Southern Spears (Superrugbyspan)

Die Southern Spears was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat in 2005 gestig is met die doel om van 2007 aan die Super 14 deel te neem. Hulle voorgestelde toetrede tot die kompetisie het egter gelei tot ’n mate van kontroversie in Suid-Afrikaanse rugby. In April 2006 is die Spears toetrede tot die Super 14 geweier omdat hulle in ’n ongunstige finansiële toestand verkeer het. Na hierdie besluit het die Spears in effek gesterf. ’n Nuwe Super 14-span, met Port Elizabeth as basis, is in 2009 bekendgestel maar is die Southern Kings genoem en word nie verbind met die Spears nie.

Southern Spears
Stigting2005
LiggingPort Elizabeth, Suid-Afrika
StreekOos-Kaap, Overberg, Sentraal Karoo, Eden
StadionBoet Erasmus-stadion (stadion later afgebreek)
Kapasiteit33 852
Afrigter(s)Peter de Villiers (destyds)[1]
Kaptein(s)Ashley Johnson (destyds)[1]
Spankleure


Amptelike webwerf
www.thespears.co.za

Geskiedeniswysig

Bod om toetrede tot die Super 14wysig

Hierdie konsessie wat die spilpunt van maande se binnegevegte tussen Suid-Afrika se Minister van Sport, die land se Super 14-konsessiekomitees en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU). Weens die vergroting van die Super 12 na die Super 14 wat in 2006 plaasgevind het, was Suid-Afrika geregtig op ’n vyfde span in die kompetisie. Ses groeperings het aansoek gedoen vir die konsessies — die vier bestaande konsessies (Bulls, Cats, Sharks en Stormers), ’n groep wat die Vrystaat en die Noord-Kaap verteenwoordig en ’n groep wat die Suidelike- en Oos-Kaap (SOK) verteenwoordig. Daar is aanvaar dat die bestaande unies sou aanbly in die kompetisie dus was die geveg om 'n plek tussen die laasgenoemde twee groepe.

Uiteindelik is die Vrystaat-Noord-Kaap groep tot die 2006 Super 14-seisoen toegelaat as die Cheetahs. Die SOK-groep is egter ’n plek in die volgende twee seisoene belowe. Om hulle te akkommodeer is ’n promosie/relegasie-stelsel ingestel. In 2006 was die plan oorspronklik dat die Suid-Afrikaanse span wat die swakste gevaar het gerelegeer sou word om plek te maak vir die Spears. In 2007 sou die swakste Suid-Afrikaanse span (met die Spears hier uitgesluit) teen die gerelegeerde span van 2006 speel om te bepaal wie die vyfde Suid-Afrikaanse span vir 2008 sou wees. Aan die einde van die 2008-seisoen sou die Spears dus ook vatbaar wees vir moontlike relegasie van die kompetisie.

Op 8 Junie 2005 het die Presidentsraad van SA Rugby ’n bindende wetlike ooreenkoms onderteken waarin SA Rugby onderneem het om die Spears finansieel te ondersteun tot en met Desember 2006.[2] SA Rugby sou ook sorg vir borge en die Spears sou in die 2006 Curriebeker speel en verseker wees van plek in die 2007 en 2008 Super 14-seisoene. Hierdie besluit is op 2 Desember 2005 deur die Suid-Afrikaanse Rugbyraad bevestig en al hierdie wedstrydbepalings is ingesluit in ’n definitiewe Konsessiedeelname-ooreenkoms wat op 7 Februarie 2006 deur die Spears onderteken is.

Curriebeker en Super 14wysig

In 2006 sou die Spears aan die Curriebeker se boonste liga deelneem in ’n poging om ’n span te bou vir hulle 2007-debuut in die Super 14. Daar was noemenswaardige opposisie teen die Spears se outomatiese insluiting in die Super 14 in 2007 van die bestaande Superrugbyspanne. Die bestaande spanne wou gehad het dat die Spears teen die swakste Suid-Afrikaanse span in die Super 14 moet uitspeel vir ’n plek in die volgende jaar se Super 14. Een van die groot terugslae wat die Spears getref het was dat Brian van Rooyen, president van SARU, by die algemene vergadering van 2006 nie herkies is nie. Van Rooyen was ’n voorstander van die Spears se outomatiese insluiting in Superrugby. Sy opvolger, Oregan Hoskins wou die promosie/relegasie-idee van Van Rooyen drasties verander of moontlik skrap.

