Serengeti

Die Serengeti is 'n geografiese streek van Afrika wat uit savannes en boslandskappe bestaan. Die streek strek oor die noorde van Tanzanië en die suide van Kenia en beslaan 'n oppervlakte van ongeveer 30 000 km². Tagtig persent van die gebied lê in Tanzanië, die gedeelte in Kenia staan ook as die Maasai Mara bekend. Die naam "Serengeti" is afgelei van die Maasai-taal (Siringet), en beteken letterlik "eindelose vlaktes".[1][2]

Serengeti*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Aasvoëls en maraboes in die Serengeti
Ligging van Serengeti op 'n kaart (Tanzanië)
Serengeti
Serengeti
Ligging van die Serengeti in Tanzanië
Koördinate: 2°19′51″S 34°50′0″O / 2.33083°S 34.83333°O / -2.33083; 34.83333Koördinate: 2°19′51″S 34°50′0″O / 2.33083°S 34.83333°O / -2.33083; 34.83333
LandeVlag van Tanzanië Tanzanië
TipeNatuur
Kriteriavii, x
Verwysings156
StreekAfrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie1981  (5de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Die Serengeti

Daar leef ongeveer 1,6 miljoen plantetende diere en duisende roofdiere in die gebied. Die volopste diere in hierdie streek is die blouwildebees, Thomson-gaselle, bontkwagga en buffel.

Die streek is bekend vir die migrasie wat jaarliks om en by in Oktober plaasvind. Tydens hierdie migrasies trek miljoene plantetende diere vanaf die noordelike heuwels na die suidelike vlaktes. Hiertydens steek die diere die Mararivier oor. Na die reëns van April, trek hulle met 'n westelike ompad terug. Die verskynsel word 'n sirkelvormige migrasie genoem.

Die argeologies belangrike Olduvaikloof, waar van die oudste bekende menslike fossiele gevind is, is ook in die in Serengeti geleë.

Die Serengeti omvat (in Tanzanië) die Serengeti Nasionale Park, die Ngorongoro-krater en die Maswa Wildreservaat en (in Kenia) die Masai Mara Reservaat.

Verwysingswysig

  1. Briggs, Phillip (2006), Northern Tanzania: The Bradt Safari Guide with Kilimanjaro and Zanzibar, Bradt Travel Guides, p. 198, ISBN 978-1-84162-146-3 
  2. "Maa (Maasai) Dictionary" (in Cebuano). Darkwing.uoregon.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2017. Besoek op 23 Oktober 2010.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media