Filum

'n Filum, of ook stam, is 'n woord wat gebruik word in die wetenskaplike klassifikasiestelsel om alle lewendige wesens te klassifiseer. Die oorspronklik Griekse woord (φῦλον, phulon, stam) is aangepas van die familiegroepgebaseerde phylai, Griekse stemgroepe in destydse stadstate. Die filum verteenwoordig die hoogste groepering van organismes. Dit word egter wel soms voorafgegaan deur superfilums.

LeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

Daar is ongeveer 35 filums, waarvan nege die oorgrote meerderheid spesies bevat. Talle filums kom uitsluitlik in seewater voor, en net een filum kom glad nie in die wêreld se oseane voor nie: die Onychophora of fluweelwurms. Die bekendste dierefilums is die weekdiere, stekelselliges, platwurms, rondewurms, gesegmenteerde wurms, geleedpotiges, en spinaalkoordiges, die filum waaraan die mens behoort.

Lys van dierefilumswysig

FilumBetekenisVolksnaamOnderskeidende kenmerkeSpesies bekend
AcanthocephalaDoringkoppeDoringkopwurmsOmdopbare stekelrige steeksnuitongeveer 850
AcoelomorphaSonder dermsGeen mond of spysverteringskanaal
AnnelidaRingetjiesGesegmenteerde wurmsVeelvuldige sirkelvormige segmenteongeveer 15 000
ArthropodaGelede poteGeleedpotigesChitieneksoskeletmeer as 1 134 000
BrachiopodaArmpotigesLampskulpeLanggerekte strukture of "arms"tussen 300 en 500 nog bestaande
BryozoaMosdiereMosdiere, seematteLofofoor, geen stingeltjie, vangarms met trilhareongeveer 5 000 lewende spesies
ChaetognathaLangharige kakePylwurmsChitienagtige stekels aan weerskante van die kop, vinneongeveer 100 spesies nog bestaande
ChordataRugkoordeDiere met rugkoorde'n Hol dorsale senukoordmeer as 63 000
CnidariaStekelselligesHoltediereNematosisteongeveer 10 000
CtenophoraKamdraersKamjelliesAgt "gekamde rye" van saamgesmelte trilhareongeveer 100 huidige spesies
CycliophoraWieldraendesSimbiontSirkelvormige mond omring deur klein trilhareten minste 3
EchinodermataStekelrige velleVyfvoudige radiale simmetrie, mesodermale versteende stekelsongeveer 7 000 spesies wat nog bestaan
EchiuraStekelsterteLepelwurms'n Stel hoeke aan die agterentongeveer 140
EntoproctaAnus aan die binnekantBekerwurmAnus aan die binnekant van 'n ring trilhareongeveer 150
GastrotrichaHarige maeMeiofaunaTwee terminale kleefbuiseongeveer 450
GnathostomulidaKaakopeningsKaakwurms
HemichordataHalwe koordeAkkerwurms'n Stomokoord in 'n boordjieongeveer 100 lewende spesies
KinorhynchaBeweeglike snoeteModderdrakeElf segmente, elk met 'n dorsale plaatongeveer 150
LoriciferaBorsrokdraersBorselkoppeSambreelagtige skubbe aan elke entongeveer 21
MicrognathozoaKlein kaakdiereKonsertina-agtige uitstootbare borskas1
MolluscaDun doppeWeekdiereGespierde voet en 'n mantel rondom die dopongeveer 70 000
MyxozoaSlymdierePolêre kapsules wat soos nematosiste lykten minste 12 000
NematodaGaringagtigesRondewurms'n Ronde kruisdeursnit, keratienvliesie80 000 tot 1 miljoen
NematomorphaGaringagtige vormsPerdehaarwurmsongeveer 320
NemerteaSeenimfeStriklintwurmsongeveer 1 200
OnychophoraKloudraersFluweelwurmsChitienagtige kloue aan die punt van die poteongeveer 110 wat nog bestaan
OrthonectidaReguit swemmersongeveer 20
PhoronidaUit die mitologie: 'n meisie genaamd Io op wie Zeus verlief wasPerdeskoenwurms'n U-vormige spysverteringstelsel20
PlacozoaBuisdiere1
PlatyhelminthesPlatwurmsPlatwurmsongeveer 25 000
PoriferaPorie-draersSponse'n Geperforeerde binnewandmeer as 5 000
PriapulidaPeniswurmsPeniswurmsTerugtrekbare snoet omring deur papille17
RhombozoaRuitvormige diere'n Enkele aksiale sel omring deur trilhaarselle75
RotiferaWieldraersRadardiertjies'n Skynbuikholteongeveer 2 000
SipunculaKlein buisiesGrondboontjiewurms'n Mond omring deur omkeerbare gryparms144-320
TardigradaStadige stappersWaterbere'n Liggaam en kop in vier segmenteongeveer 750
XenoturbellidaVreemde platwurmsTrilhaaragtige deuterostoom2
TOTAAL1 375 000+

