Sharp PC-1500

Die Sharp PC-1500 was 'n sakrekenaar wat met 'n 8-bis SVE (sentraleverwerkingseenheid) en 8kB ingeboude geheue in 1982 op die mark gekom het. 'n Ekstra CE-155 8kB geheuemodule was as opgradering beskikbaar. Die programmeertaal was BASIC en dit het ook heelwat wetenskaplike funksies beheers. Later het 'n paar Duitse ingenieurs die sisteem geknak en ook 'n saamsteltaal daarvoor te koop aangebied. Die ontwerp was soortgelyk aan die Zylog Z80 SVE, maar alle elektroniese kringe was in CMOS-tegnologie uitgevoer om 'n klein stroomverbruik en dus 'n langer batterylewe te bied. Later het selfs die rekenaartaal, C, gevolg.

Die Sharp PC-1500 met drukker/dromplotter in reistas.

Die oorspronklike vervaardiger was Sharp, maar dit is ook in die VSA onder die naam TRS-80 PC-2 bemark.Die direkte opvolgmodel was die PC-1500A, wat selfs goedkoper was en meer geheue gehad het.

Sharp PC-1500 Sakrekenaar (Pocket Computer)
Sharp PC-1500 Geheuemodule (8kB) (Memory Module)
Sharp PC-1500, 26 alfanumeriese karakter vloeistofkristalvertoon (LCD). Die ses grys programmeerbare sleutels is goed sigbaar

Tegniese gegewenswysig

  • 26 alfanumeriese karakter vloeistofkristalvertoon, met 156x7 beeldelemente.
  • Ingeboude luidspreker.
  • Ingeboude intydse horlosie
  • Uitbreidingspoort vir drukker en bandspeler, ens.
  • Batterygleuf
  • Aansluiting vir 'n eksterne kragbron (6V)

Toebehorewysig

  • CE-150 Drukker/plotter en kassetkoppelvlak in reistas
  • CE-155 (8kB) Geheuemodule/kassetslot
  • CE-158 Serie- (RS-232C) en parallelkoppelvlakke met 4 herlaaibare (permanent ingeboude) NiCd-batterye (AA) as addisionele kragbron vir die rekenaar.

Verwante Sharp-sakrekenaarswysig

  • Sharp PC-1210
  • Sharp PC-1211
  • Sharp PC-1251
  • Sharp PC-1500
  • Sharp PC-1500A met meer geheue
  • Sharp PC-1501
  • Sharp PC-1600 met meer geheue en 'n groter LCD-skerm met grafika

Voorbeeld van programmering in BASICwysig

 1 ARUN 10 5 REM   "PC1500 VAT Program:"10 INPUT "Prys: ";R20 PRINT R;"  ";V*R;"  ";R*V*M   30 GOTO 1040 END

'n PC-1500 spesiale afgekorte sintaks kan soos volg lyk:

20 PRINT R;"  ";VR;"  ";RVM

Gebruik van veranderlikeswysig

R = Rand-waarde aankoopprys
V = VAT (%/100) - (BTW) moet met die hand ingevoer word voor berekenings begin, bv.: V=1.15 (Enter)
M = Prysverhoging (%/100) - moet met die hand ingevoer word voor berekenings begin, bv.: M=1.15 (Enter)

Vertoon van die antwoorde is soos volgwysig

Antwoord1; Antwoord2; Antwoord3
Aankoopprys; BTW-prys; Verkoopsprys
Waarde: R; Waarde: R*V; Waarde: R*V*M

Beskrywingwysig

Reël 1 Die ARUN-bevel begin die program outomaties en gaan na reël 10 wanneer die rekenaar aangesit word.
Reël 5 Dit is die REMARK-stelling (gebruik om kommentaar in te voeg).
Reël 10 Die INPUT-bevel vra vir inset vanaf die gebruiker en stoor die waardes in die veranderlike "R".
Reël 20 Die PRINT-bevel vertoon die berekende resultate soos volg, bv.: 100   114   142.5. Die afgekorte skryfwyse is spesiaal vir PC-1500 toelaatbaar, omdat dit slegs enkelletter-plekhouers en matrikse kan verwerk. Dit spaar stoorplek!
Reël 30 Die GOTO-bevel laat die program terug spring na reël 10, om weer oor te kan begin
Reël 40 Die END-bevel is die laaste in die program, alhoewel dit hier nie eintlik nodig is nie, is dit korrek om dit tog te gebruik.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media