Skotte

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Skots-Gaelies.

Die Skotte (Engels: Scots of Scottish people, Skots: Scots Fowk, Skots-Gaelies: Albannaich) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Skotland en die omliggende eilande. Histories gesien het hulle ontstaan uit 'n samesmelting van twee groepe — die Pikte en die Gaele — wat in die 9de eeu die Koninkryk van Skotland (of Alba) gestig het en vermoedelik in etnotaalkundige opsig Kelte was. Later is die naburige Kumbriese Britone, wat ook 'n Keltiese taal gepraat het, asook die Germaanstalige Anglo-Sakse en Noormanne, in die Skotse nasie integreer.

Skotte

Totale bevolking:ca. 28–40 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 6 miljoen Skotte
5,4 miljoen Skots-Iere[2][3]

Vlag van Kanada Kanada 4,7 miljoen[4]
Vlag van Skotland Skotland 4,4 miljoen[5]
Vlag van Australië Australië 1,8 miljoen[6]
Vlag van Engeland Engeland 795 000
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 760 620
Vlag van Argentinië Argentinië 100 000
Vlag van Chili Chili 80 000
Vlag van Frankryk Frankryk 45 000
Vlag van Pole Pole 15 000
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 12 792[7]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 11 160[8]
Vlag van Eiland Man Man (eiland) 2 403[9]
Vlag van Hongkong Hongkong 1 459[10][11]

Taal:Engels (Skotse Engels)
Skots-GaeliesSkots
Geloofsoortuiging:Presbiterianisme, Rooms-Katolisisme, Episkopalisme; ander minderheidsgroepe; Agnostisisme, Deïsme en Ateïsme
Verwante etniese groepe:Ander Keltiese volke soos Bretonners, Iere, Korniese en Walliesers; Engelse, Yslanders en Wikings
Skotse kilt-mode in 'n toonvenster in Buchanan Street, Glasgow

In moderne opsig word die terme "Skotse mense" of "Skotte" gebruik om na iemand te verwys wat in taalkundige, kulturele, voorvaderlike of genetiese opsig van Skotse afkoms is. Die Latynse word Scotti[12] het oorspronklik na die Gaele verwys maar word nou gebruik om na al die inwoners van Skotland te verwys.[13] Hoewel dit soms as argaïes of ongunstig beskou word,[14] word die term Scotch ook gebruik om na die Skotse mense te verwys, maar dit is hede hoofsaaklik buite Skotland gebruiklik.[15]

Daar is mense van Skotse afkoms in baie lande buite Skotland. Emigrasie, beïnvloed deur faktore soos die Hoogland en Laeveld se klane, die Skotse lidmaatskap in die Britse Ryk, en in die onlangse tyd industriële agteruitgang en werkloosheid, het tot gevolg gehad dat Skotse mense wêreldwyd gevestig het. Groot bevolkings van Skotse mense het hulle in die Nuwe Wêreld-lande van Noord- en Suid-Amerika, Australië en Nieu-Seeland, gevestig. Daar is 'n Skotse teenwoordigheid op 'n besonders hoë vlak in Kanada, wat oor die hoogste vlak van Skotse afstammelinge per inwoner in die wêreld en die tweede grootste bevolking van Skotse afstammelinge na die Verenigde State beskik. Hulle het hul Skotse tale en kultuur meegebring.[16]

Skotland het migrasie en vestiging van mense op verskillende tye oor die geskiedenis heen gesien. Die Gaele, die Pikte en die Britone het verskeie mites van oorsprong, soos die meeste Middeleeuse Europese volke.[17] Germaanse setlars, soos die Angel-Saksers, het hulle vroeg in die 7de eeu in Skotland gevestig. Skandinawiese setlaars het tydens die 8ste eeu in baie dele van Skotland voet aan wal gesit. In die Hoë Middeleeue, vanaf die heerskap van David I van Skotland, het emigrante vanuit Frankryk, Engeland en die Lae Lande na Skotland gekom. Sommige bekende Skotse vanne, insluitende dié van Bruce, Balliol, Murray en Stewart het in hierdie tyd na Skotland gekom. Vandag is Skotland een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en die meerderheid van die mense wat in Skotland leef is Britse burgers.

Verwysingswysig

  1. (en) "The Scottish Diaspora and Diaspora Strategy: Insights and Lessons from Ireland". Scottish Government. Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op 17 Maart 2015.
  2. (en) "American Community Survey 2008 by the US Census Bureau estimates 5,827,046 people claiming Scottish ancestry and 3,538,444 people claiming Scotch-Irish ancestry". factfinder.census.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2012. Besoek op 10 Februarie 2016.
  3. (en) Who are the Scots-Irish?
  4. (en) 2006 Canadian Census Geargiveer 1 November 2009 op Wayback Machine
  5. (en) "Statistical Bulletins". scotlandscensus.gov.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013. Besoek op 10 Februarie 2016.
  6. (en) "ABS Ancestry". 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2017. Besoek op 10 Februarie 2016.
  7. (en) stats.govt.nz Geargiveer 16 Junie 2016 op Wayback Machine
  8. (en) "SCOTLAND'S DIASPORA AND OVERSEAS-BORN POPULATION" (PDF). Scottish Government. Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Januarie 2018. Besoek op 17 Maart 2015.
  9. (en) http://www.gov.im/lib/docs/treasury/economic/census/censusreport2006.pdf Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine
  10. (en) https://www.gov.uk/government/uploads/system/uploads/attachment_data/file/274477/scotland_analysis_borders_citizenship.pdf#page=70
  11. (en) http://www.gov.scot/Resource/Doc/285746/0087034.pdf#Page=13 Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine http://www.gov.scot/Publications/2009/09/24095045/3 Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine
  12. (en) Roger Collins, Judith McClure; Beda el Venerable, Bede (1999). The Ecclesiastical History of the English People: The Greater Chronicle; Bede's Letter to Egbert. Oxford University Press. p. 386. ISBN.
  13. (en) Anthony Richard (TRN) Birley, Cornelius Tacitus; Cayo Cornelio Tácito. Agricola and Germany. Oxford University Press. ISBN.
  14. (en) "Scotch". Dictionary.reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 3 Oktober 2012.
  15. (en) "Scotch: Definition, Synonyms from". Answers.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 3 Oktober 2012.
  16. (en) Landsman, Ned C. (1 Oktober 2001). Nation and Province in the First British Empire: Scotland and the Americas. Bucknell University Press. ISBN.
  17. (en) Harris, Stephen J. (1 Oktober 2003). Race and Ethnicity in Anglo-Saxon Literature. Routledge (UK). p. 72. ISBN.

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media