Lys van die belangrikste protistafilumswysig

FilumBetekenisVolksnaamOnderskeidende kenmerke
RhodophytaRooi planteRooi algeAlge sonder selle, met 'n sweephaar
ChromistaGekleurdesGeenAlge met bladgroen
AlveolatesKlein holtetjiesGeenOoreenkomste binne dié filum is geneties
ExcavatesUitgrawersGeenOoreenkomste binne dié filum is geneties
RhizariaVan wortelsGeenAmeboiede met skynvoete
AmoebozoaVeranderende diereAmeboiedeBeweeg deur die vloei van sitoplasma
ChoanozoaTregterdiereGeen'n Sweephaar omring deur mikrovilli
Talle ander minder belangrike filums binne die protista is nie hier gelys nie

Lys van plantafdelingswysig

AfdelingBetekenisVolksnaamOnderskeidende kenmerke
AnthophytaBlomplantePlante wat blomMaak blomme en vrugte
BryophytaMosplanteMos en kruieDiploiede spore, sonder 'n vaatsisteem
PteridophytaVaringplanteVaringsDiploiede spore en 'n vaatsisteem
PinophytaGom/pikplanteKegeldraende planteKeëls met sade
SphenophytaWigplantePerdesterteFotosintetiese, hol, gelede en gerifde stingels
CycadophytaPalmplanteBroodbomeSade, met 'n kroon van saamgestelde blare
GinkgophytaGinkgoplanteGinkgo, VenushaarvaringSade nie deur vrugte beskerm nie
GnetophytaGeenGnetofieteSade en 'n houtagtige vaatsisteem

Lys van swamfilumswysig

FilumBetekenisVolksnaamOnderskeidende kenmerkeSpesies bekend
ChytridiomycotaPotjiesampioeneSkynskimmelsSellulose in die selwande, sweephaargameteongeveer 900[1]
DeuteromycotaTweede sampioeneOnperfekte swammePlant slegs aseksueel voortongeveer 17 000[2]
ZygomycotaEiergeelsampioeneZigomiseteDit meng gametangia om 'n zigosporangium te vormongeveer 900[3]
GlomeromycotaBalsampioeneGeenVorm swamwortels met planteongeveer 200[4]
AscomycotaWynsaksampioeneSakswammeMaak spore in 'n spoorsakkieongeveer 32 000[1]
BasidiomycotaBasidiumsampioenGeenMaak spore van 'n 'basidium'ongeveer 30 000[5]

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Webster, J. en Weber, R. 2007. Introduction to fungi. pp.127-164.
  2. https://cals.arizona.edu/classes/plp427L/lab12.html
  3. James, Timothy Y. and Kerry O'Donnell. 2007. Zygomycota. Microscopic 'Pin' or 'Sugar' Molds. Version 13 July 2007 (under construction). http://tolweb.org/Zygomycota/20518/2007.07.13 in The Tree of Life Web Project, http://tolweb.org/
  4. Sarah C. Watkinson, Lynne Boddy, Nicholas Money. The Fungi. Derde uitgawe. Academic Press; 2005. https://search.ebscohost.com/login.aspx?direct=true&AuthType=sso&db=nlebk&AN=485511&site=eds-live&scope=site
  5. http://tolweb.org/tree?group=Basidiomycota&contgroup=Fungi

Notaswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media