Schalk Buys

Ds. Schalk Petrus Bernardus Buys (Johannesburg (waarskynlik), 13 Oktober 193324 Junie 2005) was van 1960 tot 1997 predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk.

Ds. Schalk Buys
Ds. S.P.B. Buys
Ds. S.P.B. Buys

NaamSchalk Petrus Bernardus Buys
Geboorte13 Oktober 1933
Johannesburg, Transvaal
Sterfte24 Junie 2005 (op 71)
KerkverbandGereformeerd
Gemeente(s)Barkly-Oos, 1960–’65
Klipriviersberg, 1965–’68
Vanderbijlpark, 1968–’75
Parys, 1975–’97
Jare aktief1960–1997
KweekskoolPotchefstroom

Herkoms en opleidingwysig

Schalk Buys aan die Teologiese Skool Potchefstroom, waar hy 'n gewilde studenteleier was.

Schalk Buys was die enigste kind van sy ouers en het aan die Rand skoolgegaan en gematrikuleer aan die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg.

Na sy skoolopleiding is hy na die PU vir CHO om te studeer vir predikant. Gedurende sy studiejare het hy ontwikkel in ’n gewilde leier wat hom op verskeie terreine van die studentelewe onderskei het. Hy het in verskeie komitees gedien en eindelik ook in die studenteraad. Vir sy optrede as rasieleierdirigent sou hy waarskynlik die langste onthou word. Sy fyn humorsin, gevatte antwoorde en welsprekendheid het hom ’n groot sukses gemaak as dirigent gedurende intervarsities, waartydens die opponente se dirigente goed deurgeloop het. Hy het homself ’n soort hoog-Hollands leer praat, maar dan vol kwinkslae en humor, sodanig dat op ’n kongres van die Afrikaanse Studentebond op Stellenbosch, nadat hy ’n toespraak afgesteek het, twee Hollanders gevra het wanneer hy dan na die Suid-Afrika geëmigreer het.

Loopbaanwysig

Ds. Buys se eerste gemeente as predikant was Barkly-Oos. waar hy gedien het van 1960 tot 1965. Daarna het hy agtereenvolgens Klipriviersberg (1965-1968, die gemeente se eerste predikant), Vanderbijlpark (1968-1975) en Parys vanaf 1975 tot 1997 bedien, toe hy sy emeritaat voortydig moes aanvaar weens swak gesondheid. Daarna het hy nog af en toe op uitnodiging gepreek, maar nadat hy 70 geword het, het hy weens sy gesondheidstoestand nie meer gepreek nie.

Belangstellingswysig

In sy vrye tyd het hy graag houtwerk gedoen, halfedelgesteentes geslyp, met kanaries geboer en was hy ook ’n radioamateur. Hy was iemand met ’n wye belangstelling, soos gelyk het uit sy biblioteek waar, benewens al sy baie teologiese boeke, ook boeke oor ’n wye reeks onderwerpe gestaan het, ook oor sy stokperdjies.

Waarderingwysig

Ds. Wouter de Vos, wat saam met ds. Buys se studie aan die Teologiese Skool Potchefstroom in 1959 voltooi het, skryf in sy lewensberig in die Almanak van 2007: “Waar hy gegaan, opgetree en gearbei het, was hy bemind en gerespekteer.” Hy skryf die Here het “Schalk met baie en mooi gawes begenadig, wat hy goed gebruik het in sy bediening. Dit is bekend dat hy met sy welluidende stem en goeie voordrag waarlik die Woord van God in al sy krag en waarheid verkondig het. Sy preke was weldeurdag, gegrond op deeglike eksegese en deeglik voorberei. Hy was ’n behoudende mens wat die evangelie suiwer en onvervals uitgedra het.”

”Daar was altyd groot waardering vir die wyse waarop hy katkisasie gegee het en die kategete so goed onderrig het dat hulle geweet het waaroor belydenis van geloof gegaan het en hulle werklik as volwasse gelowiges die groot verantwoordelikheid op hulle eie skouers kon neem om hulle geloof in die openbaar te bely. Op huisbesoek, siekebesoek en by probleemgevalle het hy die Woord helder en duidelik gespreek en in elke besondere situasie reg en op die man af toe-gepas.

“In die kerkverband het hy sy deel bygedra. Hy het (in) verskeie deputategroepe gedien en gereeld sy insette op meerdere vergaderings gelewer. Ons het mekaar ten minste elke keer met ’n sinodesitting raakgeloop.”

“Hy was jare lank kapelaan vir die Parys-kommando en was drie keer saam met die kommando op die grens om die soldate ook daar geestelik te versorg. Daar was baie waardering vir sy werk in dié verband. Hy het ook dikwels by die kommando en elders as motiveringspreker opgetree. Schalk is ook op ’n stadium vir nege maande deur die destydse MEI na Nederland gestuur om immigrante te werf. Hy en sy gesin het hulle vir die tyd in Wilnis gevestig. Vir die kinders is dit van die aangenaamste jeugherinneringe.”

Ds. De Vos beskryf ds. Buys as ’n “dienskneg van Jesus Christus wat nie aan eer- of roemsug gely het nie”.

Gesinslewewysig

Ds. Buys is aan die einde van 1960 getroud met Hendrina Wilhelmina (Willa) van der Walt, wat hy aan die PUK ontmoet het. Ds. Wouter de Vos skryf: “Dit was waarlik ’n geseënde en gelukkige egverbinding.” Hulle het drie kinders en twee kleinkinders gehad. Ds. De Vos beskryf ds. Buys as “’n liefdevolle en toegewyde eggenoot, ’n geliefde maar streng pa, maar nie ongenaakbaar nie (sy kinders kon met hom dinge uitpraat), en ’n oupa wat sy kleinkinders op die hande gedra het. Hy en sy vrou het hulle kinders ’n ware verbondsopvoeding gegee en hulle grootgemaak in die vrese van die Here.”

Sy vrou het hom die nodige en liefdevolle steun gebied in sy werk. Sy het hom met raad en daad bygestaan. In tye van siekte het sy hom met deernis versorg. Hy het onder meer 15 jaar lank aan troshoofpyne gely, wat selfs tot elke 36 uur teruggekeer het, iets waarvan min mense bewus was. Hy het ook ernstige hartprobleme ontwikkel in 1995 (op grond waarvan hy voortydig moes emeriteer op 63-jarige leeftyd).

Bronnewysig

  • (af) De Vos, ds. Wouter in Vogel, ds. Willem (et al). 2006. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2007. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media