Simo Häyhä

Finse sluipskutter (1905–2002)

Simo Häyhä (17 Desember 1905 Rautjärvi – 1 April 2002 Hamina) was 'n Finse soldaat wat waarskynlik die suksesvolste sluipskutter van alle tye was. Daar word geglo dat hy meer as 500 soldate tydens die Winteroorlog gedood het, die hoogste aantal sluipskutterongevalle in enige oorlog.[1][2][3][4] Hy was in Rusland bekend as Belaya smertj ("Die Wit Dood").

Häyhä as tweede luitenant, is die besering aan sy linkerkaak duidelik sigbaar.

Häyhä het in sy private oorlogsmemoires geskat dat hy ongeveer 500 vyandelike soldate geskiet het.[4][5] Die memoir, getiteld "Sotamuistoja" (Oorlogsherinneringe), is in 1940 geskryf, 'n paar maande nadat hy gewond is, en beskryf sy ervarings in die Winteroorlog van 30 November 1939 tot 13 Maart 1940. Dekades lank versteek, is sy memoires ontdek in 2017.[4]

Häyhä is gebore in Rautjärvi, 'n klein dorpie in Finland naby die huidige Fins-Russiese grens. Hy begin militêre diensplig in 1925. Tydens die Slag van Kollaa in die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie (1939-1940) het hy in temperature tussen -20 en -40 °C gewerk, met 'n heeltemal wit kamoefleerpak aan. In hierdie oorlog het hy 505 Rooi Leër-soldate met sy geweer (die M/28, 'n Finse weergawe van die Mosin-Nagant) en 200 met sy KP/31-masjiengeweer doodgemaak, 'n rekord wat waarskynlik nog nooit geëwenaar is nie. Häyhä het nie 'n teleskoop op sy M/28 gehad nie, een rede was omdat dit sy posisie aan die Russe sou openbaar as die son daarvan weerkaats. Hy het ook sneeu styf om sy geweer gepak, wat verhoed het dat die terugslag van sy geweerskote 'n sneeuwolk opskop wat 'n vyand kon gebruik om hom op te spoor.[6]

Op 6 Maart 1940 is Häyhä deur 'n Russiese soldaat in die linkerkaak getref en het eers op 13 Maart sy bewussyn herwin toe 'n vredesverdrag tussen Finland en die Sowjetunie onderteken is wat die Winteroorlog beëindig het. Kort na die einde van die oorlog is hy van korporaal tot tweede luitenant bevorder.

Ná die oorlog het Häyhä ’n elandjagter en hondeteler geword. Hy het na Ruokolahti afgetree, waar hy op 1 April 2002 in die ouderdom van 96 oorlede is.

In 2010 het die Sweedse metaalgroep Sabaton 'n liedjie oor Häyhä gemaak met die titel White Death.

Verwysingswysig

  1. Rayment, Sean (30 April 2006). "The long view". The Daily Telegraph. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022. Besoek op 30 Maart 2009.
  2. Saarelainen, Taipo (15 November 2016). "The White Death: History's Deadliest Sniper". Forces Network. Besoek op 21 Februarie 2018.
  3. Tapio A.M. Saarelainen: Sankarikorpraali Simo Häyhä (2006)
  4. 4,0 4,1 4,2 Kivimäki, Petri (14 Maart 2018). "Tutkijan kädet alkoivat vapista – maailmankuulun sotalegendan Simo Häyhän muistelmat löytyivät sattumalta". Yle.fi. Besoek op 14 Maart 2018.
  5. Kauppinen, Kari (18 Julie 2017). "Sotasankari Simo Häyhän ennennäkemätön päiväkirja löytyi – "Tässä on minun syntilistani"". Iltalehti (in Fins). Helsinki. Besoek op 18 Julie 2017.
  6. Katie Serena (27 Mei 2021). "How "White Death" Simo Häyhä Became The Deadliest Sniper In History". All That's Interesting (in Engels (VSA)). {{cite web}}: Onbekende parameter |besoekdatum= geïgnoreer (hulp)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media