Sias Reinecke

Afrikaanse sanger

Sias Reinecke (23 April 1940 – 8 Oktober 1982) was 'n legendariese Afrikaanse sanger wat ook deel van die sanggroep Groep Twee was. Hy is bekend vir treffers soos Sproeitjies, Die Seewind Bring Heimwee, Klein Karoo, Dink Jy Darem Nog aan My en Wie Sal Kom Nagsê. Reinecke wat in Randfontein woonagtig was, is op die ouderdom van 42 jaar aan 'n hartaanval oorlede terwyl hy op toer was en pas ná 'n optrede op Amersfoort. Hy is op 12 Oktober vanuit die Gereformeerde kerk Randfontein, waarvan hy lidmaat was, begrawe. Ds. L.J.J. Coetzee het die diens gelei. Hy het nog die Saterdagaand voor sy dood tydens 'n gemeentegeleentheid van GK Randfontein opgetree en die vorige Saterdag op die Afrikaanse musiekfees in Roodepoort. Reinecke het vyf kinders gehad, van wie die jongste, Dirkie, vyf jaar oud was ten tyde van sy pa se dood.

Sias Reinecke
Gebore23 April 1940
Johannesburg, Suid-Afrika
Sterf8 Oktober 1982[1]
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem
AssosiasiesGroep Twee

Sien ookwysig

Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media