Spaghetti

Lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong

Spaghetti is lang, dun, silindriese pasta van Italiaanse en Sisiliaanse oorsprong.[1] Spaghetti word gemaak van semolina of meel en water. Italiaanse gedroogde spaghetti word van durumkoring of semolina gemaak. In sommige lande word spaghetti sowel as durum-pasta asook eierpasta aangebied. Vir die laasgenoemde word eiers by die pastadeeg gevoeg.

Spaghetti gehang om droog te word.

Spaghetti is rond in dwarssnee, met 'n deursnit van sowat twee millimeter in gekookte vorm. Tradisioneel was meeste spaghetti sowat 50 cm lank, maar korter stukkies het gewild geword later in die 20ste eeu; spaghetti is nou orals beskikbaar in lengtes van tussen 25 en 30 sentimeter.

Die term spaghetti is uit Italiaans ontleen. Dit het sy etimologiese wortel in die Latynse spacus ("snoer") waaruit die Italiaanse spago ontwikkel het. Die verkleinwoord daarvan, spaghetto, word in die meervoud (spaghetti) gebruik om na een bepaalde soort lang en dun pasta te verwys. In Italië word daar onderskeiding gemaak tussen besonder dik (spaghettoni) en besonder dun spaghetti (spaghettini). Capellini is selfs nog dunner as spaghettini.

Voorbereidingwysig

Spaghetti word in 'n groot kastrol met gesoute kookwater gekook en gedreineer in 'n vergiettes.

Spaghetti aan die kook.
Spaghetti "pomodoro & basilico" (tamatiesous en basiliekruid)
Klassieke spaghetti.

Verbruikwysig

Jaarlikse verbruik van spaghetti in Italië het verdubbel van 14 kg per persoon voor die Tweede Wêreldoorlog tot 28 kg teen 1955.[2] Italië produseer teen daardie tyd 1 432 990 ton spaghetti, waarvan 74 000 ton uitgevoer is, en het 'n produksiekapasiteit van 3 miljoen ton per jaar.[2]

Verwysingswysig

  1. spaghetti. Dictionary.com. Dictionary.com Unabridged (v 1.1). Random House, Inc. http://dictionary.reference.com/browse/spaghetti (besoek: 3 Junie 2008).
  2. 2,0 2,1 Salerno, George (13 Desember 1956). "Spaghetti consumption increases as national dish in Italy". Wilmington Morning Star. Vol. 90, no. 52. Wilmington, Noord-Carolina. United Press.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media