San Diego

San Diego (Engels: [ˌsændiːˈeɪgoʊ]) is 'n hawestad in die suide van die deelstaat Kalifornië (Verenigde State), 119 myl suid van Los Angeles digby die grens met Meksiko geleë, met sowat 1,3 miljoen inwoners (2010). Dit is die administratiewe hoofstad van San Diego County. San Diego is die tweede grootste stad in Kalifornië ná Los Angeles en die sewende grootste in die Verenigde State.

City of San Diego

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 CountySan Diego County
 Koördinate32°43′N 117°10′W / 32.717°N 117.167°W / 32.717; -117.167
 Gestig op16 Julie 1769
 Geïnkorporeer op27 Maart 1850
 Oppervlakte: 
 - Totaal963,6 vk km
 Hoogte bo seevlak32 m
 Bevolking: 
 - Totaal (Sensus 2010)1 307 402
 - Bevolkingsdigtheid1 611,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied3 095 313
 TydsonePST (UTC -8)
 SomertydPDT (UTC -7)
 Klimaat 
 - TipeSubtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur17,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie13,0 / 21,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae264 mm
 BurgemeesterTodd Gloria
 Amptelike Webwerfsandiego.gov
San Diego is naas Los Angeles een van twee moderne Kaliforniese metropole wat hul oorsprong in Spaanse sendingstasies het. Die Rooms-Katolieke sending San Diego de Alcalá is in 1769 deur Junípero Serra gevestig

San Diego staan bekend vir sy gematigde klimaat en talle strande. Die stad se ontspanne leefstyl en strandkultuur, met duisende sonbaaiers en sportgeesdriftiges wat hul gebruinde en goed-geoefende liggame langs die Stille Oseaan-sandstrande vertoon, het aan San Diego die bynaam Sandy Ego besorg.

Sedert die tyd van die Tweede Wêreldoorlog huisves San Diego 'n groot aantal instellings van die Amerikaanse Vloot soos militêre hawens, en basisse van die Amerikaanse Marinierskorps en die Amerikaanse Kuswag. Die stad is die tuishawe van die grootste militêre vloot ter wêreld, met onder meer slagskepe en vliegdekskepe soos die USS Nimitz en die USS Ronald Reagan. 'n Aantal vlootskepe is ter ere van die stad USS San Diego genoem.

Die snelste groeiende moderne bedryf is biotegnologie. Qualcomm, 'n wêreldleier op die gebied van selfoontegnologie, het sy hoofkwartier in San Diego.

Geografie en klimaatwysig

Nasa-Satellietbeeld van San Diego (bokant) en Tijuana (onderkant)
Die grens tussen San Diego, Kalifornië (links), en Tijuana, Meksiko (regs)

San Diego lê teen 'n kunsmatige hawe aan die mees suidelike punt van Kalifornië, sowat twee en 'n halfuur se motorrit van Los Angeles in die noorde en 'n halfuur se motorrit van die Meksikaanse stad Tijuana in die suide af. Die stad word in die weste deur die Stille Oseaan begrens, terwyl 'n bergreeks en die Anza-Borrego-woestynpark 'n natuurlike grens in die ooste vorm. Die stadsgebied brei steeds verder uit na die binneland en in die rigting van die Meksikaanse grens.

San Diego se subtropiese klimaat word dikwels "perfek" genoem. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 21°C, die gemiddelde reënval per maand is slegs 24 mm. Die winters is baie matig met 'n gemiddelde temperatuur van 14°C.

Ekonomiewysig

Naas die Amerikaanse Leër en Vloot is die telekommunkasie- en biotegnologiese bedrywe die belangrikste werkverskaffers.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media