Sleutelbeen

Die sleutelbene is lang bene wat as stutte dien tussen die skouerblaaie en borsbeen. Daar is twee: een aan die linkerkant en een regs. Die sleutelbene is die enigste lang bene in die menslike liggaam wat horisontaal lê. Saam met die skouerblaaie vorm hulle die skouergordel. In mense met min vet in dié streek van die liggaam kan die sleutelbene duidelik van buite gesien word. Dit is die bene wat die meeste breek – veral weens ’n impak op die skouers wanneer ’n mens val.[1]

Sleutelbeen
Inligting en eksterne bronne
Die sleutelbene (in rooi).
Die sleutelbene (in rooi).
’n Menslike sleutelbeen.
’n Menslike sleutelbeen.
Inligting
LatynClavicula
LiggingSkouers
AangehegRibbes
WerkingDien as stut tussen die skouerblad en borsbeen
Eksterne bronne
MeSHD002968
FMA13321
Regtersleutelbeen van bo en onder.
Linkersleutelbeen van bo en onder.

Struktuurwysig

Die sleutelbene is groot, dubbel gekromde lang bene wat die arms met die torso verbind. Hulle is net bo die eerste rib geleë en dien as stutte om die skouerblaaie in posisie te hou sodat die arms vrylik kan afhang. Mediaal (in die middel) is hulle aan die manubrium van die borsbeen vas en lateraal aan die skouerbladpunte. Die mediale punte is rond en die laterale punte plat.

Van die borsbeen af krom elke sleutelbeen vir omtrent die helfte van sy lengte sy- en voorwaarts. Dit vorm dan ’n nog groter kromming na agter om by die skouerbladpunt aan te sluit. Dié punt van die sleutelbeen is breër as die punt by die borsbeen; dit het ’n rif en ’n ronde punt waaraan spiere en ligamente van die skouer vas is.

’n Sleutelbeen kan in drie dele verdeel word: die mediale punt, laterale punt en skag.

Verwysingswysig

  1. "Busy Bones" (in Engels). 13 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2019.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media