Sokker-Wêreldbeker

Internasionale vereniging sokkerkompetisie wat deur die senior mans nasionale span meegeding word

Die FIFA Sokker-Wêreldbeker (Engels: FIFA World Cup) is 'n sokkerwêreldkampioenskapstoernooi wat al om die vier jaar tussen internasionale mansspanne (wat lede van FIFA is) beslis word. Die toernooi is gereeld al om die vier jaar aangebied sedert dit vir die eerste keer in 1930 in Uruguay beslis is, met die uitsondering van 1942 en 1946 toe dit weens die Tweede Wêreldoorlog nie kon plaasvind nie. Die huidige verdedigende wêreldkampioen is Argentinië wat die 2022-toernooi in Katar gewen het.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
Beskrywing.
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertrofee waarom sedert 1974 meegeding word

SportsoortSokker
Gestig1930
EienaarFIFA
Inwydingseisoen1930
Deelnemende landewêreldwyd
Aantal spanne48
Mees onlangse kampioenVlag van Argentinië Argentinië (2022)

Die huidige formaat van die kampioenskap behels 32 (vanaf 2026: 48) spanne wat om die titel meeding in stadions van die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Wêreldbekereindrondte of Wêreldbekerfinale genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van twee jaar voor die afskop plaas waartydens besluit word watter spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry sedert 1938 'n outomatiese plasing; net die gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934, Italië, moes in die destydse kwalifikasiefase meeding. Die verdedigende kampioen het vanaf 1938 tot 2006 ook die reg van outomatiese kwalifisering geniet. Interessant genoeg was die verdedigende kampioen nooit die gasheer van die volgende toernooi nie, dus was daar altyd minstens twee spanne wat outomaties gekwalifiseer het.

Oor die 22 toernooie wat tot dusver aangebied is, het agt lande al die titel ingepalm. Brasilië het 'n rekord vyf keer gewen en is ook die enigste span wat tot dusver in al die toernooie meegeding het. Duitsland en Italië het vier elk keer gewen. Die ander wenners sluit in Argentinië met drie titels, Frankryk en Uruguay met twee titels elk, en Engeland en Spanje met een titel elk. Ander lande wat gereeld meeding soos België, Meksiko en Nederland kon nog nie daarin slaag om die beker in te palm nie.

Die toernooie word as die sportbyeenkoms met die meeste kykers ter wêreld beskou met ongeveer 715,1 miljoen mense wat in 2006 na die eindwedstryd in Duitsland gekyk het.[1] Die suksesvolste toernooi tot dusver was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 in die Verenigde State met 'n bywoning van amper 69 000 toeskouers per wedstryd.[2]

Die volgende wêreldbekertoernooi sal in 2026 gesamentlik in Kanada, Meksiko en die Verenigde State plaasvind. Met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 vind die eeufeesviering nes die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 weer in Montevideo plaas, waarna die toernooi na Marokko, Portugal en Spanje verskuif.

