Mohammed

Arabiese politieke leier en die stigter van Islam

Mohammed of Moegammad[nota 1] (5708 Junie 632; Arabies: محمد, Muḥammad, [muħammad]) was ’n religieuse, politieke en militêre leier van Mekka.[2][3][4] Hy het Arabië onder ’n Islamitiese regeringsvorm verenig. Die Moslems en Baha’i glo hy is ’n profeet van God. Die Moslems beskou hom as die hersteller van die onveranderde oorspronklike monoteïstiese geloof van Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesus en ander profete.[5][6][7][8]

Die Moskee van die Profeet in Medina omstreeks 1900.
Mohammed
Die naam Mohammed geskrif met Arabiese kalligrafie.
Gebore
Muḥammad ibn `Abd Allāh

ca. 29 Augustus 570[1]
Sterf8 Junie 632
Medina (tans in Saoedi-Arabië)
NasionaliteitArabies
Bekend virStigter van Islam
EggenootKhadijah bint Khuwaylid (595–619)
Sawda bint Zamʿa (619–632)
Aisha bint Abi Bakr (619–632)
Hafsa bint Umar (624–632)
Zaynab bint Khuzayma (625–627)
Hind bint Abi Umayya (629–632)
Zaynab bint Jahsh (627–632)
Juwayriya bint al-Harith (628–632)
Ramlah bint Abi Sufyan (628–632)
Rayhana bint Zayd (629–631)
Safiyya bint Huyayy (629–632)
Maymuna bint al-Harith (630–632)
Maria al-Qibtiyya (630–632)
Kindersal-Qasim, `Abd-Allah, Ibrahim (seuns)
Zainab, Ruqayyah, Umm Kulthoom, Fatimah Zahra (dogters)
Ouer(s)`Abd Allah ibn `Abd al-Muttalib (vader)
Aminah (moeder)
Volgens die Islamitiese geloof het Mohammed die engel die eerste keer in die Hira-grot gesien.

Lewensloopwysig

Daar is geen bronne uit die tyd van Mohammed waaruit ’n lewensbeskrywing saamgestel kan word nie. Die oudste geskrif wat bekend is, is die Sira van Ibn Ishaq (byna 750); ander lewensbeskrywings is (gedeeltelik) daarop gebaseer.

Jeugwysig

Mohammed is op 29 Augustus 570 n.C.[9] in die Arabiese stad Mekka gebore; sy geboortedag word op Mawlid an-Nabi herdenk. Sy vader, wie se naam Abdullah was, het ’n maand voor Mohammed se geboorte gesterf. Sy moeder, Amina, is oorlede toe hy drie jaar oud was, en sy pleegmoeder, ’n Bedoeïen, toe hy ses was. Daarna het sy oupa, Abd al-Muttalib, twee jaar lank vir hom gesorg. Na die afsterwe van sy oupa het sy oom, Abu Talib, vir hom gesorg – ook tydens Mohammed se volwasse lewe.

Profeetskapwysig

In 610, toe Muhammad 40 jaar oud was, het hy na die berg Jabal an-Noer naby Mekka gestap. Volgens die Islamitiese geloof het die engel Gabriël hom in die Hira-grot op die berg ontmoet. Mohammed het flou geword toe hy die engel sien omdat hy verstom was oor hoe groot hy was. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[10][11] Hieronder is wat die engel vir Mohammed gesê het:

Lees in die Naam van u Heer, die Skepper –
wat die mens uit ’n bloeddruppel skep.
Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige,
wat deur middel van die pen onderrig,
die mens leer wat hy nie geken het nie.[12]

Toe Mohammed by sy huis en vrou Khadijah terugkom het hy vir haar alles vertel wat gebeur het. Daarna het hy nuwe openbaringe ontvang en opdrag gekry om die boodskap wat God aan hom gegee het te verkondig. Toe Mohammed die eerste keer preek, was die meeste van Mekka se inwoners, wat destyds nog afgode aanbid het, nie baie ingenome nie. Maar daar was ook mense wat na sy prediking en boodskappe geluister het. Hulle was die eerste volgelinge van die nuwe Islamitiese godsdiens.

Leiers van Mekka het Mohammed se aanhangers gestraf en gemartel. Party van die gelowiges is deur die Mekka-leiers die doodstraf opgelê. Mohammed het hierdie dade teengestaan en voortgegaan om Islam te bevorder.

Notaswysig

  1. Die spelling wat in die Afrikaanse Koran gebruik word.

Verwysingswysig

  1. (en) Amir Ali Syed (1902). "hoofstuk 1". The spirit of Islam; or, The life and teachings of Mohammed (PDF). 54, College Street, Calcutta: S.K Lahiri & C0. p. 8.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  2. (en) The Leadership of Muhammad op Google Boeke deur John Adair
  3. (en) Lamptey, Jerusha (5 Oktober 2012). "From Its Earliest Days, Islam Respects Plurality". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 6 November 2012.
  4. (en) Bill Warner (Augustus 2010). "Mohammed". Political Islam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 6 November 2012.
  5. (en) Esposito (1998), bl. 12.
  6. (en) Esposito (2002b), bl. 4–5.
  7. (en) Peters, F.E. (2003). Islam: A Guide for Jews and Christians. Princeton University Press. p. 9. ISBN 0-691-11553-2.
  8. (en) Esposito, John (1998). Islam: The Straight Path (3de uitgawe). Oxford University Press. pp. 9, 12. ISBN 978-0-19-511234-4.
  9. http://www.nndb.com/people/673/000044541/
  10. (en) Amirul Hadi. Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128. ISBN 978-9004129825.
  11. (en) Marjo Buitelaar. Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64. ISBN 978-0-85496-321-8.
  12. Dié stelling is in die Koran (Hoofstuk 96:1 – 5) beskikbaar

Eksterne skakelswysig


Profete van Islam, soos in die Koran genoem.
ʾĀdamIederiesNūḥHüdSalihIbrāhīmLoetIsmāʿīlIṣḥāqYāqubYūsufAjjoeb
آدمادريسنوحهودصالحإبراهيملوطاسمعيلاسحاقيعقوبيوسفأيوب
AdamHenogNoagEberSelagAbrahamLotIsmaelIsakJakobJosefJob

SuaybMūsaHaroenDhoelkiflDawudSüleymanIljasAl-YasaYunusZakarijaJahjaʿĪsāMohammed
شعيبموسىهارونذو الكفلداودسليمانإلياساليسعيونسزكريايحيىعيسى
Mohammed
JetroMosesAäronEsegiëlDawidSalomoElijaElisaJonaSagariaJohannesJesus
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media