Soechoemi

Soechoemi (Abchasies: Аҟəа, Aqwais; Georgies: სოხუმი, Sochoemi, [sɔχumi], ; Russies: Сухум, Soechoem, [sʊˈxum(ʲɪ)]) is die hoofstad van Abchasië, 'n omstrede gebied in Georgië. Die stad het in 2018 'n bevolking van sowat 65 400 gehad.

Soechoemi
სოხუმი
Аҟəа / Aqwais

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Georgië Georgië
 ProvinsieVlag van Abchasië Abchasië
 Koördinate43°00′N 41°01′O / 43.000°N 41.017°O / 43.000; 41.017
 Stigting6de eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal372 vk km
 Hoogte bo seevlak5–140 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2018)65 439[1]
 - Bevolkingsdigtheid175/vk km
 TydsoneUTC+04:00 (MSK)
 BurgemeesterBeslan Esjba

Soechoemi is 'n stad in 'n wye baai aan die Swartsee se oostelike kus. Dit is beide die hoofstad en grootste stad van die Republiek Abchasië, wat dit sedert die Abchasië-oorlog in 1992–93 beheer. Abchasië word egter internasionaal as deel van Georgië beskou. Die stad, wat 'n lughawe het, is 'n hawe, groot spooraansluiting en 'n vakansieoord vanweë sy strande, sanatoriums, mineraalwater-spa's en semitropiese klimaat. Dit is ook 'n lid van die Internasionale Swartseeklub.[2]

Geskiedeniswysig

Soechoemi se vesting in die 1830's
Soechoemi in 1912. Vroeë kleurfoto deur Sergei Prokudin-Gorskii

Soechoemi se geskiedenis kan teruggevoer word na die 6de eeu v.C., toe dit deur Grieke gevestig is, wat dit Dioscurias genoem het. Gedurende hierdie tyd en die daaropvolgende Romeinse tydperk het 'n groot deel van die stad onder die Swartsee verdwyn. Die stad is Tskhumi genoem toe dit deel geword het van die Koninkryk Abchasië en toe die Koninkryk Georgië. Dit is deur plaaslike prinse betwis en het in die 1570's deel van die Ottomaanse Ryk geword, wat so gebly het totdat dit in 1810 deur die Russiese Ryk verower is.

Na 'n tydperk van konflik tydens die Russiese Burgeroorlog, het dit in 1918 deel geword van die onafhanklike Georgië, wat Abchasië ingesluit het.[3] In 1921 is die Demokratiese Republiek Georgië deur Sowjet-bolsjewistiese magte uit Rusland beset. Binne die Sowjetunie is dit as 'n vakansieoord beskou. Die huidige bevolking van 65 000 is slegs die helfte van die bevolking wat teen die einde van die Sowjet-heerskappy daar gewoon het.

Huidige toedragwysig

Soechoemi Botaniese Tuin

Toe die Sowjetunie in die vroeë 1990's opgebreek het, het die stad aansienlike skade gely tydens die Abchasies-Georgiese konflik. Tydens dié oorlog het die stad en sy omgewing byna daagliks onder lugaanvalle en artilleriebestoking gely, met swaar burgerlike ongevalle. Op 27 September 1993 is die stryd om Soechoemi afgesluit deur ’n volskaalse veldtog van etniese suiwering teen sy meerderheid Georgiese bevolking, insluitend lede van die pro-Georgiese Abchasiese regering (Zhiuli Sjartawa, Raul Esjba en andere) en die burgemeester van Soechoemi, Goeram Gabiskiria.

Alhoewel die stad tans relatief vreedsaam en gedeeltelik herbou is, ly dit steeds onder die nagevolge van die oorlog, en het dit nie sy vroeëre etniese diversiteit herwin nie. ’n Relatief groot infrastruktuurheropbouprogram is in 2019–2020 van stapel gestuur wat fokus op die opknapping van die waterfront, die herbou van stadspaaie en die skoonmaak van stadsparke.

Die bevolking was 65 716 in 2017, vergeleke met ongeveer 120 000 in 1989. Gedurende die somervakansieseisoen verdubbel en verdriedubbel sy bevolking gewoonlik met ’n groot invloei van internasionale toeriste.[4]

Susterstedewysig

Verwysingswysig

  1. (ru) "Государственный комитет Республики Абхазия по статистике". ugsra.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 7 September 2022.
  2. (en) "International Black Sea Club, members". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2011. Besoek op 30 Mei 2008.
  3. (en) "Abkhazia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 September 2022.
  4. (ru) "население абхазии". www.ethno-kavkaz.narod.ru.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media