Samojeedse tale

Die Samojeedse tale is 'n taalgroep wat aan die ooste- en westekant van die Oeralgebergte in Rusland in Noordelike Eurasië deur altesaam ongeveer 30 000 sprekers gepraat word. Die Samojeedse tale stam van die gemeenskaplike oertaal Proto-Samojeeds af en vorm saam met die Fins-Oegriese tale die Oeraalse taalfamilie.

Samojeedse tale
Geografiese
verspreiding:
Noordelike Eurasië
Genetiese
klassifikasie
:
Oeraals[1]
 Samojeedse tale
Onderafdelings:
Noordelike Samojeedse tale
Suidelike Samojeedse tale

Verspreiding van Samojeedse tale tussen die 17de en 20ste eeu

Onderafdelingswysig

Die Samojeedse tale word in 'n Noordelike en Suidelike groep onderverdeel:

Noordelike Samojeeds
  • Enets word moontlik nog deur 100 mense gepraat, word verder onderverdeel in Woud-Enets en Toendra-Enets[2]
  • Nenets (Joerak) word deur ongeveer 27 000 mens gepraat[2]
  • Nganasaans word deur ongeveer 600 mens gepraat[2]
  • †Joeratsies, 'n nou uitgestorwe taal wat in die Jenisejrivier se omgewing gepraat is.
Suidelike Samojeeds
  • Kamassies (Kamas), 'n nou uitgestorwe taal
  • †Matories (Motor), 'n nou uitgestorwe taal
  • †Koibal, 'n nou uitgestorwe taal
  • Selkoeps (Ostjak-Samojeeds) is in 1994 na raming nog deur 1 570 mense gepraat

Verwysingswysig

  1. Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, bl. 831, 1997, ISBN 3110145049, 9783110145045
  2. 2,0 2,1 2,2 Daniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, uitgegee deur Taylor & Francis, 1998, ISBN 041508198X, 9780415081986, bl. 2

Eksterne skakelswysig

  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Samoyed". Ethnologue. Besoek op 2 April 2018.
  • (en) "Samoyedic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 April 2018.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media