Sjah

Sjah (شاه) is 'n Persiese woord wat koning beteken. Die woord is 'n verbastering van die proto-Indiese "kshatriya", iemand wat 'n kshatra(p) of domein regeer en dus koning is. In die Achaemenide-ryk was die eretitel van die sjah "koning der konings".

Slaapkamer van sjah Mohammad Reza Pahlavi.
Die "wit paleis" van sjah Mohammad Reza Pahlavi in Teheran.

Die woord word in die Afrikaanse woord skaak herken, van die skaakspel wat na die koning vernoem is. Die term skaakmat (sjah + Persies maata) beteken letterlik "die koning is hulpeloos". Alhoewel mat (vergelyk mart, mort) Arabies vir "dood" is en "skaakmat" dus gereeld as "die koning is dood" vertaal word, is hierdie uitdrukking reeds deur die Perse gebruik nog voordat die spel na die Arabiese wêreld versprei het.[1]

Die woord sjah kom in baie Persiese name voor:

  • Sjahkam (die wens van die koning)
  • Sjahram
  • Sjahriar (koning/regent)
  • Sjahrokh (die gesig van die koning)
  • Sjahyar (die vriend van die koning)
  • Sjahnaz (meisiesnaam, beteken: geliefde/gunsteling van die koning)

In die geskiedenis het die Persiese Ryk tientalle konings of sjahs geken, maar in die daaglikse taalgebruik geld Mohammad Reza Pahlavi as die sjah.

Bronnewysig

  1. "Shahmatjan". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2008. Besoek op 15 Junie 2010.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media