Sevilla

(Aangestuur vanaf Seville)

Sevilla (Spaans: [seˈβiʎa], ) is 'n stad in Suid-Spanje en die hoofstad van die Outonome Gewes Andalusië en die Provinsie Sevilla. Sevilla is aan die oewers van die bevaarbare Guadalquivirrivier in 'n uitgestrekte en vrugbare vlakte geleë. Die stad is volgens 'n antieke legende deur die Griekse held Herakles gestig.

Sevilla

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Spanje Spanje
 Administratiewe gewes Andalusië
 Provinsie Sevilla
 Koördinate37°23′N 5°59′W / 37.383°N 5.983°W / 37.383; -5.983
 Stigting45 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal140 vk km
 Hoogte bo seevlak7 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2021)684 234
 - Bevolkingsdigtheid4 900/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterAntonio Muñoz (PSOE)
 Amptelike webwerfwww.sevilla.org
Die Guadalquivir in Sevilla

Vandag is Sevilla die vierde grootste stad in Spanje en 'n beduidende nywerheids- en handelstad asook 'n gewilde toeristebestemming. Die stadshorison word deur talle historiese torings oorheers. Die oorspronklike stadsentrum is aan die oostelike oewer van die Guadalquivir geleë, terwyl die groot voorstad Triana aan die linkeroewer ontstaan het.

Aangesien Andalusië sowat agt eeue lank onder Moorse heerskappy gestaan het, toon Sevilla se boukuns veral hulle argitektoniese invloede. Die stad was egter al voor die Moorse verowering 'n beduidende kulturele sentrum. Die warm klimaat en die vrugbare land het Fenisiërs, Kartagers en Romeine na die gebied gelok. Twee Romeinse keisers, Trajanus en Hadrianus, was boorlinge van hierdie streek. Later het Christophorus Columbus vanuit 'n nabygeleë seehawe sy ontdekkingsreis begin waartydens hy onbewustelik die Nuwe Wêreld sou ontdek.

Op kulturele gebied word Sevilla vandag met die legendariese vroueheld "Don Juan", Prosper Merimée se opera Carmen (die naamgewende hoofkarakter is 'n werker in Sevilla se ou tabakfabriek wat intussen tot 'n universiteit omskep is), stiergevegte en die beroemde flamenco-dans vereenselwig. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sevilla.
  • (en) Toerisme-inligting oor Sevilla op Wikivoyage
  • (es) Amptelike webwerf
  • (en) "Sevilla". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 Maart 2019.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media