Sishen-Saldanha-spoorlyn

Die Sishen-Saldanha-spoorlyn (soms ook na verwys as die OREX-lyn) is gebou as 'n swaarvragspoorlyn om ystererts van die myne op Sishen na Saldanhahawe te vervoer. Die lengte van die spoorlyn is 861 km en is in 1976 voltooi. Die spoorlyn is geëlektrifiseer en word bedryf as 'n 50 kV-wisselstroomspoorlyn.

'n Kombinasie van ses Klas 15E (elektriese) en drie Klas 34-diesel-elektriese eenhede trek treine met tot 342 trokke met 'n kapasiteit van 100 ton elk. Die kapasiteit van die spoorlyn was na indiensstelling 18 miljoen ton per jaar. Na 'n opgraderingsprojek is die kapasiteit tans 41 miljoen ton per jaar. Daar is tans ook 'n omgewingsimpakstudie onderweg om die kapasiteit na 95 miljoen ton per jaar te vergroot.[1]

Gedurende die week van 16 Julie 2009 is 'n rekord 919 000 ton ystererts tussen Sishen en Saldanha vervoer.[2]

Roete van spoorlynwysig

Die spoorlyn begin op Sishen in die Noord-Kaap en loop dan suidoos. Dit kruis die N14 en hou steeds suidoos. Dit roete hou noord van die Langberg verby en kruis die N10 nasionale pad noord van Groblershoop. Suidoos van Groblershoop kruis dit die hoofspoorlyn vanaf De Aar na Namibië by 'n nedersetting met die naam Kleinbegin.

Hiervandaan hou die roete suidoos deur Boesmanland. Dit loop noord van Kenhardt en die Grootvloerpan verby, deur die Bokkeveldberge tot in Namakwaland. Die roete hou steeds suidoos, oor die N7 nasionale pad, tot in die Olifantsriviervallei. Dit gaan noord verby Vredendal, kruis die Olifantsrivier en swaai dan suid.

Nou hou die roete parallel met die Weskus, verby Lambertsbaai, Elandsbaai, Laaiplek, waar dit oor die Bergrivier loop, tot by Saldanhabaai. By Elandsbaai gaan die spoorlyn deur die Bobbejaansbergtonnel.

Panorama van 'n ertstrein op die Sishen-Saldanhaspoor.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2009. Besoek op 13 Augustus 2021.
  2. Beeld 16 Julie 2009
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media