Dermpoliep

Poliep (groeisel) wat in die wand van die kolon of rektum voorkom

’n Dermpoliep of kolorektale poliep is ’n poliep (groeisel) wat in die wand van die kolon of rektum voorkom.[1] Poliepe wat nie behandel word nie, kan in kolorektale kanker ontwikkel.[2]

Dermpoliep
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Poliep van sowat 1 cm in deursnee wat tydens ’n kolonoskopie ontdek is. Dit is verwyder deur dit uit te brand.
’n Poliep van sowat 1 cm in deursnee wat tydens ’n kolonoskopie ontdek is. Dit is verwyder deur dit uit te brand.
ICD-10K63.5 & verskeie
MedlinePlus  000266
eMedicinemed/414
MeSHC23.300.825
Mediese waarskuwing

Dermpoliepe word dikwels geklassifiseer volgens hul gedrag (kwaadaardig, voorkwaadaardig of niekwaadaardig) en/of oorsaak (byvoorbeeld weens ingewandsontsteking).

Simptomewysig

Dermpoliepe word gewoonlik nie met simptome verbind nie.[2] Wanneer simptome wel voorkom, is dit rektale bloeding, bloed in die stoelgang, maagpyn en moegheid.[2] ’n Verandering in toiletgewoontes kan voorkom, soos hardlywigheid en diarree.[3] Soms wanneer die poliep groot genoeg is om ’n obstruksie te veroorsaak, kan naarheid, vomering en kwaai hardlywigheid voorkom.[3]

Opsporing en behandelingwysig

Dermpoliepe is óf gesteeld (met ’n steel aan die kolon se wand vas) óf sessiel (groei uit die wand self).[4] Hulle kan opgespoor word met ’n kolonoskopie, sigmoïdoskopie, fekale okkultbloedtoets, DNS-toets van die stoelgang, digitale rektumondersoek of barium-enema.[3]

Hulle kan tydens ’n kolonoskopie of sigmoïdoskopie verwyder word deur hulle uit te sny of brand.[3] Poliepe wat moeilik is om te hanteer omdat hulle byvoorbeeld plat teen die kolon se wand lê, kan endoskopies verwyder word met ’n tegniek bekend as endoskopiese uitsnyding – ’n vloeistof word onder die groeisel gespuit om dit te lig en chirurgie te vergemaklik.

Bogenoemde tegnieke kan gebruik word as ’n alternatief vir ’n veel ingrypender kolektomie.[5]

Verwysingswysig

  1. Santero, Michael; Dennis Lee (25 Maart 2005). "Colon polyp symptoms, diagnosis and treatment" (in Engels). MedicineNet.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 25 Oktober 2007.
  2. 2,0 2,1 2,2 Lehrer, Jenifer K. (25 Julie 2006). "Colorectal polyps" (in Engels). MedlinePlus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2016. Besoek op 25 Oktober 2007.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Colon polyps". Mayo Clinic. 16 Julie 2007. Besoek op 25 Oktober 2007.
  4. Classen, Meinhard; G.N.J. Tytgat; Charles J. Lightdale (2002). Gastroenterological Endoscopy. Thieme. p. 303. ISBN 1-58890-013-4.
  5. "How I Do It" — Removing large or sessile colonic polyps. Brian Saunders; St. Mark’s Academic Institute; Harrow, Middlesex, VK. URL besoek op 9 April 2008.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media