Graan

Graan word gebruik om grassoorte te beskryf wat verbou word vir hulle eetbare sade. Hierdie graansoorte word op grootskaal verbou en verskaf wêreldwyd meer energie as enige ander verboude voedsel. In meeste ontwikkelende lande bestaan mense se dieet hoofsaaklik uit graan. In ontwikkelde lande is die hoeveelheid graan wat verbruik word minder, maar dit vorm steeds 'n belangrike deel van die daaglikse dieet.

Hawer en gars en sommige van die produkte wat daarmee vervaardig word.

Produksiewysig

Die volgende tabel wys die jaarlikse produksie van die gewildste graansoorte vir 1961, 2005 en 2012.[1][2]

Alhoewel bokwiet en quinoa gereeld onder grane gereken word, is hulle egter tweesaadlobbige plante en dus nie werklik grassoorte nie.

Graan1961 (Metrieke ton (Mt))2005 (Mt)2012 (Mt)
Mielies (Maize)205,004,683713,682,311875,098,631'n Stapelvoedsel vir mense in Noord-Amerika, Suid-Amerika en Afrika asook veediere die wêreld oor.
Rys (volgraan)215,646,637621,588,528718,345,380Die primêre graansoort in tropiese klimate.
Koring (wheat)222,357,231634,444,438674,884,372Die primêre graansoort in matige klimate.
Gars (barley)72,411,104138,678,391132,350,225Verbou op grond wat te arm of te koud vir koring is. Word gemout of geëet deur veediere.
Sorghum40,931,62559,722,088'n Belangrike stapelvoedsel in Asië en Afrika en ook gereeld gebruik as voer vir veediere.
Giers (millet)25,714,06830,962,34925,597,550'n Groep soortgelyke, dog verskillende grane wat 'n belangrike stapelvoedsel in Asië en Afrika vorm.
Hawer (oats)49,588,76923,696,63220,974,945Vroeër die stapelvoedsel van Skotland en ook wêreldwyd gewild as veevoer.
Rog (rye)35,109,99015,152,55314,544,170Belangrik in koue klimate.
Triticale (korog)013,367,94213,701,491'n Kruising tussen koring en rog.
Bokwiet2,479,5962,078,0732,061,426Word veral in Europa en Asië verbruik.
Fonio178,483369,617583,882Verskillende soorte grane wat in Afrika verbou word
Quinoa32,43558,44382,510Antieke skyngraan, word in die Andes verbou.

Mielies, koring en rys verskaf saam 87% van die wêreldwye graanproduksie.[2]

Voedselverskaffende grassewysig

Mielies (Zea mays)wysig

Die mielie kom oorspronklik van Amerika en is eers aan die Europeërs bekendgestel na die ontdekking van Amerika in 1492. Dit word vandag in al die warmer dele van die wêreld verbou. Die graan dien as voedsel vir mens en dier. Die saad dien verder as basis vir talle nywerheidsprodukte, bv. kookolie, stysel, glukose en alkohol. Die mielieplant het 'n soliede stam en die manlike en vroulike blomme word in aparte bloeiwyses aan dieselfde plant gedra. Die vroulike bloeiwyse (die kop) is 'n gewysigde aar, terwyl die manlike bloeiwyse 'n pluim is.

Mielies is verreweg die vernaamste graansoort in Suid-Afrika en die Republiek is op vier na die grootste mielieprodusent ter wêreld. Die grootste deel van die mielieoes kom uit die sg. mieliedriehoek met punte Carolina, Ladybrand en Mahikeng. Weens die wisselvalligheid van die Suid-Afrikaanse klimaat wissel die oes baie van jaar tot jaar. Droogte hou 'n ernstige bedreiging vir produksie in en mielies word al hoe meer onder besproeing verbou. Die land voer egter reeds vir etlike jare mielies uit, veral na Europa, die Ooste en Japan.

Koring (Triticum aestivum)wysig

Koring is die belangrikste graansoort ter wêreld en die vernaamste stapelvoedsel in die Westerse lande. Dit word reeds sedert die vroegste tye deur die mens gekweek. Deur teling, seleksie en kruising van spesies, is duisende tipes en variëteite ontwikkel wat by 'n wye verskeidenheid klimaatstoestande aangepas is. Gewone koring kan verdeel word in harde korings, waarvan brood gebak word, en sagte korings, vir koek en beskuitjies. Die sogenaamde durumkoring (Triticum durum) word gebruik vir die maak van macaroni en verwante produkte. Suid-Afrika was lank 'n koringinvoerland (veral uit die VSA, Kanada en Australië), maar tans produseer die land meer as genoeg koring vir eie gebruik.

Rys (Oryza sativa)wysig

Rys kom oorspronklik uit Suidoos-Asië. Naas koring is dit die wêreld se vernaamste graan en dien dit as stapelvoedsel van die mensemassas van die Ooste. In teenstelling met ander graansoorte verkies rys vleierige grond. Gevolglik word die ryslande gedurende die groeityd met water oorstroom. China en Indië is die grootste produsente en verbruikers van rys. Die enigste Westerse lande waar noemenswaardige hoeveelhede rys gekweek word, is die Verenigde State en Brasilië. In Suid-Afrika was daar in die vroeë vyftigerjare aansienlike belangstelling in die verbouing van rys in die Laeveld van Mpumalanga. Die huidige produksie is egter onbenullig. In Eswatini word 'n bietjie rys geproduseer wat in die Republiek verwerk word. Feitlik al Suid-Afrika se rys word ingevoer.

