Simiaanse immuniteitsgebreksvirus

Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus (SIV) is 'n retrovirus wat ten minste 45 spesies van Afrika se nie-menslike primate kan besmet. Gegrond op die ontleding van die stamme in vier spesies van ape op Bioko-eiland, wat geïsoleer is van die vasteland deur stygende seevlakke ongeveer 11 000 jaar gelede, is tot die gevolgtrekking gekom dat SIV teenwoordig was in stertapies en ape vir ten minste 32 000 jaar, en waarskynlik selfs veel langer.[1][2][3][4]

Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus
Wetenskaplike klassifikasie
Orde:
nie toegeken
Familie:
Retroviridae
Subfamilie:
Orthoretrovirinae
Genus:
Lentivirus
Spesie:
Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus

Daar word gemeen dat virusstamme uit twee van hierdie primaatspesies, SIVsmm in roet-mangabies en SIVcpz in sjimpansees oor die spesieversperring gespring het na die mens, wat lei tot onderskeidelik MIV-2 en MIV-1 infeksies. Die mees waarskynlike roete vir die oordrag van MIV-1 na die mens is kontak met die bloed van sjimpansees wat dikwels gejag word vir bosvleis in Afrika.

Patogenesewysig

In teenstelling met MIV-1 en MIV-2 infeksies in mense, het SIV-infeksies wat in hul natuurlike gashere voorkom, in baie gevalle geblyk om nie-patogenies te wees. Met uitgebreide studies van roet-mangabies, is vasgestel dat SIVsmm infeksie nie 'n siekte veroorsaak in hierdie diere nie, ten spyte van die hoë vlakke van sirkulerende virusse. Maar as die virus 'n Asiatiese of Indiese rhesusmakaak besmet, sal die dier wel simiaanvigs ("SAIDS") ontwikkel.[5] 'n Onlangse studie van SIVcpz in wilde sjimpansees dui daarop dat besmette sjimpansees 'n vigsverwante siekte ervaar soortgelyk aan MIV-1 besmette mense. Die latere stadiums van SIV-infeksie ontwikkel dan in "SAIDS", dieselfde as MIV-infeksie wat vorder tot mens-vigs ("AIDS").

Geskiedeniswysig

'n Immuniteitsgebrek wat lyk soos menslike vigs is reeds vroeg in 1983 gerapporteer in ape in aanhouding in die Verenigde State van Amerika.[6][7][8] SIV is in 1985 geïsoleer uit sommige van hierdie diere, gevange rhesusmakake wat gely het aan simiaanse vigs ("SAIDS"). Die ontdekking van SIV is gemaak kort nadat MIV-1 geïsoleer is as die oorsaak van vigs en ​​dit het gelei tot die ontdekking van MIV-2 stamme in Wes-Afrika. MIV-2 was meer soortgelyk aan die destydse bekende SIV stamme as aan MIV-1, wat vir die eerste keer daarop dui dat Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus die oorsprong van MIV is. Verdere studies het aangedui dat MIV-2 afgelei is van die SIVsmm stam gevind in roet-mangabies, terwyl MIV-1, die oorwegende virus wat die mens aantas, afgelei is van die SIV-stam in besmette sjimpansees.

Verwysingswysig

  1. Peeters, M.; Courgnaud, V.; Abela, B. (2001). "Genetic Diversity of Lentiviruses in Non-Human Primates". AIDS Reviews. 3: 3–10. Besoek op 19 September 2010.[dooie skakel]
  2. Peeters, M.; Courgnaud, V. (2002). Kuiken, C.; Foley, B.; Freed, E. (reds.). Overview of Primate Lentiviruses and their Evolution in Non-human Primates in Africa (PDF). HIV sequence compendium. Los Alamos, NM: Theoretical Biology and Biophysics Group, Los Alamos National Laboratory. pp. 2–23. Besoek op 19 September 2010.
  3. Donald G. McNeil jr. (16 September 2010). "Precursor to H.I.V. was in monkeys for millennia". New York Times. Besoek op 17 September 2010. In a discovery that sheds new light on the history of AIDS, scientists have found evidence that the ancestor to the virus that causes the disease has been in monkeys and apes for at least 32,000 years — not just a few hundred years, as had been previously thought... That means humans have presumably been exposed many times to S.I.V., the simian immunodeficiency virus, because people have been hunting monkeys for millenniums, risking infection every time they butchered one for food.
  4. Worobey, Michael; Telfer, Paul; Souquière, Sandrine; Hunter, Meredith; Coleman, Clint A.; Metzger, Michael J.; Reed, Patricia; Makuwa, Maria; Hearn, Gail (2010). "Island Biogeography Reveals the Deep History of SIV". Science. 329 (5998): 1487. Bibcode:2010Sci...329.1487W. doi:10.1126/science.1193550. PMID 20847261..
  5. {{#if:2160735|Kestler, H.; Kodama, T.; Ringler, D.; Marthas, M.; Pedersen, N.; Lackner, A.; Regier, D.; Sehgal, P.; Daniel, M.; King, N.; Et, A. (1990). "Induction of AIDS in rhesus monkeys by molecularly cloned simian immunodeficiency virus". Science. 248 (4959): 1109–1112. doi:10.1126/science.2160735. PMID 2160735.
  6. {{#if:6221343|Letvin, N.; Eaton, K.; Aldrich, W.; Sehgal, P.; Blake, B.; Schlossman, S.; King, N.; Hunt, R. (1983). "Acquired immunodeficiency syndrome in a colony of macaque monkeys". Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America. 80 (9): 2718–2722. Bibcode:1983PNAS...80.2718L. doi:10.1073/pnas.80.9.2718. PMC 393899. PMID 6221343.
  7. {{#if:3159089|Daniel, M. D.; Letvin, N. L.; King, N. W.; Kannagi, M.; Sehgal, P. K.; Hunt, R. D.; Kanki, P. J.; Essex, M.; Desrosiers, R. C. (1985). "Isolation of T-cell tropic HTLV-III-like retrovirus from macaques". Science. 228 (4704): 1201–1204. Bibcode:1985Sci...228.1201D. doi:10.1126/science.3159089. PMID 3159089. {{cite journal}}: Onbekende parameter |displayauthors= geïgnoreer (hulp)
  8. {{#if:6316791|King, N. W.; Hunt, R. D.; Letvin, N. L. (1983). "Histopathologic changes in macaques with an acquired immunodeficiency syndrome (AIDS)". The American journal of pathology. 113 (3): 382–388. PMC 1916356. PMID 6316791.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media