Orale seks

Seksuele aktiwiteit wat die stimulasie van die geslagsdele deur die gebruik van die mond behels

Orale seks verwys na alle seksuele praktyke waarby seksuele stimulering deur die mond, lippe of tong geskied, byvoorbeeld deur soen van die lippe, diep soen (waar die tong in die maat se mond gesteek word), soen van die borste, orale kontak met die liggaam in die algemeen en kontak tussen die mond en geslagsdele en omstreke.

Orale seks in die 69-posisie.

Al die praktyke is algemene, aanvaarbare seksuele gedrag. In sommige gevalle is die plesier hoofsaaklik emosioneel, byvoorbeeld mond-tot-mond-soen. In ander gevalle weer, spruit die genot daaruit voort om die ander persoon genot te gee, soos wanneer die lyf gesoen word. Maar die mond is saam met die geslagsdele een van die mees erotiese dele van die liggaam soos bewys word deur diep soen.

Die term "fellasie" dui op die kontak tussen die mond en die man se penis, terwyl "cunnilingus" dui op kontak tussen die mond en die vrou se geslagsdele. Albei word toenemend in ons samelewing as gewone sekspraktyke ervaar. Die tegnieke wat hier ter sprake kom, is soen, lek, suig en (in die geval van fellasie) die rondbeweeg in die mond van die penis of die mond oor die penis ter nabootsing van seksuele omgang. Genot word gewoonlik deur albei seksmaats verkry. Die een kry genitale stimulering en die ander deel die genot wat hy of sy verskaf terwyl hy of sy ook oraal gestimuleer word.

Wedersydse genot word ook verkry wanneer daar gelyktydige oraal-genitale stimulering is. Die aanvaarde tegniek is vir die deelnemers om in verskillende rigtings te wys of lê sodat elkeen se mond by die ander se geslagsdele uitkom. Fellasie en cunnilingus kan albei as dade op sigself gebruik word, of as voorspel tot seksuele omgang.

Voorkomswysig

Fellasie kom algemeen voor by manlike homoseksualiteit en cunnilingus by vroulike homoseksualiteit. Dit is bloot omdat geen genitale penetrasie natuurlik tussen twee mense van dieselfde geslag moontlik is nie. Maar daar is niks gay aan dié praktyke per se nie. Alfred Kinsey het in sy ondersoeke bevind dat oraal-genitale kontak selfs by kinders in hulle pretiener-stadia voorkom en dat drie uit vyf van alle mans in een of ander stadium van hulle lewe deel het aan orale seks waarby die mond en geslagdele betrokke is. Sy syfers dui daarop dat meer as 45% van mans fellasie in 'n heteroseksuele verhouding ontvang het, terwyl net 16% cunnilingus gegee het. Omdat sy ondersoeke byna 'n halfeeu gelede onderneem is en die samelewing meer verdraagsaam jeens ander uitdrukkings van seksuele liefde geword het, kan daar aanvaar word dat die syfers tans baie hoër is.

In die huwelik bly die voorkoms van cunnilingus volgens Kinsey min of meer dieselfde terwyl die voorkoms van fellasie dramaties afneem. Dié soorte heteroseksuele praktyke is baie hoër hoe hoër die opvoedingsvlak is. Wat homoseksuele oraal-genitale kontak betref, het Kinsey bevind 30% van alle mans het dit in een of ander stadium beleef. Net 11% het dit gegee, terwyl 30% dit ontvang het. Daar word beweer dat die syfers onderskattings was, selfs destyds, en dat dit vandag selfs hoër kan wees.

Beswarewysig

Party mense maak ten sterkste beswaar teen kontak tussen die mond en die geslagsdele. In baie deelstate van die VSA is dit steeds teen die wet. Van die besware is dat dit onnatuurlik, sondig, onhigiënies of bloot onaangenaam is. Dit kom egter wyd in baie samelewings voor, dus kan dit beswaarlik onnatuurlik wees. Wat die sondigheid betref, word dit oorgelaat aan die individu se oordeel, aangesien die Bybel byvoorbeeld hom nie daaroor uitlaat nie. Mits die geslagsdele skoon gehou word, wat in elk geval die geval moet wees, is daar minder bakterieë as in die mond. En elke mens moet vir hom- of haarself besluit wat aangenaam is en wat nie.

Variantewysig

Ander vorme van orale seks, is onder meer selffellasie, waar 'n man of vrou hulle eie geslagsdele met die mond kan stimuleer. Kinsey het bevind by mans is die voorkoms van dié vermoë net sowat twee of drie uit 'n duisend mans, en baie hang af van die man se buigbaarheid en die lengte van sy penis. By anilingus word die maat se anus met die mond gestimuleer deur die lippe en die tong. Dit kom veral by gay mans voor, hoewel hoegenaamd nie almal die praktyk beoefen nie, en dit nie net gay mans is wat hieraan deelneem nie.

Bronnewysig

  • The Diagram Group, Man's Body - An Owner's Manual; Bantam Books; London et. al., 1983.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media