Sanipas

Die Sanipas is 'n bergpas in die Drakensberge wat begin in Suid-Afrika en eindig in Lesotho. Dit is die enigste toegangspad met Lesotho se oostekant. Dit is die hoogste bergpas in Suidelike Afrika wat deur motorvoertuie gebruik kan word; al is dit slegs vierwiel-aangedrewe voertuie.

Sanipas
’n Beeld van die betrokke bergpas.
Sanipas

LiggingTussen Suid-Afrika en Lesotho
Hoogte3482 m
Lengte9 km
OppervlakGrondpad
InDrakensberge

Geskiedeniswysig

Padbordjie
Sanipas in Lesotho, ooswaarts
Suid-Afrikaanse grenspos by die Sanipas
Die Sanipas, met wolke oor die Suid-Afrikaanse kant van die grens

Hierdie pas gaan tussen Hodgson se Piek en die Twaalf Apostels oor die Drakensberg en is eerste deur die Boesmans gebaan. Later het veewagters die roete gevolg wat vee gebring het om mee handel te dryf. Daarna het pakdiere gevolg, hoofsaaklik Basoetoponies wat gebruik is om produkte en noodsaaklike voorraad na die Sothovolk te neem.

Die eerste groot verbetering op die voetpad was in 1912 toe 'n pad van 2 m breed gebou is. Dit het die roete aansienlik makliker gemaak vir pakdiere en dit het so gebly tot na die Tweede Wêreldoorlog. In 1949 het David Alexander 'n vervoerdiens met jeeps ingestel om vrag tussen Himeville en Mokhotlong te vervoer. Die pad is weer in 1958 verbeter.

Die Roetewysig

Die pas verbind Himeville en Mokhotlong oor 'n afstand van 93 km. Die afdraai na die pas is 3 km noord van Himeville. Van die voet van die pas (2 255 m), 23 km van Himeville af, klim die pad 600 m oor 14 km langs die boloop van die Mkomazanarivier tot by die grenspos, ook genoem Sanipas, op die grens van Lesotho (2 865 m). Die kruin van die Drakensberg word 3 km verder bereik. Van hier af styg die pad steeds oor die Saniplato tot by die kruin van Swartberg (3 200 m). Die piek is 10 km suid van Thabana Ntlenyana (3 482 m) wat die hoogste punt van die Drakensberg en in Suidelike Afrika is. Hiervandaan daal die pad met die loop van die Sehonghongrivier tot by Mokhotlong.[1][2]

Sien ookwysig

Verwysingswysig

Koördinate: 29°35′17.3″S 29°17′33.8″O / 29.588139°S 29.292722°O / -29.588139; 29.292722

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media