Sharks (Verenigde Rugbykampioenskap)

(Aangestuur vanaf Sharks (Superrugbyspan))

Die Sharks is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelgeneem het van 1996 tot 2020, en sedert 2021 aan die Verenigde Rugbykampioenskap. Voor 1996 het ’n span van Natal deelgeneem aan die Super 10 in 1993 en 1994. Die konsessie dek die hele KwaZulu-Natal provinsie in Suid-Afrika en in terme van Curriebekerunies kom spelers vir die Sharks van die Natalse Haaie af. Hulle tuiswedstryde word op die Hollywoodbets Kings Park in Durban gespeel. Die span se kaptein is tans Lukhanyo Am.

Sharks
Stigting1997
LiggingDurban, Suid-Afrika
StreekKwaZulu-Natal
StadionHollywoodbets Kings Park
Kapasiteit52 000[1]
Afrigter(s)Sean Everitt
Kaptein(s)Lukhanyo Am
Liga(s)Verenigde Rugbykampioenskap
20213de Suid-Afrikaanse skild
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Meeste wedstryde125 John Smit
Meeste drieë29 Stefan Terblanche
Eerste wedstryd
Natal 28 – 22 Westelike Provinsie
(2 Maart 1996)
Grootste oorwinning
Reds 16 – 59 Sharks
(7 April 2007) 43
Grootste nederlaag
Crusaders 77 – 34 Sharks
(14 April 2005) 43
Amptelike webwerf
www.sharksrugby.co.za

Geskiedeniswysig

Die Cats (nou die Lions) speel teen die Sharks

In 1993 is Suid-Afrika verteenwoordig deur sy beste drie rugbyunies (die top drie in die vorige jaar se Curriebeker) in die Super 10. Natal het in 1993 gekwalifiseer vir die kompetisie en was saan met Auckland, Wes-Samoa, die Reds en Otago in Poel A. Hulle het tweede in die poel geëindig met 12 punte, vier punte agter Auckland. Hulle het weer in 1994 gekwalifiseer en was hierdie keer in Poel B met Nieu-Suid-Wallis, Wes-Samoa, Auckland en die Waikato Chiefs. Hulle het bo-aan die punteleër van Poel B geëindig en moes teen Queensland speel in die eindronde in Durban. Natal het die wedstryd met 21 – 10 verloor en kon nie kwalifiseer vir die 1995-seisoen nie.

In 1996 en 1997 is Suid-Afrika verteenwoordig deur die beste vier spanne (die top vier in die vorige jaar se Curriebeker) in die nuwe Super 12-toernooi. Natal het vir altwee jare gekwalifiseer. In 1996 het Natal vierde op die punteleër geëindig wat aan hulle ’n plek in die uitspeelrondes besorg het. Hulle het in die halfeindronde teen Queensland met 43 – 25 gewen en deurgedring na die eerste Super 12-eindronde. Hulle moes hiervoor na Auckland reis en het die wedstryd verloor met 45 – 21. Die volgende seisoen het Natal weer in die boonste vier geëindig maar het in die halfeindronde teen Auckland vasgeval.

In 1998 het die Coastal Sharks (soos hulle toe geheet het) 7 van hulle 11 wedstryde gewen en het derde op die punteleer geëindig. Hulle is egter in die halfeindronde deur die Canterbury Crusaders geklop. In die volgende seisoen het die Sharks sewende geëindig. Die volgende seisoen (2000) was nog slegter met die Sharks wat heel laaste op die punteleer was aan die einde van die seisoen. In 2001 het die Sharks ’n duidelike verbetering teenoor die vorige jaar getoon en tweede op die punteleer geëindig. Hulle het die Cats in die halfeindronde geklop en reis daarna na Canberra vir die eindstryd.

In 2002 het die Sharks weer swak gevaar en tiende geëindig op die punteleer. In 2003 het hulle elfde geëindig maar in 2004 het hulle weer beter gevaar deur sewende te eindig na die rondomtaliewedstryde. In 2005 het hulle egter weer baie swak vertoon en heel laaste geëindig.

Tot en met 2005 het spelers vir die Sharks van die twee rugbyunies wat in die Oos-Kaap gebaseer is, naamlik die Oostelike Provinsie (in Port Elizabeth) en Grens (in Oos-Londen), gelok. Hierdie twee unies het egter die kern van die Southern Spears gevorm wat in 2006 gestig is om in 2007 aan die Super 14 deel te neem, maar later ontsê is.

In 2006 het die Super 12-kompetisie uitgebrei na ’n kompetisie tussen 14 spanne. In die eerste Super 14-seisoen het die Sharks die uitspeelrondes net-net gemis weens ’n swakker punteverskil. In 2007 het hulle die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat bo-aan die punteleer kon eindig na die rondomtaliewedstryde en hulle was ook die eerste Suid-Afrikaanse span wat ’n eindronde op hul tuisveld kon speel. Die Sharks het in 2007 in die eindronde verloor teen die Bulls.

Die Sharks handelsmerkwysig

Daar is sedert vroeë jare van rugby in Suid-Afrika na die span van Natal as die Piesangboere (Engels: Banana Boys) verwys na aanleiding van die piesangplantasies in die provinsie. In 1995 is besluit dat die rugbyspan van Natal ’n nuwe naam en embleem moes kry. Daar is besluit op die Sharks. Die Sharks se gelukbringer is in 1995 bekendgestel maar die herbemarking het eers in 1996 ten volle gestalte gekry. Om die nuwe handelsmerk te bemark is ’n groot bedrag beskikbaar gestel om die visie met betrekking tot die wedstryde, fasiliteite, aktiwiteite voor én na die wedstryd en om die span te verfyn.

