Slowakye

Slowakye (Slowaaks: Slovensko, [ˈsloʋensko], ), amptelik die Slowaakse Republiek (Slovenská republika, [ˈsloʋenskaː ˈrepublika], ), is 'n landingeslote land en jong republiek in Sentraal-Europa wat op 1 Januarie 1993 met die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye gevorm is.

Slowaakse Republiek
Slovenská republika (Slowaaks)
Vlag van SlowakyeWapen van Slowakye
VlagWapen
Volkslied: Nad Tatrou sa blýska
(Slowaaks vir: "Weerlig oor die Tatra")
Ligging van Slowakye
HoofstadBratislava

48°09′N 17°07′O / 48.150°N 17.117°O / 48.150; 17.117

Grootste stadBratislava
Amptelike taleSlowaaks
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Zuzana Čaputová
Ľudovít Ódor
Onafhanklikheid
Eerste Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Tweede Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Outonome Land Slowakye
binne Tsjeggo-Slowakye
• Eerste
Slowaakse Republiek
• Derde Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Vierde Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Tsjeggo-Slowaakse
Sosialistiese Republiek
• Slowaakse
Sosialistiese Republiek
• Slowaakse Republiek
• Ontbinding van Tsjeggo-Slowakye
van Oostenryk-Hongarye
28 Oktober 1918
30 September 1938

23 November 1938
vasal van Nazi-Duitsland
14 Maart 1939
24 Oktober 1945
1948

11 Julie 1960

1 Januarie 1969
1 Maart 1990
1 Januarie 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
49 035 km2  (127ste)
18 933 myl2
0,72 (2015)[1]
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
5 464 060[2] (117de)
5 460 185[3]
111 / km2 (88ste)
287,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$225,706 miljard[4] (70ste)
$41 515[4] (44ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$127,533 miljard[4] (62ste)
$23 458[4] (47stede)

MOI (2021) 0,848[5] (45ste)  –  baie hoog
Gini (2021)21,8[6](8ste) –  laag
GeldeenheidEuro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD.sk
Skakelkode+421
'n Ongewone argitektoniese huldeblyk aan die Europese Unie: Op die stadjie Komárno se Europaplein het huise ontstaan wat die tipiese boukuns van alle EU-lidlande uitbeeld

Die land word begrens deur Tsjeggië (die tweede opvolgerstaat van Tsjeggo-Slowakye) in die weste, Pole in die noorde, Oekraïne in die ooste, Hongarye in die suide en Oostenryk in die suidweste. Die hoofstad Bratislava is ook die grootste nedersetting in die land.

Die land is grotendeels bergagtige gebied, wat tydens die twintigste eeu 'n geheel gevorm het met die taalkundige en kulturele nou-verwante Tsjeggië, wat egter 'n heel ander ontwikkeling meegemaak het. Tussen die laat 5de en vroeë 6de eeu n.C. het Slawiërs hulle in die gebied gevestig. Hul vroegste politieke entiteit was die 7de eeuse Ryk van Samo, 'n Frankiese koopman. Later was Slowakye een van die kerngebiede van die vroeg-Middeleeuse Morawiese Ryk.

Slowakye het vanaf die 10de eeu die noordelike deel van die Koninkryk Hongarye gevorm. Ná die Mongole-inval van 1241 het Duitse setlaars hulle in die gebied gevestig. Saam met Hongarye het Slowakye in 1526 deel van die Habsburgse monargie, in 1804 van die Keiserryk Oostenryk en in 1867 van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie geword. Die emansipasie van die Slowaakse volk, wat vir die grootste deel van sy geskiedenis onder Hongaarse bewind was, het betreklik laat ontwikkel, en eers vanaf die 16de eeu het die Slawiese bewoners na hulself as Slowake begin verwys.

