Slowaaks

Wes-Slawiese taal wat in Slowakye gepraat word

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Slowake. Moenie verwar word met Sloweens nie.

Slowaaks (slovenčina, slovenský jazyk [ˈsloʋenskiː ˈjazik] ) is 'n lid van die Wes-Slawiese taalgroep. Dit word deur sowat 6,9 miljoen mense, vernaamlik in Slowakye, waar dit die amptelike taal is, gepraat, asook in kleiner taaleilande in Hongarye, Kroasië, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Slowenië en Tsjeggië. As minderheidstaal word dit ook deur immigrante in onder andere die Verenigde State en Kanada gebesig. Sedert 1 Mei 2004 is Slowaaks een van die amptelike tale van die Europese Unie.

Slowaaks
slovenčina
Gepraat in:Vlag van Slowakye Slowakye
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Serwië Serwië
Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Kroasië Kroasië 
Gebied:Sentraal-Europa
Totale sprekers:5,1 miljoen (moedertaal)
1,7 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang:106
Taalfamilie:Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Tsjeggo-Slowaaks
    Slowaaks 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Slowakye Slowakye
Vojvodina (Serwië)
Gereguleer deur:Instituut van Slowaaks
Taalkodes
ISO 639-1:sk
ISO 639-2:slk
ISO 639-3:slk 
Verspreiding van Slowaaks
Verspreiding van Slowaakse dialekte in Slowakye
Verspreiding van tale in voormalige Tsjeggo-Slowakye in 1930

Slowaaks word, net soos die nou verwante Kasjoebies, Sorbies, Tsjeggies en Pools, in die Latynse Alfabet geskryf. In teenstelling met Tsjeggies, wat vandag as standaardtaal in die hele Tsjeggië gepraat word, is daar drie dialekgroepe, Wes-, Sentraal- en Oos-Slowaaks. Die moderne Slowaakse skryftaal baseer op Sentraal-Slowaaks.

Weens Slowaaks se nou verwantskap aan Tsjeggies kan Slowake en Tsjegge mekaar maklik verstaan. Amptelike dokumente wat in die een land se ampstaal uitgereik word, word in die ander land outomaties erken. Televisieprogramme word sonder vertaling of ondertitels uitgesaai. Die jongste generasie Tsjegge en Slowake vind dit wel moeiliker om mekaar te verstaan aangesien daar ná die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye in 1993 nie meer daaglikse kontak met mekaar se tale is nie.[2]

Spore van moderne Slowaaks kan in die 19de eeu bespeur word. Daar is egter ook spore van Oud-Slowaaks in die 11de eeu.

Alfabetwysig

Die Slowaakse alfabet (Slowaaks: slovenská abeceda) baseer op die Latynse alfabet, waarby die 26 basiese letters deur drie digrawe (dz, dž, ch) en 17 letters met diakritiese tekens aangevul word, waaronder letters met akuut-aksentteken (dĺžeň), Haček (mäkčeň), umlaut (dve bodky of prehláska) en kappie (vokáň).

Die umlaute Ö en Ü maak nie deel uit van die Slowaakse alfabet nie, maar kom in eiename voor. Die medeklinkers Q, W en X word uitsluitlik in vreemde woorde gebruik.

Grammatikawysig

Slowaaks is 'n hoogs flekterende taal met ses grammatikale naamvalle.

Verwysingswysig

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Slovak" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 3 Mei 2016.
  2. "Slowakisch ist für junge Tschechen eine Fremdsprache" (in Duits). Radio Praha. 27 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op 3 Mei 2016.

Eksterne skakelswysig

Wiki Baike
Sien gerus Wiki Baike se uitgawe in Slowaaks


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Masedonies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Montenegryns, Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies | Kerkslawies (Ou Kerkslawies) | Interslawies
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media