Sesriem

Sesriem is 'n klein nedersetting in die Namibwoestyn in Namibië, naby die suidelike punt van die Naukluftberge. Dit is veral bekend vir die "Sesriemhek", die belangrikste toegangspunt na die Namib-Naukluft Nasionale Park. Die hek word hoofsaaklik deur besoekers, wat die toeristeaantreklikhede in en om Sossusvlei besoek, gebruik.[1]

Sesriem
'n Lugbeeld van Sesriem in 2011
'n Lugbeeld van Sesriem in 2011
Sesriem is in Namibia
Sesriem
Sesriem
Koördinate: 24°31′7″S 15°6′0″O / 24.51861°S 15.10000°O / -24.51861; 15.10000Koördinate: 24°31′7″S 15°6′0″O / 24.51861°S 15.10000°O / -24.51861; 15.10000
LandVlag van Namibië Namibië
StreekHardap
TydsoneUTC+2 (SAST)
Binne die Sesriemcanyon
Die Sesriemcanyon

Soos baie dorpies in die Namib, is Sesriem 'n vulstasie met basiese dienste soos openbare telefone en 'n paar kiosks waar reisigers algemene voorrade, soos kos en water kan koop.[2] Akkommodasie is in die omgewing beskikbaar, soos 'n paar gastehuise (bv. "Le Mirage Desert" en die "Sossusvlei Lodge") en ten minste 24 kampplekke vir rugsaktoeriste (backpackers).[2]

Warmlugballonne vertrek soggens vroeg vanaf die Sesriemhek, wat 'n skilderagtige vlug oor Sossusvlei se duine bied.

Sesriem is ook bekend vir die Sesriemkloof, sowat 4 km van Sesriem self. Dit is die tweede belangrikste toeriste-aantreklikheid in die omgewing. Dit is 'n natuurlike ravyn wat die Tsauchabrivier deur die plaaslike sedimentêre gesteente gekerf het. Die ravyn is sowat 'n kilometer (0,6 myl) lank en tot 30 meter (100 voet) diep. Die ravyn is op plekke slegs twee meter (6,5 voet) breed, en het 'n gedeelte wat permanent water bevat, en deur diere in die omgewing gebruik word.

Die naam Sesriem verwys na ses gemsbokrieme.[3] Die setlaars wat van die Dorslandtrek teruggekeer het, moes ses rieme aan mekaar bind om water uit die ravyn te kon skep.[4]

Verwysingswysig

  1. "Sesriem Canyon, Namibia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2014. Besoek op 29 Desember 2014.
  2. 2,0 2,1 Sesriem
  3. "Sesriem Canyon" (in Engels). sossusvlei.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2019. Besoek op 11 September 2016.
  4. "Die Dorsland Trekkers". tourbrief.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2013. Besoek op 25 Junie 2010.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media