Aan die Spears is gesê dat hulle weens kwessies oor mededingendheid nie in die 2007 Super 14 ingesluit sou word nie. Daar was ook vrae oor "ongemagtigde wetlike kommunikasie aan SA Rugby (die kommersiële been van SARU wat oorsig hou oor Superrugby in Suid-Afrika) en ’n tekort aan finansiële verslagdoening in die Spears se organisering" terwyl SA Rugby (Edms.) Bpk. alle finansiële uitgawes gedra het en dat alle spelers en personeel van die Spears gelys was as werknemers van SA Rugby en die Uitvoerende Beampte, Tony McKeever, het die teiken geword van ’n veldtog om hom te marginaliseer en hy is "geskors hangende ’n ondersoek."[3]

Regstrydwysig

McKeever het die Presidentsraad se resolusie van 8 Junie 2005 plus ondersteunende dokumente waarin SA Rugby hierdie ooreenkoms ondersteun, voor die hooggeregshof gebring. Hierdie dokumente het McKeever se saak ondersteun waarin hy aanvoer dat SA Rugby die konsessie laat vaar het en dat hulle misluk het om by die ooreenkoms te bly wat op 2 Desember 2005 deur SA Rugby bekragtig is.

Op 21 Julie het die Kaapse Hooggeregshof die slotargumente aangehoor van die Spears en SARU/SA Rugby (Edms.) Bpk. Die Spears het geargumenteer dat SARU en SA Rugby volgens die wet gebind is om die Spears by die kompetisie in te sluit terwyl SARU geargumenteer het dat daat geen wetlike verbinding was tussen die twee partye nie.

In Augustus 2006 het die Hooggeregshof van Suid-Afrika beslis dat die Spears ’n geldige kontrak met SARU en SANZAR gehad het om aan die Super 14 en die Curriebeker deel te neem. Weens die organisasie se finansiële en administratiewe probleme is daar egter in November 2006 ’n skikking bereik. Die Spears het hulle hofsaak laat vaar en beplan om te bly voortbestaan selfs al neem hulle nie aan die Super 14 deel nie. Ten spyte van hierdie beplanning het die Spears kort daarna ontbind.

Nuwe Port Elizabeth-spanwysig

In Januarie 2009 het SARU aangekondig dat ’n nuwe konsessie in die Suidoos-Kaapgebied in Junie van daardie jaar bekend gestel sou word om saam te val met die koms van die Britse en Ierse Leeus na Port Elizabeth vir een van hul midweek toerwedstryde. Die SOK-konsessie is bekendgestel met die oog op deelname aan Superrugby maar daar is toe geen skedule vir die span se insluiting uiteengesit nie. Daar is bevestig dat die nuwe span nie as die Southern Spears bekend sou staan nie.[4]

Liggingwysig

Die Spears was bestem om spelers van die volgende provinsiale unies in Suid-Afrika te kry: Grens Bulldogs wat die oostelike helfte van die Oos-Kaap verteenwoordig, SWD Arende wat die Overberg, Sentrale Karoo en Eden verteenwoordig en die OP Olifante wat die westelike helfte van die Oos-Kaap verteenwoordig.

Die bedoeling was dat die Spears se tuisveld die Boet Erasmus-stadion in Port Elizabeth sou wees waar die span se hoofkwartier was.[5]

Klerewysig

Die Spears se trui was oorwegend rooi met wit en swart wat die sekondêre kleure was. Die span het met ’n swart broek en wit kouse gespeel. Volgens die amptelike webblad sou die span se primêre kleure ’n rooi trui en broek en wit afwerking en wit kouse met rooi afwerking gewees het[6] en die sekondêre kleure sou ’n wit trui met rooi afwerking, swart broek en rooi kouse met swart afwerking.[7]

Spanwysig

Die Southern Spears het oorspronklik ’n kern van 22 spelers gehad waarvan ses van die Grens af gekom het, vier van SWD en 12 van die Oostelike Provinsie. Van hierdie spelers was daar drie in die Springbok o/21-span wat deelgeneem het aan die o/21-Wêreldbeker. Hulle was die kaptein Ashley Johnson, Warren Malgas en Isma’eel Dollie.

Ná die hofbevel in die helfte van Augustus het mense die slaankrag van die Spears begin bevraagteken. Toe die Spears se toekoms in onsekerheid gehul is moes verskeie van die spelers by ander klubs aansluit. Johnson is na die Vrystaat, Dollie is na die Westelike Provinsie toe en Ashton Constant is na die Pumas om daar verder te speel.[8]

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Southern Spears Squad". thespears.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 10 Februarie 2012. Besoek op 7 April 2010.
  2. "Spears accuse rival rugby teams of foul play" (in Engels). busrep.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 16 Maart 2005. Besoek op 7 April 2010.
  3. (en) "Spears in call for money from fans". thespears.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 14 Februarie 2010. Besoek op 8 April 2010.
  4. (en) http://www.sarugby.co.za/default.asp?des=article&id=284026 Geargiveer 16 Januarie 2009 op Wayback Machine
  5. (en) "Spears can reach for the sky with new sponsor". int.iol.co.za. Besoek op 11 Augustus 2006.
  6. "Spears 2005 Home Jersey". thespears.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 26 Desember 2007. Besoek op 7 April 2010.
  7. "Spears 2005 Away Jersey". thespears.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 26 Desember 2007. Besoek op 7 April 2010.
  8. "Did the Spears really win?". planet-rugby.com. Besoek op 9 Augustus 2006.[dooie skakel]

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media