NG Sinode van Midde-Afrika

(Aangestuur vanaf Sinode van Midde-Afrika)

Die Sinode van Midde-Afrika het in 1957 as derde streeksinode van die Transvaalse Kerk tot stand gekom en in 1963 ’n onafhanklik sinode geword binne die verband van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

Die kerkgebou van die NG gemeente Harare in die destydse Jamesonlaan, omstreeks 1965. Dit is ontwerp deur die Suid-Afrikaanse argitek Gerard Moerdijk vir wat tradisioneel die grootste gemeente in die NG Sinode van Midde-Afrika was.
'n Skets van die kerkgebou van die NG gemeente Mutare, ontwerp deur Wynand Louw.

Geskiedeniswysig

Tot in 1957 was die gemeentes in Suid- en Noord-Rhodesië deel van die Vrystaatse Kerk, wat die werk noord van die Limpopo in 1929 oorgeneem het by die Kaapse Kerk, wat aanvanklik met die bediening van lidmate begin het. Dit was sedert 1962 ’n deelnemende sinode van die Algemene Sinode en het in ’n stadium 29 gemeentes met 11 834 lidmate in Noord- en Suid-Rhodesië, Kenia en Tanzanië gehad.

Tydens die Algemene Sinode van 1974 is die gemeentes in Zambië aan die Vrystaat en in Oos-Afrika aan Noord-Transvaal teruggegee. Tydens die Algemene Sinode 1978 is Malawi aan die Vrystaat (Lusaka) oorgegee en word Francistown by 'n te stigte sinode in Botswana ingeskakel, sodat Midde-Afrika toe net uit Zimbabwiese gemeentes bestaan het.

Inlywing by Noordelike Sinodewysig

Die laaste moderator was ds. Dion van Dyk. In 2003, kort voor die Sinode van Midde-Afrika as ’n ring by die Sinode van Noord-Transvaal ingelyf is, het die sinode uit 16 gemeentes bestaan nadat Dutch Reformed Church in Zambia weer deel van die sinode geword het.

Die laaste leraars was di. J.G. Haasbroek, Dion van Dyk, M.J.D. Beukes, C.H. Hoffman, G.A. Breytenbach, P. Joubert, P.F. Janse van Vuuren, W.A. Pieters en Frans Maritz, saakgelastigde. Die totale getal belydende lidmate was 1 625, vergeleke met 2 000 in 1990, 5 585 in 1978 en 7 631 in 1972. Hoewel talle gemeentes jare laas getalle ingestuur het, het die totale getal lidmate in die Ring van Midde-Afrika teen 2012 waarskynlik tot minder as 1000 gedaal. Terwyl daar in 2003 nog nege leraars in Zimbabwe was, was daar in 2012, soos trouens sedert omstreeks 2008, net Breytenbach, Haasbroek, Beukes en Van Vuuren oor. Maritz is oorlede, Van Dyk is na Pretoria, Pieters is leraar in ’n ander kerkgenootskap, Hoffman is bestuurder van die Christelike Oudiovisuele Aksie (CAVA) in Harare en Joubert is van 2005 af ’n leraar aan die Oos-Rand. Van die oorspronklike 19 gemeentes in Zimbabwe was daar net 12 oor.

In 'n boodskap aan die Noordelike Sinode, wat in die nuusbrief "Verskil" van 16 April 2010 geplaas is,[1] skryf ds. Johan Haasbroek dat gerugte die ronde doen oor hernieude probleme in Zimbabwe, maar dat die situasie kalm is. Hy beaam dit in 'n onderhoud op die Kaapse radiostasie Kfm en sê lidmate het goed aangepas en dat hy vol vertroue is die NG Kerk in Zimbabwe sal oorleef.

Saakgelastigdeswysig

  • Ds. Septimus Boshoof, 1963–1966
  • Ds. Johan Theobold Hattingh, 1966–1973
  • Mnr. P. Viljoen

Moderatorswysig

Gemeentes van Sinode van Midde-Afrikawysig

Ds. S.P. Olivier het die geskiedenis van die Sinode tot omstreeks 1950 saamgevat in Ons Kerk in Rhodesië.

Gemeentes in kursief bestaan nie meer nie.

Zambië:

Zimbabwe:

Kenia en Tanzanië:

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2012. Besoek op 20 Maart 2012.

Bronnewysig

  • (nl) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
  • (af) Oberholster, prof. dr. J.J. 1964. Die Nederduitse Gerformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat. Bloemfontein: Die N.G. Kerk in die O.V.S.
  • (af) Olivier, ds. P.L., 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media