Die Sharks se gelukbringer was die idee van Terry Kukle, die eienaar van Tag International. Ian Robinson, ’n bemarking- en handelsmerkspesialis het, met die goedkeuring van Kukle, ’n strategie aan die raad van die Natalse Rugbyunie voorgelê. Na baie vergaderings is ’n besluit geneem om met die nuwe bemarking voort te gaan. Vandag is die handelsmerk van die Sharks wêreldwyd bekend.[2]

Stadionwysig

Kings Park-stadion in Durban is die Sharks se tuisveld. Weens borgskapredes staan die stadion bekend as Growthpoint Kings Park. Dit het sitplek vir 55,000 mense. Die veld word ook vir die Curriebeker deur die Natal Sharks gebruik, en soms ook vir sokkerwedstryde. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou maar is talle kere reeds herbou. Groot opknapping het plaasgevind vir die Rugbywêreldbeker 1995.[1]

Konsessiegebiedwysig

Die Sharks-konsessie dek die KwaZulu-Natal provinsie. Die twee hoofareas waar die spelers vandaan kom is Durban en Pietermaritzburg.

Seisoenuitslaewysig

Super 12wysig

Die volgende tabel som die Sharks se Super 12-uitslae op:[3]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
19964de11605389277+112933verloor as Natal teen Auckland Blues in eindrondte
19974de11524321350-29630verloor as Natal teen Auckland Blues in halfeindrondte
19983de1170432926366836Verloor teen Canterbury Crusaders in halfeindrondte
19997de11515227232-5325
200012de11119235341-10639
20012de1180332224676638Verloor teen Brumbies in eindrondte
200210de11407221309-88420
200311de11308241306-65517
20047de11506267305-38828
200512de11119205384-179511

Super 14wysig

Die volgende tabel som die Sharks se Super 14-uitslae op:[3]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
20065de13706361297421038
20071ste131003355214141545Verloor teen Bulls in eindrondte
20083de1391327120962442Verloor teen Waratahs in halfeindrondte
20096de1380528223943638
20109de137062972970533

Superrugbywysig

Die volgende tabel som die Sharks se Superrugby-uitslae op:

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BP1PteNotas
20116de161015407339+68757Verloor teen Crusaders in kwalifiserende rondte
20126de161006436348+881159Verloor teen Chiefs in eindrondte
20138ste16808384305+79748
20143de161105406293+113550Verloor teen Crusaders in halfeindrondte
201511de16709338401−63634

1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Die volgende tabel som die Sharks se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:

SeisoenPos AlgPos GroepGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/−BP1PteNotas
20168ste3de15915360269+91543Verloor teen Hurricanes in kwarteindrondte
20178ste3de15915392323+69442Verloor teen Lions in kwarteindrondte

Huidige spanwysig

Sharks 2017 Superrugbypan

Stutte

Hakers

Slotte

 

Losvoorspelers

Skrumskakels

Losskakels

 

Senters

Vleuels

Heelagter

Afrigterswysig

Tussen 1996 en 1999 is die Sharks afgerig deur die voormalige Springbokafrigter, Ian McIntosh, met Hugh Reece-Edwards as sy assistent.[4] In 2000 het Reece-Edwards oorgeneem as afrigter met Jake White en Allister Coetzee as assistente. Al drie is egter in die volgende jaar vervang toe Rudolph Straeuli aangestel is as afrigter met Kobus van der Merwe as sy assistent. In 2002 het Clinton Isaacs Van der Merwe vervang as Straeuli se assistent. Die vennootskap het nie lank gehou nie en albei is afgedank voor die einde van die seisoen. Daarna is Kevin Putt aangestel in Straeuli se plek met Theo van Rensburg as sy assistent. In 2003 het Isaacs vir Van Rensburg vervang en die twee het tot aan die einde van 2005 die span afgerig.[4] Dick Muir is in 2006 aangestel as afrigter met John Plumtree as sy assistent. Plumtree is vir die 2007 Curriebekerseisoen aangestel as hoofafrigter van die span.

Kapteinswysig

Prestasieswysig

  • Super 12/14
    • Tweede plek: 1996
    • Tweede plek: 2001
    • Semifinaliste: 1997
    • Semifinaliste: 1998
    • Eerste Suid-Afrikaanse span wat bo-aan die superrugbypunteleër eindig in 2007

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Kort geskiedenis van die Absa-stadion Durban". Sharks Rugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2006. Besoek op 2 Februarie 2007.
  2. (en) "The Sharks Brand". sharksrugby.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2007. Besoek op 23 April 2007.
  3. 3,0 3,1 "Superrugby spanbesonderhede (Sharks)" (in Engels). Lassen Creative Technologies Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 16 Maart 2010.
  4. 4,0 4,1 McIlraith (2005), p 329.

Bibliografiewysig

  • Howitt, Bob (2005). SANZAR Saga – Ten Years of Super 12 and Tri-Nations Rugby. Harper Collins Publishers. ISBN 1-86950-566-2.
  • McIlraith, Matt (2005). Ten Years of Super 12. Hodder Moa. ISBN 1-86971-025-8.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media