Shaun Pollock

Shaun Pollock OIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank 'n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003 en 2007, die T20I-wêreldbeker 2007, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004 en 2006 vir Suid-Afrika gespeel.

Shaun Pollock
Shaun Pollock in 2005
Volle naamShaun Maclean Pollock
Gebore16 Julie 1973 (1973-07-16) (50 jaar oud)
Port Elizabeth, Suid-Afrika
Bynaam(e)Polly
Lengte1,88 m
KolfstylRegshandig
BoulstylRegterarm medium-vinnig
RolVeelsydig, kaptein
FamilieAndrew (oupa); Peter (vader); Graeme (oom)
Internasionale geskiedenis
Nasionale spanSuid-Afrika
Toetsdebuut (no 261)16 November 1995 v Engeland
Laaste Toets10 Januarie 2008 v Wes-Indië
EDI debuut (no 39)9 Januarie 1996 v Engeland
Laaste EDI3 Februarie 2008 v Wes-Indië
EDI hempno.7
T20I debuut (no 10)21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I18 Januarie 2008 v Wes-Indië
Eersterangse spaninligting
Jaar(e)Span
1992/93–2003/04Natalse krieketspan
1996–2002Warwickshire
2004/05Dolfyne
2008Mumbai Indians
2008Durham
Loopbaanstatistiek
KompetisieToetsEDI1e rangA-lys
Wedstryde108303186435
Lopies aangeteken3 7813 5197 0215 494
Kolfgemiddeld32.3126.4533.1126.66
100s/50s2/161/146/353/24
Hoogste telling111130150*134*
Aflewerings geboul24 35315 71239 06721 588
Paaltjies421393667573
Boulgemiddeld23.1124.5023.2522.93
5 paaltjies in 'n kolfbeurt165227
10 paaltjies in 'n wedstryd1020
Beste boulontleding7/876/357/336/21
Vangskote/Stonkings72/–108/–132/–153/–
Bron: ESPNcricinfo, 31 Desember 2013

Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie.[1] Hy doen nou vir SuperSport verslag oor Suid-Afrikaanse krieket. Shaun Pollock is in November 2021 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]

Internasionale loopbaanwysig

Beginwysig

Shaun Pollock se toetsloopbaan begin op 16 November 1995 teen Engeland op SuperSport-park in Centurion. Hy het uiteindelik in 108 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[3]

Kapteinskapwysig

Shaun Pollock tydens oefening, 2005

Nadat Hansie Cronjé uit krieket verban is, het Pollock as kaptein in April 2000 oorgeneem. Hy is vervang ná Suid-Afrika se swak vertoning in die 2003-krieketwêreldbeker.

Alhoewel hy nie meer kaptein was nie, het hy sy plek in die span behou. Ná 'n teleurstellende toetsreeksreeks teen Australië in 2005/2006 was hy gekritiseer dat hy sy boulvermoë verloor het. Hy het die beste ekonomiese koers van enige bouler wat 300 EDI paaltjies geneem het,[4] en hy is ook die eerste Suid-Afrikaner en slegs die tiende speler om 400 toetspaaltjies te neem. In September 2007 is hy vir die eerste keer in sy loopbaan nie gekeur vir die Suid-Afrikaanse toetsspan nie.[5]

Hy het die meeste paaltjies vir Suid-Afrika geneem in toetse totdat Dale Steyn hom op 26 Desember 2018 verbygesteek het. Hy het 421 toetspaaltjies geneem en 3 781 toetslopies in sy 108 toetswedstryde aangeteken.[5][6]

Persoonlike lewewysig

Pollock kom uit 'n familie van hoofsaaklik Skotse afkoms. Sy oupa aan vaderskant, Andrew Pollock, wat vir Oranje-Vrystaat gespeel het, is in Edinburg gebore.[7] Hy het by die Northwood-skool in Durban, KwaZulu-Natal, skoolgegaan. Hy is getroud met twee dogters. Sy vrou was 'n finalis in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in die vroeë 90's en het vir 'n Suid-Afrikaanse telekommunikasiemaatskappy gewerk.[8] Hy neem geen sterk drank nie en is 'n toegewyde Christen.[9][10] Pollock is 'n gegradueerde van die Universiteit van Natal met 'n baccalaureusgraad in handel.

Verwysingswysig

  1. (en) "Pollock announces his retirement". BBC. 11 Januarie 2008. Besoek op 13 November 2021.
  2. (en) "Janette Brittin, Mahela Jayawardene and Shaun Pollock inducted into ICC Hall of Fame". ESPNcricinfo. 13 November 2021. Besoek op 13 November 2021.
  3. (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
  4. (en) "Records – One-Day Internationals – Most wickets in career". ESPNcricinfo. Besoek op 13 November 2021.
  5. 5,0 5,1 (en) "Morkel injury hands Pollock hope". BBC. 29 September 2007. Besoek op 13 November 2021.
  6. (en) "Steyn ties Pollock atop all-time SA wicket-taker list". Sport24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2018. Besoek op 14 Julie 2018.
  7. (en) "Players and Officials – Andrew Pollock". Cricinfo. Besoek op 1 September 2007.
  8. (en) "Pollock in doubt for Sri Lanka". News24.com. 8 Junie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 1 September 2007.
  9. (en) "Cricinfo Quote Unquote – Gibbs reveals the failure to get teetotaler Pollock to break the habit". Cricinfo.com. 10 Februarie 2008. Besoek op 10 Februarie 2008.
  10. (en) "Personal Information on Shaun Pollock". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2013. Besoek op 15 Oktober 2022.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media