Salvador da Bahia

Salvador da Bahia is die derde grootste stad in Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Bahia. Dit is aan die Allerheilige-baai in die ooste van die land geleë. Die voormalige Portugese naam São Salvador da Bahia de Todos os Santos, wat "Heilige Verlosser van die Allerheilige-baai" beteken, verwys na die datum van sy ontdekking (1 November 1501) deur die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy destydse vergissing – hy het die Allerheilige-baai as 'n riviermonding beskou.

Salvador da Bahia

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat Bahia
 Koördinate12°58′S 38°28′W / 12.967°S 38.467°W / -12.967; -38.467
 Gestig op29 Maart 1549
 Oppervlakte: 
 - Totaal693 vk km
 Hoogte bo seevlak8 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)2 886 698
 - Bevolkingsdigtheid4 187/vk km
 TydsoneUTC -3 (BRT)
 BurgemeesterBruno Reis (UNIÃO)
 Amptelike Webwerfsalvador.ba.gov.br
'n Uitsig oor Salvador da Bahia

Salvador da Bahia het in die tydperk tussen 1501 en 1763 as die administratiewe hoofstad van Brasilië gedien en hierdie funksie daarna aan Rio de Janeiro aan die suidkus van die land afgestaan. Salvador da Bahia se huidige stadsgebied het 2,9 miljoen inwoners, terwyl sowat 3,9 miljoen mense in die metropolitaanse gebied van Salvador woon (2020).

Die historiese stadskern Salvador da Bahia is in 1985 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie het hierdie stad in 1624 verower onder leiding van Jacob Willekens. Destyds was Bahia die hoofstad van Portugees-Brasilië. Die stad is een jaar later egter reeds herower deur die Portugese.

Salvador da Bahia se Arena Fonte Nova is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 en Olimpiese Somerspele 2016 vir wedstryde ingespan.

Eksterne skakelswysig


Hoofstede van Brasilië
HoofstedeAracajuBelémBelo Horizonte • Boa Vista • Brasília • Campo Grande • CuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiânia • João Pessoa • Macapá • MaceióManausNatal • Palmas • Porto Alegre • Porto Velho • Recife • Rio Branco • Rio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão Luís • Teresina • Vitória
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media