Sahle-Work Zewde

Sahle-Work Zewde (Ge'ez: ሳህለወርቅ ዘውዴ; gebore op 21 Februarie 1950) is die huidige president van Ethiopië en die eerste vrou wat die amp beklee. Sy is van beroep 'n diplomaat en op 25 Oktober 2018 is sy eenparig tot president deur die lede van die Federale Parlementêre Vergadering verkies.[1]

Sahle-Work Zewde
Sahle-Work Zewde
Sahle-Work in 2020

President van Ethiopië
Ampsbekleër
Termynaanvang
25 Oktober 2018
Eerste ministerAbiy Ahmed
Voorafgegaan deurMulatu Teshome

Onder sekretaris-generaal, hoof van die Verenigde Nasies se kantoor by die Afrika-unie
Ampstermyn
27 Junie 2018 – 25 Oktober 2018
Voorafgegaan deurHaile Menkerios
Opgevolg deurHanna Tetteh

Direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se kantoor in Nairobi
Ampstermyn
2011 – 2018
Voorafgegaan deurAchim Steiner
Opgevolg deurHanna Tetteh

Ambassadeur in Senegal met akkreditasie in Mali, Kaap Verde, Guinee-Bissau, Gambië en Guinee
Ampstermyn
1989 – 1993

Persoonlike besonderhede
Gebore21 Februarie 1950 (1950-02-21) (74 jaar oud)
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië
Politieke partyOnafhanklik

Sahle-Work was voorheen spesiale verteenwoordiger van António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, by die Afrika-unie en hoof van die kantoor van die Verenigde Nasies by die Afrika-unie op die vlak van die ondersekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.

In Desember 2020, het Amerikaanse saketydskrif Forbes, op sy jaarlikse uitgawe van die Forbes-lys van die wêreld se 100 magtigste vroue, Sahle-Work as die 93ste magtigste vrou ter wêreld aangewys; daarmee het sy die hoogste posisie in Afrika op die lys beklee.[2]

Vroeë lewe en opvoedingwysig

Die oudste van vier kinders, Sahle-Work is in 1950 in Addis Abeba gebore.[3] Sy is van Amhara- en Gurage- herkoms.[4] Sy het haar laer- en sekondêre skoolopvoeding by Lycée Guebre-Mariam, 'n Franse internasionale skool, in Addis Abeba ontvang, waarna sy natuurwetenskap aan die Universiteit van Montpellier in Frankryk studeer het.[5][6] Sahle-Work is vlot in Amharies, Frans en Engels.

Diplomatieke loopbaanwysig

Sahle-Work was slegs die tweede vrou wat as ambassadeur in Ethiopiese geskiedenis aangestel is (ambassadeur Yodit Emiru was die eerste vrou wat 'n ambassadeurskap beklee het). Sy het as ambassadeur van beide die kommunistiese Demokratiese Volksrepubliek van Ethiopië en die oorgangsregering van Ethiopië na die burgeroorlog gedien.[7][8]

Sahle-Work het as ambassadeur tot Senegal,[9] met akkreditasie in Mali, Kaap Verde, Guinee-Bissau, Gambië en Guinee, vanaf 1989 tot 1993 gedien.[7] Van 1993 tot 2002 was sy ambassadeur in Djiboeti en permanente verteenwoordiger by die Interregeringsowerheid oor Ontwikkeling (IGAD).[10][11]

Sy het later as ambassadeur tot Frankryk,[9] permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) gedien en is tussen 2002 en 2006 by Tunisië en Marokko geakkrediteer.[12]

By die Verenigde Nasieswysig

Sahle-Work het tot 2011 as spesiale verteenwoordiger van die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Ban Ki-moon en as hoof van die Verenigde Nasies se geïntegreerde vredesboukantoor in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gedien.[13]

In 2011 het Ban Sahle-Work as direkteur-generaal van die VN-kantoor in Nairobi aangestel.[14]

In Junie 2018 het VN Sekretaris-generaal António Guterres vir Sahle-Work as sy spesiale verteenwoordiger by die Afrika-unie en as hoof van die Verenigde Nasies se kantoor by die Afrika-unie op die vlak van onder-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies aangestel.[12] Sy was die eerste vrou wat die pos beklee het.[14] Teen hierdie tyd was daar verwag dat Sahle-Work besig was om voor te berei om af te tree.[4]

Presidentskapwysig

Na president Mulatu Teshome se skielike bedanking op 24 Oktober 2018 het Abiy Ahmed vir Sahle-Work as sy opvolger aangewys. Haar aanstelling as president is die volgende dag eenparig deur die Federale Parlementêre Vergadering goedgekeur.[4][15]

Verwysingswysig

  1. "Ethiopia gets first female president". BBC. 25 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2018. Besoek op 25 Oktober 2018.
  2. "The World's 100 Most Powerful Women". Forbes. Besoek op 24 Desember 2020.
  3. Gebreselassie, Elias (27 Oktober 2018). "Who is Sahle-Work Zewde, Ethiopia's first female president?". Al Jazeera. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2018.
  4. 4,0 4,1 4,2 Boko, Hermann (26 Oktober 2018). "Sahle-Work Zewde, the diplomat who's become Ethiopia's first female president". France24.com. Besoek op 13 Junie 2022.
  5. "Sahle-Work Zewde poised to be Ethiopia's first female president". borkena.com. 24 Oktober 2018. Besoek op 25 Oktober 2018.
  6. "Ethiopia appoints career diplomat Sahle-Work Zewde as Africa's only female president". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2020. Besoek op 25 Oktober 2018.
  7. 7,0 7,1 "Celebrating Ethiopian Women: Ambassador Sahle-work Zewde". Ministry of Foreign Affairs (Ethiopia). 22 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2018. Besoek op 29 Oktober 2018.
  8. Haslach, Patricia (18 Maart 2015). "Remarks by U.S. Ambassador to Ethiopia Patricia M. Haslach at the Opening of the Second Annual Career Day on Women in Diplomacy". Embassy of the United States in Ethiopia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2018. Besoek op 29 Oktober 2018.
  9. 9,0 9,1 Schemm, Paul (25 Oktober 2018). "Ethiopia appoints first female president in its modern history in latest reform". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2018. Besoek op 26 Oktober 2018.
  10. "News Alert: Ambassador Sahlework Zewde to become Ethiopia's president". Addis Standard. 24 Oktober 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2018. Besoek op 26 Oktober 2018.
  11. Ms. Sahle-Work Zewde of Ethiopia – Special Representative to the African Union and Head of the United Nations Office to the African Union (UNOAU) Geargiveer 25 Oktober 2018 op Wayback Machine Verenigde Nasies, persverklaring van 27 Junie 2018.
  12. 12,0 12,1 "Ms. Sahle-Work Zewde of Ethiopia – Special Representative to the African Union and Head of the United Nations Office to the African Union (UNOAU)". United Nations. 27 Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2018. Besoek op 26 Oktober 2018.
  13. Tchounand, Ristel (25 Oktober 2018). "Sahle-Work Zewde devient la première femme chef d'Etat de l'Ethiopie". La Tribune (in Frans). Besoek op 26 Oktober 2018.
  14. 14,0 14,1 Dahir, Abdi Latif (25 Oktober 2018). "Ethiopia elects female president Sahle-Work Zewde". Quartz. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2018. Besoek op 26 Oktober 2018.
  15. "Ethiopia's parliament approves Sahle-Work Zewde as president". Reuters. 25 Oktober 2018. Besoek op 25 Oktober 2018.

Eksterne skakelswysig



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media