Anton van Wouw

Nederlandsgebore beeldhouer

Anthonie (Anton) van Wouw (27 Desember 1862, Driebergen - 30 Julie 1945, Pretoria) was 'n Nederlandsgebore beeldhouer en word beskou as die vader van die beeldhoukuns in Suid-Afrika. Van Wouw was die pleegpa van die bekende skilder Jacobus Hendrik Pierneef.

Anton van Wouw
Geboortenaam Anthonie van Wouw
Gebore (1862-12-27)27 Desember 1862
Driebergen, Nederland
Sterf 30 Julie 1945 (op 82)
Pretoria, Unie van Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Veld Beeldhouwerk
Anton van Wouw Huis, Pretoria.

Van Wouw is begrawe in Rebecca-begraafplaas Pretoria-Wes.

Biografiewysig

Van Wouw het op ouderdom 28 besluit om na die ontwikkelende stad van Pretoria te trek en wag vir tien jaar vir sy eerste opdrag. Die kom toe van die finansier Sammy Marks om die Krugerstandbeeld ter ere van oud-president Paul Kruger te ontwerp wat vandag nog op Kerkplein, Pretoria staan.

In sy werk vang hy gereeld die rowwe en emosionele kern van sy onderwerp vas. Een van sy belangrikste werke is die figuur van 'n vrou wat deel uitmaak van die Vrouemonument naby Bloemfontein. Hy het saam met Frans Soff gewerk in die skep van die figuur. Hy het ook die figuur van 'n vrou en kinders gemaak wat deel is van die Voortrekkermonument in Pretoria, 'n borsbeeld van generaal Christiaan de Wet en die standbeeld van Louis Botha in Durban.

Hy het ook verskeie kleiner beelde gemaak van inheemse mense. Hulle is baie minder formeel as sy groter werk met treffende lewensgetroue gesigsuitdrukkings.

Hy ontvang in 1936 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria en in 1937 die SA Akademie Medalje vir Beeldhou.

Sy huis (ontwerp deur Norman Eaton in 1939) is as 'n museum ingerig deur die Universiteit van Pretoria in 1974.

Werkewysig

Vrou en kinders, voltooi in 1938. Die bronsbeeld wat die rol vereer wat die vrou gespeel het tydens die Groot Trek was van Wouw se laaste opdrag. Die beeld teen die voet van die Voortrekkermonument in Pretoria staan 4,1 meter hoog en weeg 2,5 ton. Die gietwerk is gedoen deur Renzo Vignali in Pretoria. Die modelle vir die standbeeld was Cato Roorda of Isabel Snyman as die vrou, Betty Wolk as die dogter en Joseph Goldstein as die seun.[1]

Galerywysig

Verwysingswysig

  1. Lit.: Cato Roorda * 3 Julie 1919, † 22 Augustus 2009. Miskende model van die beeld "Voortrekkervrou en kinders" vir die Voortrekker Monument Pretoria, deur E.M. Erasmus (Mieka) in die 2009 Yearbook of the Africana Society of Pretoria.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media