Rog (Secale cereale)wysig

Rog is die gehardste van al die wintergrane. Dit is na verwant aan koring, maar kan heelwat meer koue verdra en groei ook baie beter in skraal, sanderige grond.

Vanweë sy bestandheid teen koue word rog in Noord-Europa en groot dele van Rusland as broodgraan in plaas van koring verbou. Rogbrood is egter donker van kleur en taamlik swaar. Die mout van die graan word ook gebruik vir die maak van sekere soorte whisky.

In Suid-Afrika is in die verlede heelwat rog in die sg. Sandveld van die Wes-Kaap gesaai. Dit is egter mettertyd in 'n groot mate deur koring vervang. Tans beloop die totale produksie van die Republiek gewoonlik minder as 5 000 t en moet ons trouens rog invoer. Die meeste rog word nou in die Vrystaat geproduseer.

Gars (Hordeum-spesies)wysig

Daar is in hoofsaak twee garsspesies wat van mekaar onderskei word deur die aantal rye vrugbare syaartjies per aar. Hulle is onderskeidelik Hordeum vulgare, met ses rye en Hordeum distichum, met twee rye syaartjies. Ontkiemde gars (mout) word in die produksie van bier gebruik. Die tweerygars (Hordeum distichum) is veral geskik vir hierdie doel. Die graan word ook op groot skaal as veevoer gebruik. Die bekende gort is gars waarvan die doppies afgeskuur is. In Suid-Afrika word gars veral in die Suidwestelike Distrikte van die Wes-Kaap verbou. Sesry- sowel as tweerygars word gesaai.

Mannawysig

Daar is verskeie spesies wat as "mannas" (giers) geklassifiseer word. Die twee vernaamstes is egter Prosomanna (Panicum miliaceum) en Boermanna of gewone manna (Setariaitalica). Hierdie twee mannas kom oorspronklik uit die Ooste, waar veral Prosomanna steeds 'n belangrike graan is. Deurdat dit gou ryp word, kan dit met groot welslae in gebiede met 'n baie kort groeiseisoen gesaai word. In Westerse lande, onder meer ook in Suid-Afrika, word hierdie manna as feitlik uitsluitlik vir die produksie van saad vir kouvoëls gesaai.

Hawer (Avena-spesies)wysig

Hierdie graansoort kan maklik van koring onderskei word aangesien die bloeiwyse 'n los pluim is in teenstelling met die aar van koring. Dit is wel nie so 'n belangrike graansoort as koring nie, maar dien tog as menslike voedsel, veral as hawermoutpap. Hawergraan is 'n belangrike pitvoer vir diere, veral perde, maar die grootskeepse vervanging van perde deur trekkers het die belangrikheid daarvan sterk laat afneem. Hawer dien ook dikwels as weidingsgewas. Dit is 'n geharde plant wat beter as koring in onvrugbare grond aard. Lede van die grasfamilie word dikwels vir verfraaiing in tuine aangeplant, hetsy as sierplante of vir grasperke. Van hierdie grasse kom die volgende in Suid-Afrikaanse tuine voor:

Ander grassewysig

Weidingsgrassewysig

Veeboerdery is grootliks gebaseer op natuurlike sowel as aangeplante grasse. In Suid-Afrika is die grasse van 'n natuurlike weiveld 'n besondere groot bate. Die waardevolste grasse wat natuurlik voorkom, is waarskynlik rooigras (Themeda triandra), buffelsgras (Panicum coloratum) en blousaadsoetgras (Panicum maximum), bloubuffelsgras (Cenchrus ciliaris), knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana) en die meerjarige rooisaadgras (Ehrharta calycina).

Sommige van Suid-Afrika se natuurlike grasse is in so 'n mate veredel dat hulle as aangeplante weidings gevestig word. Die beste voorbeeld hiervan is die bekende oulandsgras (of growwevleigras, Eragrostis curvula) in die somerreënvalstreek. Daar is verskeie grasse wat as aangeplante weidings onder intensiewe boerderytoestande baie goeie resultate lewer. Die bekendste hiervan is kropaargras (Dactylis glomerata) en die raaigrasse (Lolium-spesies). Hierdie grasse word gewoonlik in mengsels met peulplante soos witklawer (Trifolium repens) gevestig om sodoende 'n smaaklike weiding te verseker.

Grassoorte geskik vir grasperkewysig

Die grasse wat algemeen vir grasperke in Suid-Afrika gebruik word, is die volgende:

  1. Kikoejoe (Pennisetum clandestinum). Hierdie sterkgroeiende rankgras is baie gehard en word oral in Suid-Afrika vir grasperke gebruik. Dit is ook die gras wat gewoonlik op sportvelde aangeplant word.
  2. Kweekgras (Cynodon dactylon) is 'n fyn rankgras wat 'n baie aantreklike grasperk verskaf.
  3. Kentucky-blougras (Poa pratensis). Hierdie mooi donkergroen polgras is bestand teen ryp.
  4. Bruintopgras (Agrostis tenuis) is 'n polgras wat dikwels saam met ander grasse in grasperke gesaai word.

Bronnelyswysig

Verwysingswysig

  1. 1961 is die eerste jaar waarvoor daar statistieke deur die Food and Agriculture Organization van die Verenigde Nasies beskikbaar gestel is.
  2. 2,0 2,1 FAO. "ProdSTAT". FAOSTAT. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2016. Besoek op 5 November 2013.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media