back on Mr. Robot and a Season of Hacker Drama". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2019.
  7. Hughes, Sarah (14 Julie 2016). "Mr Robot's Rami Malek: 'The world is in chaos – and all we do is hyperconsume'". the Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2020. Besoek op 15 Julie 2016.
  8. Al-Sayyad, Yasmine (23 Oktober 2018). "Walking Through the Whitney Museum with Rami Malek". The New Yorker (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020. Besoek op 18 November 2018.
  9. Berk, Philip (14 Julie 2016). "Rami Malek on how Mr Robot changed his life". Star2.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 18 September 2016.
  10. McIntosh, Steven (20 Junie 2017). "Celebrity twins: 8 stars you didn't know had a sibling". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Desember 2018.
  11. Brown, Emma (26 Augustus 2015). "The Many Mysteries of Mr. Robot". Interview Magazine. Besoek op 7 Desember 2018.
  12. "Notre Dame High School 1999 Active Alumns". ndhs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2016. Besoek op 10 April 2016.
  13. Buckley, Cara (10 September 2018). "Rami Malek, Catching Mercury". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2020. Besoek op 7 Desember 2018.
  14. Girdler, Brennan (September–Oktober 2012). "Local Stars". Evansville Living (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 7 Desember 2018.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media