Sakeplan

'n Sakeplan of ondernemingsplan is die bloudruk van 'n onderneming en dit funskioneer soos 'n "padkaart" om die eienaar(s) te wys waarheen die onderneming gaan.

'n Sakeplan bring ál die belangrike inligting oor die onderneming bymekaar. Die inligting word logies neergeskryf sodat elkeen wat daarmee moet werk dit maklik kan verstaan. Dit moet realistiese en bereikbare doelwitte bevat en wys hoe die bestuurder beplan om 'n sakegeleentheid te benut.

Hoekom ondernemings sakeplanne ontwikkelwysig

Sakeplanne is meer belangrik vir klein ondernemings as wat dit is vir 'n groter een omdat in klein ondernemings die eienaar gewoonlik die enigste persoon is wat besluite neem, en elke besluit die toekoms van die onderneming drasties kan beïnvloed. In groter ondernemings is daar gewoonlik vennote of direkteure wat besluite neem en hulle staan mekaar by met die beplanning. Sakeplanne dien nie as waarborge dat die onderneming winsgewend sal wees nie, maar dit sal wél help om beter op krisise te reageer en om sekere probleme te vermy.

'n Sakeplan is ook 'n belangrike hulpbron wanneer 'n onderneming om geldelike hulp aansoek doen. Dit kan nuttig wees om nuwe sakevennote te kry en voorsien beleggers van inligting.

Verwysingswysig

  • Dinamiese Bedryfstudies deur Esterhuyse · Horn · Liebenberg, Kagiso, 2005
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media