Simoné Nortmann

Simoné Pretorius (neé Nortmann), gebore op 18 Mei 1990, is 'n film-, televisie- en teateraktrise, wat bekendheid verwerf het vir die rol van Irma Humpel in die Afrikaanse rolprent, Vir die Voëls, in 2016. Met hierdie rol het sy haar gevestig as professionele aktrise en het ook internasionale erkenning ontvang.

Simoné Nortmann
Geboorte18 Mei 1990 (1990-05-18) (33 jaar oud)
Pretoria
NasionaliteitSuid-Afrikaans
LewensmaatAndries Levi Pretorius
SkoolHoërskool Centurion
Alma materUniversiteit van Stellenbosch
Beroep(e)Aktrise
Aktiewe jare2012 tot vandag
RolprenteVir die Voëls

Vuil WasgoedWonderlus

Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy is ook bekend as Jony in die kykNET-komedie, Hotel, waarvoor sy genomineer is as beste aktrise in 'n komediereeks, 2018 – deur die Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings. Sy het haar debuut gemaak op televisie as Nadia Croukamp op die sepie, 7de Laan vanaf 2013–2015, waarvoor sy ook die toekenning "Beste Nuweling" by die Royalty Soapy Awards in 2014 gekry het.

Vroeë lewewysig

Simoné is in Pretoria gebore en kom uit 'n Afrikaanse omgewing en woon tans in Johannseburg saam met haar man, Andries Levi Pretorius, 'n entrepeneur en boekhouer. Albei haar ouers het diens gedoen in die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Haar pa, Hannes Nortmann, het aan die Suid-Afrikaanse Grensoorlog deelgeneem en is vereer met die Honoris Crux-medalje vir sy braafheid in 1988. Nortmann is die enigste kind van haar ouers, wat geskei is toe sy vier jaar oud was.

Haar ma, Tinkie Nortmann, het haar dogter se potensiaal raakgesien toe sy eendag op 'n toonbank van 'n KFC-kitskosrestaurant klim om die ander klante te vermaak. Nortann is 'n gebore leier en was die hoofmeisie van haar laerskool asook by Hoërskool Centurion waar sy gematrikuleer het met sewe onderskeidings. Sy het haar BA Drama en Teaterstudie-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal in 2012.

Loopbaanwysig

Filmwysig

Toe haar kontrak by 7de Laan verstryk het in 2015, het Nortmann 'n drieweeklange toneelwerkswinkel bygewoon by Diane Venora in Kalifornië. Kort nadat sy terug is in Suid-Afrika het sy haar eerste filmrol gekry as die hoofrol, Irma Humpel, in Huisgenoot se bekroonde film, Vir die Voëls, 2016. Vir hierdie rol het sy internasionale erkenning ontvang by die Tallgrass International Film Fees waar sy die toekenning vir Beste Aktrise in 2017 gewen het – uit hierdie geleentheid spruit ook nog 'n geleentheid, waar sy genooi is om deel te wees van 'n paneelbespreking deur vroulike filmmakers.

Nortmann het ook by die Huisgenoot Tempo-toekennings die toekenning vir Beste Aktrise gewen vir haar rol in Vir die Voëls. Geleidelik het al hoe meer geleenthede oor haar pad gekom om in nog films te speel, onder andere: Vuil Wasgoed (2017), Stroomop (2018) en Wonderlus (2018).

Televisiewysig

Nortmann het haar debuut op televisie gemaak in die gewilde Afrikaanse sepie, 7de Laan, in 2013. Sy het die rol van Nadia Croukamp vertolk waarvoor sy die toekenning as Beste Nuweling ontvang het by die Royalty Soapy Awards in 2014. Ander televisierolle sluit ook kykNET se komedie, Hotel, in en tans is sy te sien as Suster René Spies in die kykNET-sepie, Binnelanders.

Teaterwysig

Nortmann was deel van The Sound of Music as Liesl von Trapp by die Welling Teater in 2011. Sy het ook aan verskeie ander produksies deelgeneem, waarvan een ook 'n solovertoning was, Please Leave a Message, wat regoor Suid-Afrika getoer het in 2017 en 2018.

Toekennings en nominasieswysig

JaarToekenningKategorieProduksieUitslag
2014Royalty Soapie AwardsBeste Nuweling7de LaanNominasie
2015Huisgenoot Tempo-toekenningsBeste Nuweling7de LaanNominasie
2017Tallgrass International Film FeesBeste AktrisieVir die VoëlsWenner
2017Huisgenoot Tempo-toekenningsAktrise van die jaarVir die VoëlsWenner
2018South African Film and Television Awards (SAFTAS)Beste Aktrise in 'n televisie-komedieHotelNominasie

Afrigtingwysig

Nortmann het haar eie toneelwerkswinkel in 2017 begin, met die naam: Art of Acting South Africa.

Persoonlike lewewysig

Op 20 Oktober 2018 het sy verloof geraak aan Andries Levi Pretorius, wie sy sedert 2011 ken. Die paartjie is op 23 Februarie 2019 getroud.

Filmografiewysig

Rolprentewysig

  • 2016: Vir die Voëls
  • 2016: Vuil Wasgoed
  • 2017: Stroomop
  • 2018: Wonderlus

Televisiereeksewysig

  • 2016: Hotel

Eksterne skakelswysig

Bronnelyswysig

  • "SIMONÉ NORTMANN IS VERLOOF". Rooi Rose. 23 Oktober 2018.</ref>[1][2] whom she has known since 2011. The two got engaged on 20 October 2018 and got married the following year on 23 February 2019.[3][4][5]
  1. "Former 7de Laan star, Simoné Nortmann gets engaged at romantic resort near Sabie!". Jacaranda FM (in Engels). 20 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2019.
  2. "She said yes! '7de Laan' actress Simone Nortmann is engaged". All4women (in Engels). 24 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019.
  3. "PICS: Actress Simone Nortmann's dreamy wedding snaps". Channel24 (in Engels). 26 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019.
  4. "Simoné Nortmann en rekenmeester trou". Maroelamedia. 2 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019.
  5. "She said yes! '7de Laan' actress Simone Nortmann is engaged". Eyethunews (in Engels). 22 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2019.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media