Seismologie

Seismologie (van die Griekse σεισμός seismós, "aardbewing", en -λογία -logía, "studie van") is ’n wetenskaplike dissipline in geofisika wat handel oor die bestudering, beskrywing en meting van seismiese golwe by aardbewings. Daarbenewens word die omgewingsgevolge van aardbewings soos tsoenami's bestudeer, asook uiteenlopende seismiese bronne soos vulkaniese, tektoniese, oseaniese, atmosferiese en kunsmatige prosesse soos ontploffings.

’n Ou kinemetriese seismograaf.
Animasie van die Indonesiese tsoenami van 2004.

Insig in die Aarde se binnekantwysig

Die netwerk seismograwe waarmee ’n groot deel van die Aarde bedek is, is die vernaamste bron van inligting oor die inwendige struktuur van die Aarde.

Die straalbane van seismiese golwe word bepaal deur die verhoudings in seismiese snelhede tussen verskillende lae in die Aarde. Snelheidsverskille word veroorsaak deur die wisselende druk en temperatuur van die materiale waaruit die Aarde opgebou is. Met ’n aardbewing word verskillende soorte seismiese golwe opgewek. Uit die verskille in looptyd van die golwe na meetstasies wat ver uit mekaar geleë is, kan veranderings in seismiese snelhede tussen verskillende lae in die Aarde afgelei word.

Weerkaatste of afgebuigde golwe volg verskillende straalbane deur die aardlae en lewer daarom tegelykertyd inligting oor verskillende dieptes. Deur by ’n groot aantal meetstasies gegewens te versamel kan verskille in seismiese snelhede deur die Aarde heen aangeteken word. Dit verskaf indirekte inligting oor die aanwesige materiale in die Aarde.

Deur soveel moontlik gegewens te kombineer is modelle opgestel vir seismiese snelhede, en dit bied insig in die interne struktuur van die Aarde.

Voorspelling van aardbewingswysig

Hoewel die ontstaan van die teorie oor plaattektoniek ’n veel beter insig gegee het in die prosesse wat tot die ontstaan van aardskokke lei, is ’n noukeurig voorspelling nog grotendeels onmoontlik.

Tog het die wetenskap daarin geslaag om gebiede te eien waar aardskokke die waarskynlikste sal voorkom, en al hoe meer kennis word byvoorbeeld in argitektuur toegepas om die gevolge van ’n aardbewing ten minste te verminder.

’n Belangrike instrument in seismologie is die seismometer, of seismograaf. Hiermee kan nie net natuurlike skokke waargeneem word nie, maar ook skokke wat deur die mens veroorsaak word, soos ’n atoomontploffing.

Skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media