Uitslaewysig

JaarLand(e)FinaleDerde plek
WennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande
1930
Oorsig
 Uruguay  Uruguay4:2  Argentinië  Verenigde State  Joego-Slawië13
1934
Oorsig
 Italië  Italië2:1 e. T.  Tsjeggo-Slowakye  Nazi-Duitsland3:2  Oostenryk16
1938
Oorsig
 Frankryk  Italië4:2  Hongarye  Brasilië4:2  Swede16
1950
Oorsig
 Brasilië  Uruguay2:1  Brasilië  Swede3:1  Spanje13/16
1954
Oorsig
 Switserland  Wes-Duitsland3:2  Hongarye  Oostenryk3:1  Uruguay16
1958
Oorsig
 Swede  Brasilië5:2  Swede  Frankryk6:3  Wes-Duitsland16
1962
Oorsig
 Chili  Brasilië3:1  Tsjeggo-Slowakye  Chili1:0  Joego-Slawië16
1966
Oorsig
 Engeland  Engeland4:2 e. T.  Wes-Duitsland  Portugal2:1  Sowjetunie16
1970
Oorsig
 Meksiko  Brasilië4:1  Italië  Wes-Duitsland1:0  Uruguay16
1974
Oorsig
 Wes-Duitsland  Wes-Duitsland2:1  Nederland  Pole1:0  Brasilië16
1978
Oorsig
 Argentinië  Argentinië3:1 e. T.  Nederland  Brasilië2:1  Italië16
1982
Oorsig
 Spanje  Italië3:1  Wes-Duitsland  Pole3:2  Frankryk24
1986
Oorsig
 Meksiko  Argentinië3:2  Wes-Duitsland  Frankryk4:2 e. T.  België24
1990
Oorsig
 Italië  Wes-Duitsland1:0  Argentinië  Italië2:1  Engeland24
1994
Oorsig
 Verenigde State  Brasilië0:0 e. T.
3:2 n. S.
 Italië  Swede4:0  Bulgarye24
1998
Oorsig
 Frankryk  Frankryk3:0  Brasilië  Kroasië2:1  Nederland32
2002
Oorsig
 Suid-Korea
 Japan
 Brasilië2:0  Duitsland  Turkye3:2  Suid-Korea32
2006
Oorsig
 Duitsland  Italië1:1 e. T.
5:3 n. S.
 Frankryk  Duitsland3:1  Portugal32
2010
Oorsig
 Suid-Afrika  Spanje1:0 e. T.  Nederland  Duitsland3:2  Uruguay32
2014
Oorsig
 Brasilië  Duitsland1:0 e. T.  Argentinië  Nederland3:0  Brasilië32
2018
Oorsig
 Rusland  Frankryk4:2  Kroasië  België2:0  Engeland32
2022
Oorsig
 Katar  Argentinië3:3 e. T.
4:2 n. S.
 Frankryk  Kroasië2:1  Marokko32
2026
Oorsig
 Kanada
 Meksiko
 Verenigde State
48
2030
Oorsig
 Marokko
 Portugal
 Spanje
Gashere vir die drie openingswedstryde:
 Argentinië
 Paraguay
 Uruguay
48
2034
Oorsig
n.v.t.48

Statistiekwysig

Beste uitslae van deelnemende lande en gashere
PlekLandTitelWêreldbeker
1
 Brasilië51958, 1962, 1970, 1994, 2002
2
 Duitsland41954, 1974, 1990, 2014
 Italië41934, 1938, 1982, 2006
4
 Argentinië31978, 1986, 2022
5
 Frankryk21998, 2018
 Uruguay21930, 1950
7
 Engeland11966
 Spanje12010

Eerste deelnameswysig

1930  Argentinië  België  Bolivië  Brasilië
 Chili  Frankryk  Joego-Slawië  Meksiko
 Paraguay  Peru  Roemenië  Uruguay
 Verenigde State
1934  Egipte  Hongarye  Italië  Nazi-Duitsland
 Nederland  Oostenryk  Spanje  Swede
 Switserland  Tsjeggo-Slowakye
1938  Kuba Indonesië  Noorweë  Pole
1950  Engeland
1954  Skotland  Suid-Korea  Turkye  Wes-Duitsland
1958  Noord-Ierland  Sowjetunie  Wallis
1962  Bulgarye  Colombia
1966  Noord-Korea  Portugal
1970  El Salvador  Israel  Marokko
1974  Australië  Haïti  Oos-Duitsland  Zaïre
1978  Iran  Tunisië
1982  Algerië  Honduras  Kameroen  Koeweit
 Nieu-Seeland
1986  Denemarke  Irak  Kanada
1990  Costa Rica  Ierland  Verenigde Arabiese Emirate
1994  Griekeland  Nigerië  Rusland  Saoedi-Arabië
1998  Jamaika  Japan  Joego-Slawië  Kroasië
 Suid-Afrika
2002  Ecuador  Senegal  Slowenië  Volksrepubliek China
2006  Angola  Ghana  Ivoorkus  Oekraïne
 Serwië en Montenegro  Togo  Trinidad en Tobago  Tsjeggië
2010  Serwië  Slowakye
2014  Bosnië en Herzegowina
2018  Panama  Ysland
2022  Katar

Triviawysig

StellingSpelerSpanPeriode
Meeste deelnames  Brasilië1930 – hede (het aan al die toernooie deelgeneem)
Meeste doelpunte aangetekenMiroslav Klose (16 doele)  Duitsland2002–2014
Meeste doelpunte aangeteken tydens 'n WêreldbekerJust Fontaine (13 doele)  Frankryk1958

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "2006 FIFA World Cup broadcast wider, longer and farther than ever before". FIFA. 6 Februarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2015. Besoek op 13 Junie 2018.
  2. (en) "FIFA World Cup competition records" (PDF). FIFA. p. 2. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 17 Junie 2018.

Bronwysig

  • (en) Brian Glanville (2005). The Story of the World Cup. Faber. p. 44. ISBN 0-571-22944-1.

Eksterne skakelswysig


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media