Simonstad

Simonstad (Engels: Simon's Town) is 'n dorp aan die oostekant van die Kaapse Skiereiland naby Kaapstad in die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Simonstad

Simon's Town
Voorstad
Die hawe van Simonstad.
Die hawe van Simonstad.
Simonstad is in Wes-Kaap
Simonstad
Simonstad
Koördinate: 34°11′20″S 18°26′19″O / 34.18889°S 18.43861°O / -34.18889; 18.43861Koördinate: 34°11′20″S 18°26′19″O / 34.18889°S 18.43861°O / -34.18889; 18.43861
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Kaapstad
Wyk61
Regering
 • RaadslidNicki Holderness (DA)
Oppervlak
 • Totaal19,81 km2 (7,65 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal6 569
 • Digtheid330/km2 (900/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
7995
Die ingang na die hawe op Simonstad.

Dit is genoem na die Nederlandse goewerneur van die Kaap, Simon van der Stel. Simonstad, wat aan Valsbaai geleë is, is bekend as die hoofkwartier en opleidingsentrum van die Suid-Afrikaanse Vloot. Die dorp speel al tweehonderd jaar 'n belangrike rol as militêre hawe en is oorspronklik deur die Koninklike Britse Vloot (Royal Navy) gebruik.

Die historiese middedorp.

Simonstad se St. Georgestraat word danksy 'n groot aantal historiese huise, waaronder die Huis van die Admiraliteit uit die jaar 1740, ook die "Goue Myl" genoem. Die dorp beskik oor 'n regstreekse spoorwegverbinding met die sakekern van Kaapstad en een van die gewildste sandstrande van die skiereiland, Bouldersstrand. Die strand is ook gewild by die plaaslike brilpikkewyne, wat hier - ondanks die aanwesigheid van mense - in 1985 'n kolonie gestig het.

Wapenwysig

Simonstad het van 1883 tot 1996 'n eie munisipaliteit gehad. Die raad het in 1905 'n wapen aangeneem wat deur Adalbert Bonn ontwerp is. Dit was 'n effens gedifferensieerde weergawe van die wapen van Willem Adriaan van der Stel, wat Bonn met diė van sy vader Simon van der Stel verwar het.[1][2] Die wapen is in 1957 deur die College of Arms (in Londen) aan die raad verleen. Toe die munisipaliteit in 1996 ontbind is, het die raad die oktrooi aan die Simon's Town Historical Society vir bewaring oorhandig, en dié genootskap het dit in 1999 op sy eie naam by die Buro vir Heraldiek geregistreer.[3][4]

Die blasoen is soos volg: Gevierendeel: I en IV, gedeel, regs in silwer drie rooi torings geplaas 2 en 1, links deursnede van goud en blou, in die skildhoof staande op 'n groen grond 'n pronkende pou van natuurlike kleur en in die skildvoet drie silwer pennings geplaas 2 en 1; II en III, in blou 'n uitstralende ster en in die skildhoof drie wassenaars, alles van silwer, oor alles heen 'n goue ovaalvormige hartskild, die buiterand opgekrul, belaai met 'n rooi klimmende halwe leeu uitkomend uit drie golwende groen streepbalke. Die helmteken is 'n voorstelling van Britannia wat op 'n goue vlootkroon rus; twee gekruiste ankers is agter die skild geplaas; die wapenspreuk is "Fac et spera".

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Chapman, F.P. 'How the town obtained its coat of arms' in Simon's Town Historical Society Bulletin (Julie 1973).
  2. Die wapen kom voor op 'n tabakkaart wat in 1931 uitgereik is.
  3. Simons' Town Historical Society Bulletin (Julie 1997).
  4. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
Simonstad, 1806
Standbeeld van Just Nuisance te Simonstad


Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes |Bergrivier |Bitou |Breedevallei |Kaap Agulhas |Cederberg |Drakenstein |George |Hessequa |Kaapstad |Kannaland |Knysna |Laingsburg |Langeberg |Matzikama |Mosselbaai |Oudtshoorn |Overberg |Overstrand |Prins Albert |Saldanhabaai |Sentraal Karoo |Stellenbosch |Swartland |Swellendam |Theewaterskloof |Tuinroete |Weskus |Witzenberg


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media