Slowakye was tot in die 18de eeu 'n gebied van groot politieke, ekonomiese en kulturele belang vir Hongarye, veral nadat baie ander landsdele deur die Ottomaanse Ryk beset is. Hongaarse konings is in Bratislava gekroon, terwyl Sentraal-Slowakye tot 'n beduidende mynbougebied ontwikkel het. Nog tot die middel van die 19de eeu was Slowakye die mees ontwikkelde streek in Hongarye. Die industrialisering van die gebied was egter beperk tot enkele streke en het ook nie gepaard gegaan met 'n verstedelikingsproses nie. Die landelike karakter van Slowakye het sodoende bewaar gebly.

'n Nasionale Slowaakse beweging het gaandeweg in die 19de eeu ontstaan, alhoewel baie Tsjegge die Slowaakse volk indertyd nie as 'n selfstandige nasie erken het nie. Gewoonlik is hulle as deel van die Tsjeggiese volk beskou.

Slowakye is tans een van die lidstate van die Europese Unie. Die bevolking het op 18 Mei 2003 in 'n referendum vir toetreding gestem. Dit het uiteindelik plaasgevind op 1 Mei 2004. Sedert 29 Maart 2004 is Slowakye ook 'n lidstaat van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).

Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Etimologie Bratislava-streekBratislavský kraj Bratislava669 592 Trnava-streekTrnavský kraj Trnava564 917 Nitra-streekNitriansky kraj Nitra674 306 Trenčín-streekTrenčiansky kraj Trenčín584 569 Žilina-streekŽilinský kraj Žilina691 509 Banská Bystrica-streekBanskobystrický kraj Banská Bystrica645 276 Prešov-streekPrešovský kraj Prešov826 244 Košice-streekKošický kraj Košice801 460

Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Ekonomie (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 1 April 2021.
  • (sk) "Stock of population in the SR on 30th September 2020". slovak.statistics.sk. 1 April 2021.
  • (en) "Slovakia Population 2022 (Live)". World Population Review. Besoek op 11 Julie 2022.
  • 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Slovak Republic". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 16 Mei 2023.
  • (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 16 Mei 2023.
  • (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 16 Mei 2023.
  • (sk) Uličný, Ferdinand (2014). "Toponymum Slovensko – pôvod a obsah názvu". Historický časopis. Historický ústav SAV (3): 548. ISSN 0018-2575.
  • (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Slowakye – Ekonomie
  • (de) "Slowakye – Ekonomie". Duitse Departement van Buitelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2017. Besoek op 22 Junie 2017.
  • (en) The Heritage Foundation: 2019 Index of Economic Freedom – Slovakia. Besoek op 20 Februarie 2019
  • (de) "Wirtschaftsstruktur und -Chancen – Slowakei". Germany Trade and Invest (GTAI). 5 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2016. Besoek op 13 September 2016.
  • (en) tradingeconomics.com: Slovakia Imports By Country. Besoek op 20 Julie 2017
  • (en) tradingeconomics.com: Slovakia Exports By Country. Besoek op 20 Julie 2017
  • (de) Germany Trade and Invest, 7 Maart 2017: Autobauer erweitern ihre Werke in der Slowakei. Besoek op 7 Maart 2017 [dooie skakel]
  • (de) Verona en Daniela Capcarova: Marco Polo Reiseführer Slowakei. Ostfildern: Mairdumont 2017, bl. 13
  • (de) Slowakische Zentrale für Tourismus: Schätze des Unesco-Welterbes. Bratislava 2016
  • (de) Slowakische Zentrale für Tourismus: Schätze des Unesco-Welterbes. Bratislava 2016
  • (en) "Slovakia". Internasionale Yshokkievereniging. 2 Februarie 1993. Besoek op 25 November 2012.
  • (en) "World of difference for KHL?". Internasionale Yshokkievereniging. 23 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2013.
  • Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Bronnelys

    🔥 Top keywords:

    Slowakye

    Slowakye (Slowaaks: Slovensko, [ˈsloʋensko], luister (hulp·inligting)), amptelik die Slowaakse Republiek (Slovenská republika, [ˈsloʋenskaː ˈrepublika], luister (hulp·inligting)), is \'n landingeslote land en jong republiek in Sentraal-Europa wat op 1 Januarie 1993 met die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye gevorm is.