Sammy Marks

Samuel Marks (1843–1920), beter bekend as Sammy Marks, was 'n Litous-gebore Suid-Afrikaanse nyweraar en finansier.

Sammy Marks
Sammy Marks
Gebore
Samuel Marks

1843/44
Sterf18 Februarie 1920
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepNyweraar en finansier
EggenootBertha
Sammy Marks se huis in Zwartkoppies, Pretoria.

Biografiewysig

Marks is in 1843/44 in Žemaičių Naumiestis in Litaue (destyds deel van Rusland) gebore. Hy emigreer as jong man na Engeland waar hy met die afwerking van sekere tipes messe in Sheffield betrokke raak. Dis ook hier wat hy van die ontdekking van diamante in Kimberley bewus raak.

In 1868 bereik Marks die Kaap, waar hy sy vroeë jare juwele smous. In Kimberley aangekom, behaal hy gou sukses as diamantkoper en het op 'n tydstip vir Cecil John Rhodes gefinansier. Hy het die maatskappy, Lewis&Marks, saam met sy neef, Isaac Lewis in Barberton gestig, wat hom na Suid-Afrika gevolg het. Daarna verhuis hy na Pretoria.

In Pretoria raak hy met president Paul Kruger bevriend. Hy vestig sy hoofkantoor op die Swartkoppies-landgoed wat hy tot 'n spog landgoed uitbou. Hier begin hy ook sy Eerste Fabrieke en eksperimente in vervaardiging. Hy het oor 'n besondere insig beskik en het allerlei projekte aangepak, onder meer konfyt, inmakery, brandewyn en glas. Hy het die eerste steenkoolmyne naby Viljoensdrif geopen en saam met Isaac Lewis het hy die dorp Vereeniging gestig. By Macauvlei het hy een van die grootste boomplantasies in Suid-Afrika aangeplant. Na die Tweede Vryheidsoorlog het hy baie belang begin stel in die koue bewaring van voedsel in Kaapland om in die behoeftes van die Randse mynwerkers te voorsien.

So vroeg as 1896 het hy aangetrokke gevoel tot die stigting van 'n staalbedryf in Transvaal, maar hy slaag eers 1913 daarin toe die Union Steel Corporation van Suid-Afrika met sy eerste hoogoond op Vereeniging begin het. Ander nywerhede wat deur Marks gestig is, sluit in die produksie van teëls en bakstene en koringmeule.

Na sy aanstelling as Senator na Uniewording, raak hy beroemd vir sy knap politieke insig. Hy was van 1910 tot sy dood in die Unie Parlement.

Marks is op 18 Februarie 1920 in Johannesburg oorlede.

Fotogalerywysig

Sien ookwysig

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media