Sandra Prinsloo

Sandra Prinsloo OIS (gebore op 15 September 1947) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise.[1][2] Sy het bekendheid verwerf met haar rol as Kate Thomson in die 1980-film The Gods Must Be Crazy. Sy het ook in verskeie televisie- en teaterproduksies opgetree.[1][2]

Sandra Prinsloo
Geboorte15 September 1947
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

In 1999 ontvang Prinsloo saam met Patrick Mynhardt die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Vroeë lewe en loopbaanwysig

Prinsloo het al genoem dat sy nooit gedink het dat sy 'n aktrise sou word nie:

"Ek was 'n ballet danser van kleins af en ek onthou dat ek met geleenthede gewerk het by die Breytenbach Teater in Pretoria toe ek in die hoërskool was. Dit was die eerste keer wat ek in aanraking gekom het met professionele toneelspel, maar nooit het ek gedink dat ek 'n aktrise sou wees nie. Ek dink ek was te skaam in daardie tyd om 'n aktrise te kon wees. Dit was nie dat ek 'n brandende passie gehad het om 'n aktrise te word nie, glad nie. Ek het 'n akademiese lewe verkies. Toe ek universiteit toe is, het ek gedink dat dit is wat ek gaan doen."

Prinsloo het matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool en het haar B.A. honeurs in Drama aan die Universiteit van Pretoria behaal. Kort daarna het sy 'n lid van die PACT-groep geword (Performing Arts Council Transvaal).

"Een aand tydens 'n opvoering was dit of iets betowerend gebeur het. Dit was asof 'n goue doek neergesak het. Alles was toweragtig omtrent die aand en almal in die toneelgroep kon dit voel...daar was 'n wonderlike energie tussen die gehoor en die akteurs."

Prinsloo het dit gesê dat na daardie aand, het sy besef dat toneel haar roeping is.

Filmwysig

Na die welbekende rol in die rolprent, The Gods Must Be Crazy, het Prinsloo ook rolle vertolk in Target of an Assassin (1979), Quest for Love (1988), Die Prins van Pretoria (1992), Soweto Green (1995), 'n Paw Paw Vir My Darling (2015) en Twee Grade van Moord (2016)

Filmografiewysig

Van die rolprente waarin sy gespeel het sluit in:

  • Die Storie van Racheltjie de Beer, vertolk die rol van Jacoba (2019)
  • The Seagull, vertolk die rol van Irene (2019)
  • Funny Enough, vertolk die rol van Johanna (2016)
  • Twee Grade van Moord, vertolk die rol van Aleksa Cloete (2016)
  • 'n Man Soos My Pa, vertolk die rol van Nakkie (2015)
  • 'n Paw Paw Vir My Darling, vertolk die rol van Hannie (2015)
  • Skilpoppe, vertolk die rol van Helena Meyer (2004)
  • If This Be Treason, vertolk die rol van Ilsa Fischer (1998)
  • Soweto Green: This Is a 'Tree' Story, vertolk die rol van Amanda Fluit (1995)
  • No Hero, vertolk die rol van die regter (1992)
  • The Good Fascist, vertolk die rol van Sarah Retief (1992)
  • Die Prins van Pretoria, vertolk die rol van Cordelia de la Rey van Rensburg (1992)
  • Jewel of the Gods, vertolk die rol van Ally Hartwell (1989)
  • Quest for Love, vertolk die rol van Dorothy (1988)
  • The Mantis Project, vertolk die rol van Carol Baartman (1987)
  • Miss Julie, vertolk die rol van Julie (1986)
  • Die Seeumeeu, vertolk die rol van Irina Arkadina (1986)
  • The Mountain, vertolk die rol van Anne Hawkins (1984)
  • Die Vuurtoring, vertolk die rol van Helena Kleynhans (1984)
  • The Stronger, vertolk die rol van Miss Y (1983)
  • The Outcast, vertolk die rol van Hannah (1983)
  • Hedda Gabler, vertolk die rol van Hedda (1983)
  • Anna Meintjies, vertolk die rol van Anna (1983)
  • The Gordiner Stories, vertolk die rol van Lerice (1982)
  • Claws, vertolk die rol van Frances Williams (1982)
  • The Gods Must Be Crazy, vertolk die rol van Kate Thompson (1980)
  • Bart Nel, vertolk die rol van Fransina Nel (1977)
  • Target of an Assassin, vertolk die rol van Janet Hobart (1977)
  • Vreemde Wêreld, vertolk die rol van Gisela Pelzer (1974)
  • Deadly Jaws, vertolk die rol van Pascale (1974)
  • Siener in die Suburbs, vertolk die rol van Tiemie (1973)
  • Die Bankrower, vertolk die rol van Riki Gerber (1973)
  • Code Name Kill, vertolk die rol van Nadja (1967)

Televisiewysig

Prinsloo was in die oorspronklike groep van die M-Net televisiereeks, Egoli: Plek van Goud, Suid-Afrika se eerste sepie. Vir baie jare het sy die geselsprogram, RaakPraat met Sandra, aangebied. Sy was ook die aanbieder van, Sandra Op 'n Drafstap, 'n reeks wat fokus op bekende persoonlikhede se doen en late. Prinsloo was in 'n hele aantal televisiereekse en films, insluitende: Erfsondes (2012), Hartland (2011), Known Gods (2005), Saints, Sinners and Settlers (1999) en Konings (1991), om 'n paar uit te lig.

