Molly en Wors: Verskil tussen weergawes

Content deleted Content added
No edit summary
Lyn 1:
'''Molly en Wors''' is 'n situasiekomedie (sitkom) wat op [[kykNET]] uitgesaai is. Die program draai rondom die disfunksionele Visagie-gesin wat binne [[Johannesburg]] in 'n luukse Toskaanse Villa woon. Die gesinslede bestaan uit Wors, Molly, Vaatjie en Blapsie. Die onderliggende humor lê in ironie, die ontbloting van dubbele standaarde, sinspeling, sowel as die "parvenu" wat tot uiting kom.
 
== Rolverdeling ==
Die hoofrolspelers is as volg:
* [[Willie Esterhuizen]] as Wors Visagie
Lyn 12:
* [[Albert de Villiers]] as Hardus Vogel
 
== Karakters ==
=== Worsie Visagie ===
Worsie is die hoof van die huis. Hy werk bedags by 'n onderneming wat batterye verkoop. Hy gebruik gereeld die werk as verskoning om sosiale geleenthede (partytjies en streelkastele) by te woon en tree verontskuldigend op sodra hy uitgevang word. Sy straf is dan om in die vrykamer die nag deur te bring. Worsie is verskriklik jaloers op Dokter Proctor.
 
=== Molly Visagie ===
Ook bekend as ''jou ronde vroutjie'', soos Ella Visagie haar noem. Molly werk bedags by 'n tandarts, maar maak ook soggens die ontbyt, verseker dat die huis skoon is en versinnebeeld soortvan die “volksmoeder”. Sy dra ook elke laatmiddag Worsie se koffie vir hom aan.
Sy kry psigosomatiese aanvalle sodra sy ontsteld is. Sy gryp dan na die bottel vuurwater in die papboks onder die wasbak. Net soos Worsie het sy ook 'n verhoogde geslagsdrif.
Haar troetelnaampie vir Worsie is ''jou rowwe bliksem''.
 
=== Vaatjie Visagie ===
Vaatjie is die Saterdagskind van Molly en Wors. Hy is die grofste gebou van die hele Visagie-gesin en het lank gesukkel om 'n meisie te kry. Hy bly in die rondawel op die villa se erf, ry op 'n geel bromponie en studeer die kookkuns. Hoewel al in sy mid-20's, herinner sy kamer aan dié van 'n tienerseun. Hy is in 'n verhouding met Sjarmeney Verwey.
 
=== Blapsie Visagie ===
Blapsie is in vele opsigte soos haar ma – aanval is die beste verweer. Sy draai nie doekies om as sy vermoed dat sy vir die gek gehou word nie. Nietemin hou sy self daarvan om haar brood aan albei kante gebotter te hê. Sy is jaloers op Sjarmeney, wie sy vas glo haar kêrel probeer afrokkel. Blapsie studeer skoonheidskunde. Sy glo die man is die jagter wat moet sweet om haar hand te wen. Die ouens verloor egter belangstelling sodra sy dit te ver voer...
 
=== Ella Visagie ===
Ella Visagie stem bykans op 'n druppel water ooreen met die karakter van Vetkoekpaleis. Sy is uitermatig preuts, verbitterd, puntenerig en 'n helleveeg vir 'n skoonmoeder. Ella is veral berug vir haar harde kopklappe waarmee sy die mans tugtig. <br />
Tog is die lagie vernis maar dun. Haar skynheiligheid skep 'n komiese karakter. Sy bedel openlik geld by Worsie om haar dobbellus te bevredig (in casino's, maar ook op straathoeke), gebruik by tye sterk taal, drink sterk drank en knyp die kat in die donker by Huis Lelieveld (''mnr Errol Kotzé''). <br />
Een opvallende maniërisme is haar memoires oor Worsie se pynlike geboorte as instrumentbaba. Sy haal dit veral op as iemand die woord “pyn” of “seer” besig.
 
=== Theunis van Rooyen ===
Theunis (ook bekend as ''jou Rubbish (van Rooyen)'') is Blapsie se minnaar; hy is ook Vaatjie, haar broer, se boesemvriend. Theunis gebruik gereeld die verskoning “ek kom uit 'n gebroke huis” om sy dade te regverdig of om sy verontregte omstandighede waarin hy leef te verklaar. Hy is bitter jaloers indien iemand anders in Blapsie se oog is, maar is self ontrou. Dieselfde in sy ma se geval. Sjarmeney se tatoeëermerke prikkel hom geweldig baie – tot so 'n mate dat sy vriendskap met Vaatjie en verhouding met Blapsie in die gedrang is.
 
=== Sjarmeney Verwey ===
Sjarmeney is die verpersoonliking van “sjarme” en plek-plek “kinderlikheid” self. Haar liggaam is oortrek met tatoeëermerke en sy's ligkens soos 'n Baby Bat Goth geklee. Soos baie van haar Suid-Afrikaanse tydgenote behoort sy glad nie tot die Goth-subkultuur self nie, maar vind slegs in die kleredrag byval. Sy studeer skoonheiddeskunde en het 'n sterk afkeer in pienk. Haar ouers is twee Hippies. Net soos Blapsie, speel sy ook haar twee minnaars (in hierdie geval Vaatjie en Theunis) teen mekaar af. <br />
Sjarmeney dink dat Blapsie die lewe te ernstig opneem en meer 'n leef-en-laat-leef-houding moet ontwikkel, sowel as om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan.
 
=== Hardus Vogel ===
Ook bekend as ''daai flippen Hardus Vogel!'' is Theunis se grootste mededinger met betrekking tot Blapsie, maar is terselfdertyd ook sy drinkebroer. Om Blapsie se aandag te trek, spog Hardus met sy maagspiere. Hy is saggeaarder as Theunis, maar is egter ook arrogant en uittartend. Hy bly tans in die Kaap.
 
=== Ongesiene karakters ===
* A.P. Visagie – die oorlede man van Ella Visagie.
* Neville Naidoo – Worsie se kollega
* Dokter Proctor – “daai bek-mechanic”; Molly se werkgewer.
* Antie Poppie (Delport)– Ella se suster (het vir Ella meegedeel dat haar portret nie in die sitkamer hang nie)
* Ratkas van Rensburg – Blapsie se oplossing om die twis tussen Hardus en Theunis te beëindig.
 
== Sien ook ==
* [[Molly en Wors (rolprent)|Molly & Wors die Movie]], rolprent wat in 2013 vrygestel is
 
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieprogramme]]
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media