SI-stelsel
Die internasionale eenheidstelsel (genoem die SI-stelsel vanuit die Frans frase, Système International d'Unités) is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI-stelsel verwys as die metrieke stelsel (veral in die Verenigde State, wat dit nog nie aangeneem het nie al het die gebruik daar begin toeneem). Die internasionale eenheidstelsel verwys na 'n spesifieke groep mates wat afgelei en uitgebrei is vanuit die metrieke stelsel; alle metrieke eenhede word egter nie as SI-eenhede aanvaar nie.
Daar is sewe basiseenhede en verskeie afgeleide eenhede, saam met 'n stel voorvoegsels. Eenhede wat nie SI-eenhede is nie kan omgeskakel word na SI-eenhede (of omgekeerd) deur die omskakeling van eenhede. Byna alle sulke eenhede is al geherdefinieer in terme van die SI-eenhede.


Oorsprong
Een meter is oorsponklik bedoel om gelyk aan 1/10 000 000ste van die afstand van die Noordpool tot by die ewenaar te wees
Een liter is gelyk aan die volume van 'n kubus met kante van 10 cm; die kilogram was oorspronklik bedoel as een liter water met 'n temperatuur van die smeltpunt van ys


Basis (en) John Wilkins (1668). "VII". An Essay towards a Real Character and a Philosophical Language. The Royal Society. pp. 190–194.
|journal=
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam: editors list (link)"Resolution 7 of the 9th CGPM (1948)" (in Engels). BIPM.


Verdere leeswerk Wysig
- I. Mills, Tomislav Cvitas, Klaus Homann, Nikola Kallay, IUPAC: Quantities, Units and Symbols in Physical Chemistry, 2de uitgawe, Blackwell Science Inc 1993, ISBN 0-632-03583-8.
- Kennis, 1980, vol 3, bl. 466-467, ISBN 0 7981 0825 8
- SANS 80000-1:2017 Quantities and Units - Part 1: General, ISBN 978-0-626-34903-5


Eksterne skakels Wysig
- Amptelik
- BIPM (SI-agentskap vir stelselonderhoud) (tuisblad)
- BIPM reference (SI-verwysings)
- ISO 1000:1992 SI-eenhede en aanbevelings vir die gebruik van hulle veelvoude
- Inligting
- US NIST reference on SI
- chart Geargiveer 29 Junie 2005 op Wayback Machine
- SI – Die geskiedenis en gebruik daarvan in wetenskap en die nywerheid
- 'n Woordeboek vir eenhede van mates Geargiveer 10 Oktober 2018 op Wayback Machine
- Cyrillic transcription of SI symbols Geargiveer 5 Maart 2005 op Wayback Machine
- Judson, Lewis B., Weights and Measures Standards of the United States: A brief history, NBS Special Publication 447, oorspronklik uitgereik in Oktober 1963, opgedateer in Maart 1976 (46 bladsy PDF lêer Geargiveer 3 Mei 2017 op Wayback Machine)
- Pro-metrieke-stelsel drukgroepe