Samuel Taylor Coleridge



Samuel Taylor Coleridge

Engelse digter, filosoof en literatuurkritikus


Gebore
21 Oktober 1772
in Ottery St Mary, Devon,
Engeland


Oorlede
25 Julie 1834
in Highgate, Middlesex,
Engeland


Literêre stroming
Romantiek


Bekende werke

The Rime of the Ancient Mariner
Kubla Khan
Biographia Literaria


Handtekening

Samuel Taylor Coleridge ([ˈkoʊləˌrɪdʒ]; * 21 Oktober 1772; † 25 Julie 1834) was 'n Engelse digter, literatuurkritikus en filosoof wat saam met sy vriend William Wordsworth as die grondlegger van die Romantiese Beweging in die Engelse literatuur beskou word.[1]

Coleridge, 'n lid van die groep digters na wie na aanleiding van hul woonplekke in die Lake District-streek van Engeland as die Lake Poets verwys is, het bekendheid verwerf met gedigte soos The Rime of the Ancient Mariner en Kubla Khan en sy outobiografiese werk Biographia Literaria. Ewe belangrik was sy literêr-kritiese bydraes, onder meer oor die werk van Shakespeare, en sy rol by die bekendstelling van die idealistiese stroming in die Duitse filosofie aan die Engelssprekende wêreld. Baie van Coleridge se neologismes – vakterme en uitdrukkings – het ingang gevind tot die Engelse woordeskat, waaronder suspension of disbelief. Sy filosofiese gedagtes het beslissende invloed op Ralph Waldo Emerson en Amerikaanse Transendentalisme uitgeoefen.

Coleridge het sy hele volwasse lewe lank simptome van ongegronde angs en depressie ervaar wat deur moderne wetenskaplikes as 'n moontlike geval van 'n bipolêre steuring gediagnoseer is – 'n gemoedstoestand wat in Coleridge se tyd nog onbekend was.[2] Daarnaas is ook sy algemene gesondheidstoestand as swak beskryf, moontlik weens 'n reeks siektes waaraan hy in sy kinderjare gely het, soos rumatiese koors. Die simptome daarvan is deur sy geneeshere met laudanum behandel, 'n destyds gewilde opiumpreparaat waaruit sy lewenslange opiumverslawing voortgespruit het.

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Kay Redfield Jamison: Touched with Fire: Manic-Depressive Illness and the Artistic Temperament. Free Press 1994, bl. 219-224

Eksterne skakelswysig

Literêre toerisme

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media