Sakoku

Sakoku (鎖国?) (letterlik "land in kettings" of "geslote land") was die buitelandse beleid van Japan waarvolgens geen buitelander of Japanner die land kon binnekom of verlaat nie, 'n oortreding wat met die doodstraf gestraf kon word. Die beleid is deur die Tokugawa sjogoenaat in plek gestel deur 'n aantal edikte en die beleid vanaf 1633–1639 en het in plek gebly tot 1853 met die aankoms van Kommandeur Matthew C. Perry en die oopstelling van Japan. Dit was steeds teen die wet om Japan te verlaat tot die Meiji-Restorasie in 1868.

'n Chinese jonk in Japan aan die begin van die Sakoku-tydperk (1644–1648 Japannese houtblokdruk)

Die term Sakoku is afkomstig van die werk Sakoku-ron (鎖国論) wat deur Shitsuki Tadao (志筑 忠雄) gepubliseer is in 1801. Shitsuki het die woord uitgevind terwyl hy besig was om die werke van die 17de eeuse Duitse reisiger Engelbert Kaempfer oor Japan te vertaal. Die term wat tydens die tydperk mees algemeen vir die beleid gebruik is was kaikin (海禁), of "maritiemebeperkings."

Japan was nie geheel en al geïsoleer onder die sakoku-beleid nie, maar was 'n stelsel met regulasies wat streng beperkings op handel en buitelandse betrekkinge deur die sjogoenaat en sekere feodale domeine (hans) toegepas het. Die beleid het bepaal dat die enigste Europese invloed wat toegelaat is, die Nederlandse fabriek en handelspos by Dejima in Nagasaki was. Handel met China is ook in Nagasaki bedryf. Verder is handel met Korea deur die Tsushima-Domein (vandag deel van die Nagasaki Prefektuur), met die Ainoe deur die Matsumae-domein in Hokkaidō, en met die Ryūkyū Koninkryk deur die Satsuma-domein (in die hedendaagse Kagoshima Prefektuur). Benewens hierdie direkte kommersiële kontak in randprovinsies het hierdie lande sendings na die sjogoenaat se setel in Edo gestuur.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media