Televisiereeksewysig

  • Die Testament, vertolk die rol van Natasja Ludick (2019)
  • Mense Mense, vertolk die rol van Mientjie van den Berg (2018)
  • Fluiters, vertolk die rol van Anita Richter (2016)
  • Erfsondes, vertolk die rol van Lucille Spencer (2012)
  • Hartland, vertolk die rol van Maria (2011)
  • Known Gods, vertolk die rol van Pearl Jansen (2005)
  • Onder Draai Die Duiwel Rond 2, vertolk die rol van Louise Kok (2001)
  • Saints, Sinners and Settlers, vertolk die rol van Magda Joubert (1999)
  • Konings, vertolk die rol van Joey Roodt (1992)
  • Die Manheim-sage, vertolk die rol van Deborah von Albein (1986)
  • Slampampersirkus, vertolk die rol van Joan (1982)
  • Sam et Sally, vertolk die rol van Elsa (1980)
  • Pour tot l'or du Transvaal, vertolk die rol van Mrs. Hasenfield (1979)
  • Les diamants du président (1977)
  • The Human Voice, vertolk die rol van die vrou (1976)

Teaterwysig

Prinsloo het in meer as 100 verhoogproduksies opgetree, waarin sy in meeste gevalle die hoofrol vertolk het, in tekste geskryf deur Suid-Afrikaners en internasionale dramaturge. In 1985 het Prinsloo en haar mede-akteur, John Kani, in die toneelstuk Miss Julie, geskryf deur August Strindberg, die gehoor laat uitstap en warm onder die kraag gelaat. Prinsloo het die rol van 'n wit vrou vertolk wat 'n swart man verlei het. Die toneelstuk is geken as die eerste soentoneel tussen 'n swart man en 'n wit vrou in die Apartheidsera.

Die produksie se vervaardiger, Bobby Heany, het verwag dat die gehoor opstandig sou reageer. Kani en Prinsloo moes daardie aand begelei word na hul motors aan die einde van die vertoning van Miss Julie om die ontstoke gehoor vry te spring. Prinsloo het na die vertoning verskeie dreigemente ontvang. Toe sy in 'n onderhoud in 2014 vir die 21 Icons-Projek, 'n reeks van kortfilms van Suid-Afrikaners wat hul omgewing beïnvloed het, gesels het, het sy genoem dat sy gedink het dat die Miss Julie-produksie reaksie sou ontlok, maar dat sy nie gedink het dat dit in 'n mini-rewolusie sou ontaard nie.

Die akteurs het later die verhoogstuk weer by die Edinburgh Fees opgevoer. In 1986 het Heany die regie van 'n televisiefilm gedoen, gebasseer op die verhoogproduksie Miss Julie, vir 'n Sweedse en Finlandse televisiekanaal, met Prinsloo en Kani as akteurs. Prinsloo het teruggekeer na die Edinburgh Fees in 2012 met The Sewing Machine, 'n Engelse weergawe van die oorspronklike Afrikaanse produksie, Die Naaimasjien. In die 2000's het Prinsloo haar verskyning gemaak in produskies soos Oskar en die Pienk Tannie, Janneman, Nag, Ma en Liefde, Anna. In Oktober 2015 het Prinsloo die Suid-Afrikaanse joernalis, Jani Allan, in die produksie Jani, uitgebeeld by die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.

Teaterproduksieswysig

  • The Merchant Of Venice
  • Othello
  • The Taming Of The Shrew
  • Twelfth Night
  • Macbeth
  • Hamlet
  • A Winters Tale
  • As Well
  • Marat-Sade
  • Hedda Gabler
  • Siener In Die Suburbs
  • Christene
  • Oom Vanya
  • Drie Susters 
  • The Cherry Orchard
  • Absurd Person Singular
  • Night And Day
  • Anastasia
  • The Seagull 
  • Miss Julie
  • People Are Living There
  • Amy's View And Breath Of Life

Toekenningswysig

  • Naledi-teaternominasie: Vir Beste Aktrise, in haar hoofrol in Janneman (2013)
  • Computicket-toekenning: Vir Beste Aktrise in die volgende rolle: Siener in die Suburbs ; Fluit vir die Vlieë ; Euridyce ;Maria Stuart; Charlotte Corday in Marat –Sade;Christine
  • M-Net en Vita-toekennings: Fluit vir die vlieë , The Taming of the Shrew, Christine, Kombuis Blues; Koffer in die kas ; People are Living There; Hedda Gabler
  • Televisie-toekennig: Beste Spel in The Human Voice


Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media